Kerneels Breytenbach oor die Wêreldrugbybeker 2019 en oor Hond se gedagte
2019-10-29"Die plesier van Hond se gedagte was vir my om rugby te gebruik om mense oor godsdiens te laat nadink. Die boek handel oor geloof – hoe mense dit verloor, hoe hulle geloof herwin, hoe bereid hulle is om in wonderwerke te glo."
Die storie van Racheltjie de Beer: Antoinette Louw praat oor haar kinderboek
2019-10-25"Ons beweeg al nader daaraan om volksverhale as Suid-Afrikaans te sien, en nie geëien en gekaap deur een kultuurgroep nie. Dis universeel."
BookBedonnerd XII: ’n onderhoud met Darryl David
2019-10-23"Hierdie fees, Naomi, het 'hart' – dis sonder fieterjasies. Dis ’n fees waar skrywers hulle eie boeke smous. En dis ’n fees waar ’n mens unieke boeke sal ontdek."
Is Akademia die antwoord?
2019-10-22Naomi Meyer het die inligtingsessie rondom Akademia op Saterdagoggend 19 Oktober in Somerset-Wes bygewoon. Hier is haar indrukke.
Skrywersonderhoud: Helene de Kock oor Die kind uit die wingerd
2019-10-18"Enige roman weerspieël onvermydelik die skrywer se werklikheidsbeeld en ek hou daarvan om aan my siening van die werklikheid getrou te bly sonder om dit die hooftema van die boek te maak. Dit is soos suurdeeg in brood. Hopelik proe die leser dit nie, maar is bewus daarvan dat 'n smaaklike brood baie aan suurdeeg te danke het."
Terminologie en terminografie: ’n onderhoud met Mariëtta Alberts
2019-10-11"Sommige terme is dalk verouderd, maar die ou vakwoordeboeke word nie bygewerk nie en gevolglik gebruik mense maar sommer die Engelse terme omdat hulle geredelik beskikbaar is. Dit is nie goeie nuus vir Afrikaanse vaktaal nie en dit was een van die redes waarom die handleiding geskryf is – gebruikers moet gemotiveer word om Afrikaanse terme te skep, te gebruik en te bewaar."
Skrywersonderhoud: Jan Vermeulen praat oor sy boek Oopmond
2019-10-10"Vir my gaan dit dus nie in die eerste plek om te skryf oor die issues van jongmense of die issues van volwassenes nie. Dit gaan vir my oor hoe jongmense en/of volwassenes die vraagstukke van die lewe beleef en hanteer."
Skrywersonderhoud met Ernst Grundling oor Sushi en Shosholoza
2019-10-09"Die boek het 'n rugbyfokus, maar ek skryf ook breedvoerig oor staptogte soos die Kumano Kodo en die Nakasendo. Ek sou myself nie uitgee as 'n kenner van Japannese kultuur nie – ek is veel eerder maar net 'n nuuskierige, lomperige, amper veertigjarige vent wat hou van soesji en alliterasie."
Onderhoud met Wouter Gildenhuys oor Grondwoorde 2018
2019-10-01"Een van die oogmerke van Grondwoorde is om 'n liefde vir die Afrikaanse taal en die Afrikaanse digkuns aan te kweek, wat hopelik deur die proses aangemoedig word."
"Afrikaans: Kom saam | Come along"-simposium by Sol Plaatje-universiteit: ’n onderhoud
2019-10-01"In Kimberley is Afrikaans die algemene gebruikstaal. Dit is werklik 'n inklusiewe taal wat oral gebruik word – by winkels, restaurante en besighede. Setswana is wel die taal wat deur die meerderheid SPU-studente gepraat word ..., maar tog word Afrikaans daagliks informeel op kampus gebruik."
Skrywersonderhoud: Carla van der Spuy oor Liefde agter tralies
2019-09-30"Die gevangene fokus al sy aandag op jou, die vrou daar buite. Hy vlei jou, skryf vir jou die mooiste gedigte en liefdesbriewe en jy word die spil waarom sy heelal draai. Dis besonder goed vir die ego."
Onderhoud met Rachelle Greeff oor die Swartland-skryfskool
2019-09-26"As jy ’n mate van talent het, ’n handvol verbeelding, nuuskierig is oor die lewe en weet (goed) skryf gaan oor lang ure alleen sit en voortdurend herskryf en dis nié glamorous nie, is jy kwartpad daar. Dan begelei ek jou met entoesiasme."
Jan Rabie Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2020: ’n onderhoud met Steward van Wyk
2019-09-25Steward van Wyk, sameroeper van die Jan Rabie Marjorie Wallace-skrywersbeurs, praat met Naomi Meyer oor hierdie geldelike inspuiting wat bloeiende jong skrywers vir ’n tyd lank sal genees van ’n groot finansiële kopseer.
Week van de Afrikaanse roman 2019: onderhoud met Valda Jansen
2019-09-17"My dogter vergesel my en ons vlieg eers Duitsland toe waar ons ’n paar dae by vriende in Keulen gaan kuier. Anna is 14 jaar oud en dit sal haar derde besoek aan Duitsland wees; die eerste keer was sy 4 en die tweede keer 8. Ons sien ook uit na die treinrit vanaf Keulen na Amsterdam vir die Week van de Afrikaanse roman." Valda Jansen gesels met Naomi Meyer oor die Week van de Afrikaanse roman 2019, waar sy binnekort optree.
Week van de Afrikaanse roman 2019: onderhoud met Riana Scheepers
2019-09-17"Ek gaan beslis nie Nederland toe om te gaan rus nie – ek gaan elke moontlike aanbieding van my mede-skrywers bywoon. Dit is ’n uitsonderlike, en uiteenlopende groep skrywers, ek kan nie wag nie!" Riana Scheepers gesels met Naomi Meyer oor die Week van de Afrikaanse roman, waar sy binnekort optree.

