Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Elmarié Dercksen

  • 0

LitNet plaas oor ’n tydperk van ’n maand onderhoude met die skrywers wie se verhale vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel opgeneem word. 

Elmarié Dercksen praat met Naomi Meyer oor Elmarié se kortverhaal wat vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel gaan verskyn.

Elmarié, waaroor handel jou kortverhaal en wat was die inspirasie daarvoor?

Die titel van die verhaal is “Die worshond”, maar dit handel eintlik oor mense. Mense bied vir my eindelose inspirasie: ons land, ons konteks, ons mense, ons vooroordele, ons vreugdes. Hierdie spesifieke verhaal gaan oor hoe ’n oomblik van opregte omgee en warmte iemand se lewe in ’n totaal nuwe rigting kan stuur. Die naamlose vroulike verteller se vokalisering bied subtiele kommentaar op die rol van vroue in die samelewing.

Wil jy iets vertel oor die skryfproses? Het jy die verhaal vooraf beplan of het dit organies ontwikkel? Afronding, redigering?

Ek het ’n honderd stories in my kop. Ek loop al jare met hierdie een (dit is deur ware gebeure geïnspireer). Deesdae probeer ek vir oefening ten minste een maal per maand ’n kortverhaal skryf, maar werk deurentyd aan groter projekte, my rubriek en my blog.

Gaan jy vanjaar die Toyota US Woordfees kan bywoon en indien wel, en as jy reeds tyd gehad het om na die program te kyk, is daar enige items op die program waarna jy uitsien?

My werk hou my gewoonlik baie besig, maar hierdie jaar het ek items op die kalender rondgeskuif om darem iets van die Woordfees te kan beleef! Ek wens ek kon alles bywoon. Ek en my liefling gaan beslis die stand-up beproef, en dan gaan ek hom beproef met ’n ernstige toneelstuk. Ek sal ook ’n bietjie wegloop van die werk af vir ’n uur of wat se musiek en skrywersgesprekke, wat wonderlik lyk.

Lees ook

Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Jaco Fouché

Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Santie van der Merwe

Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Emile Joubert

Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel 2020: ’n Onderhoud met Cliffordene Norton

Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel 2020: ’n Onderhoud met Naomi Meyer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top