Farewell, my queen (Frans met Engelse onderskrifte)
Regisseur: Benoit Jacquot
Rolverdeling: Léa Seydoux, Diane Kruger, Virginie Ledoyen, Julie-Marie Parmentier

Hierdie periodedrama fokus op die laaste dae van die Franse koningshuis, van die val van die Bastille op 14 Julie 1789 totdat Louis XVI hom drie dae later as’t ware in die hande van die nuwe regering gaan oorgee het.
In die swierige Versailles-paleis probeer koningin Marié Antoinette (Diane Kruger) desperaat die skyn van normaliteit bewaar, terwyl die hele hof in oproer is. Haar jong voorleser, Sidonie Laborde (Léa Seydoux), vorm die kern van hierdie boeiende ondersoek na liefde, lojaliteit en verraad.
Dis ’n pragtige, meesleurende film – met onmiskenbare en ysingwekkende parallelle met ons hedendaagse Nkandla en Zumaville.

