Werkswinkel van ’n dig-dirigent: ’n skrywersonderhoud
2026-02-02"Soms sal ek vir maande lank net gedigte skryf. Nie juis omdat ek emosies wil of moet uitdruk nie, maar bloot omdat ek tyd gemaak het om op die regte vlak te vibreer. Dis moeilik om te beskryf, want dit is vir my ’n tipe spirituele gevoel. Elizabeth Gilbert het op ’n slag dit beskryf. Kreatiwiteit is soos hierdie energie wat van buite af sommer net aangehardloop kom, dalk soos ’n warrelwind, ’n gevoel wat op jou afpyl. As die dag kom, moet jy tyd maak om dit te vang."
Kinder- en jeugliteratuurskryfskool 2026 by die Breytenbach Galery: ’n onderhoud
2026-01-22"Ek sê altyd: Kinderboeke is nie kinderspeletjies nie, maar met hierdie kursus kan jy jou drome vlerke gee. En boonop is dit vreeslik baie pret!"
Die laaste lewe van Timtom Taljaard deur François Verster: ’n skrywersonderhoud
2026-01-21"Ja, ek het vir Timtom ’n stem gegee, dis waar. Ek wens natuurlik ons kon beter kommunikeer, en ek moes toe maar my verbeel wat ’n kat dink en wonder hoe presies dink hulle sonder (skryf-) taal – daarom juis het ek vir Timtom toe die vaardigheid 'gegee' om te kan lees en later selfs te probeer skryf."
Verantwoording: die dialektiek van ’n sinryke bestaan deur Hercules Boshoff – ’n skrywersonderhoud
2026-01-19"Sokrates het gesê ’n onondersoekte lewe is nie die moeite werd om geleef te word nie. Ek sou sê ’n lewe wat nie geleef word nie, is ook nie die moeite werd om ondersoek te word nie."
Vars uit Oesbekistan: ’n onderhoud met Emile Minnie
2026-01-15"Ek is baie lief vir skryf en die idee om ’n sosiale dagboek te hou het vir my lekker geklink. Ek is ’n baie onwillige fotograaf, so om foto’s met my brein te neem en dit in woorde te omskep kom vir my baie natuurliker. Met die intrapslag het ek besef dat mense die stories net soveel geniet as wat ek dit geniet om die stories te skryf."
My jaar van vrees en vryheid: ’n onderhoud met Marita van der Vyver
2026-01-06"As fiksieskrywer het ek dalk ’n voordeel bo ander – ek skryf my stories sonder om te weet hoe hulle gaan eindig. Al skrywende leer ek die einde ken. Nou kan ek seker ook sê: Al lewende leer ek my lewenslot ken?"
Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2026: ’n onderhoud met SP Benjamin
2025-12-18"En lees was maar nog altyd in my gene. Enige ou koerant of papier wat ek in die veld kry, was vir my ’n bron van inligting. Terwyl die tjommies voëls en akkedisse gejag het, het ek na die naaste hoop vullis gegaan om ’n leesding te soek. Tot groot frustrasie van die ander. Dit was ek. Daardie was my gewoonte."
Laventelolie-projek ontvang twee toekennings by internasionale wetenskapekspo: ’n onderhoud met Wium van Niekerk
2025-12-18"Daar is aan my by WISPO ’n goue medalje toegeken, asook ’n 'Grand Award', wat beteken dat ek my kategorie van Environmental Sciences gewen het. Ek het gehoop dat ek ten minste ’n medalje sou wen, maar ek het glad nie verwag om my kategorie te wen nie."
The princess and the pea at the Masque Theatre: an interview
2025-12-17"In the end, I hoped to create a show that honours Andersen’s emotional truth while offering a version of the story that feels honest, contemporary and welcoming to a 2025 South African audience."
Kaapse Krismis – van die Kaapse Vlakte tot in Namakwaland
2025-12-11"Alhoewel die storie afspeel in die Kaap, wou ons seker maak om Namakwaland daarmee te verbind. Dié dat ons dit toe in die teks weef met die wegsteek van Jesus, sodat Herodes hom nie kon kwaad aandoen nie. In ons storie vlug Josef en Maria met Jesus na Danneline se tuisdorp, Komaggas."
Bestekopname aan die einde van 2025: Cornelia Casaleggio praat oor die Wynlande Filharmoniese Orkes
2025-12-10"Die kunste en besigheid is vervleg."
Bestekopname na die matriekeksamen: ’n onderhoud
2025-12-04"Die vraag is – voldoen die voorbereiding van werkers in hierdie land aan die eise wat die land het, of bou ons aan ’n akademiese kwalifikasie wat nie verskillende gawes van die kinders van die land in ag neem nie?"
16 Days of Activism: an interview with Ndiilokelwa Nthengwe
2025-11-26"Both Namibia and South Africa grapple with high rates of SGBV and gender inequality. A key similarity is the presence of dedicated activists and movements fighting for justice. A significant difference is the legal landscape regarding abortion; South Africa repealed the old law, allowing girls as young as 12 to access safe abortion on request, while Namibia still operates under the restrictive 1975 act."
Universiteit of ambag vir skoolverlaters? ’n Onderhoud met Sonja Squires
2025-11-26"Die stigma aan alles wat nie universiteitsgebore is nie, moet ons afskud. Die wêreld is veel groter as akademie. ... Suid-Afrika het ’n tekort van meer as 10 000 ambagspersone en wêreldwyd sit groot lande ook met soortgelyke tekorte – die wêreld is eintlik jou oester as jy in ’n ambag wil kwalifiseer, en boonop kan jy ’n kans kry om oorsee te reis."
Cats, the musical: an interview with Duane Alexander
2025-11-14"The world of Cats is truly immersive, and the illusion of talented humans portraying these delightful feline characters will hopefully be more than enough to hold the audiences’ attention for a few hours of theatrical magic."

