Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Santie van der Merwe

  • 0

LitNet plaas oor ’n tydperk van ’n maand onderhoude met die skrywers wie se verhale vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel opgeneem word. 

Santie van der Merwe (foto verskaf)

Santie van der Merwe praat met Naomi Meyer oor Santie se kortverhaal wat vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel gaan verskyn.

Santie, waaroor handel jou kortverhaal en wat was die inspirasie daarvoor?

My kortverhaal handel oor ’n vrou wat nog steier na ’n tragedie, en vertroosting en ontvlugting soek in die afhandel van doodgewone take. Wat die inspirasie was, weet ek nie. Ek weet nou nog nie hoe my storiebrein werk nie. Die stories is gewoonlik sommer net daar.

Wil jy iets vertel oor die skryfproses? Het jy die verhaal vooraf beplan of het dit organies ontwikkel? Afronding, redigering?

Hierdie verhaal, soos van my vorige kortverhale, het my net oorval. My skryftyd is gewoonlik soggens, maar op ’n Vrydag het ek laatmiddag in die tuin gewerskaf (tuinwerk is vir my ’n ongewone aktiwiteit) en die verhaal was net daar, so tussen die dooie roosblare. Toe dit begin donker word, het ek die snoeiskêr neergesit en my skootrekenaar opgetel en die verhaal geskryf. Ek het skoon vergeet van aandete (ook ongewoon, ek is ’n lekkerbek) en geskryf tot die hele storie op papier was. Toe het ek dit net so gelos, en die volgende week eers weer oopgemaak om te redigeer en te skaaf. Dit neem amper langer as die skryf van die verhaal, want my muse steur haar nie aan taal- of spelreëls nie.

Gaan jy vanjaar die Toyota US Woordfees kan bywoon en indien wel, en as jy reeds tyd gehad het om na die program te kyk, is daar enige items op die program waarna jy uitsien?

Ek gaan nie die Woordfees bywoon nie. Ek bly in Gauteng, so dis nogal duur.

Lees ook

Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Jaco Fouché

Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Elmarié Dercksen

Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Emile Joubert

Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel 2020: ’n Onderhoud met Cliffordene Norton

Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel 2020: ’n Onderhoud met Naomi Meyer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top