Persverklaring: Bekendstelling van Etienne Leroux: Die rumoerige swart nar – ’n huldiging by NALN in Bloemfontein op 3 Oktober 2024
2024-09-20Die Werkgemeenskap Vrystaat van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in samewerking met NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) bied graag ’n bespreking aan deur Victor Teise (Sol Plaatje-universiteit) en Hennie van Coller (Universiteit van die Vrystaat) oor Etienne Leroux: Die rumoerige swart nar – ’n huldiging (onder redakteurskap van Hennie van Coller) op 3 Oktober om 18:00 te NALN in Bloemfontein.
Invitation: Book launch of Matriarchs, meze and the evil eye: a memoir by Costa Ayiotis – 26 September, Cape Town
2024-09-20Eva Mazza will be in conversation with Costa Ayiotis for the book launch of Matriarchs, meze and the evil eye: a memoir on Thursday, 26 September at 18:00 for 18:30 at Exclusive Books, V&A Waterfront, Cape Town.
Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2024 – Prys vir Poësie, Prys vir Dramatekste en Woordwystoekenning
2024-09-19Die ATKV-Woordveertjies word aangebied om uitsonderlike bydraes rondom die Afrikaanse woord te bekroon. Van Suid-Afrika se voorste Afrikaanse skrywers en illustreerders het al met hierdie veer in hul hoed weggestap. Die waarde van poësie, dramatekste en woordeboeke lê in hul vermoë om die menslike ervaring te verryk, kreatiewe uitdrukking te bevorder en taalvaardighede te ontwikkel.
Graad 11-Wiskundevideo: Euklidiese Meetkunde – bewys die eerste stelling
2024-09-18In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld hoe om die eerste Euklidiese Meetkunde-stelling te bewys.
Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2024 – Prys vir Liefdesroman en Prys vir Romanses
2024-09-18Boekwurms wêreldwyd sal jou vertel dat min dinge ’n goeie liefdesverhaal klop, en ook in Afrikaans staan liefdesromans hul plek op boekrakke vol.
New from Jonathan Ball: The super cadres by Pieter du Toit
2024-09-18The ANC has ruled South Africa for three decades during which time the country has gone from the promise of the Rainbow Nation to dysfunction and despair.
Pasverskyn: Beeld 50, saamgestel deur Erika de Beer
2024-09-18Die afgelope halfeeu het meer as 15 000 uitgawes van Beeld verskyn met derduisende stories in woord en beeld. Regdeur hierdie 50 jaar is ’n mantra in die redaksie: "Slaan die groot storie hard."
Uitnodiging: 18 September | Donker water deur Martin Steyn – bekendstelling by Oude Leeskamer
2024-09-17Hoe om jou pad uit troebel water te vind is een van die temas wat Martin Steyn in sy eerste roman sedert 2018 ondersoek. Donker water is oudergewoonte uitmuntende misdaadfiksie en ’n boek waarvoor Steyn se aanhangers lank reeds wag. Sluit aan by Martin Steyn en Jonathan Amid by Oude Leeskamer in Stellenbosch op Woensdag 18 September om 15:30.
Press release: Winner of the 2024 Caine Prize for African Writing announced
2024-09-17The Caine Prize for African Writing is delighted to announce this year’s winner.
Persverklaring: ATKV-kinderboektoekennings 2024
2024-09-17Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het, te bekroon.
Graad 9: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2024-09-17Is jy in graad 9 en gryp jy na jou potlood om vergelykings te bepaal, grafieke op aparte assestelsels te teken, en berekeninge uit te werk en te vereenvoudig sonder die gebruik van ’n sakrekenaar? Hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld kan jou help om die skerpste potlood in die skryfbehoefteshouer te wees. Laai dit gratis hier af en wees slaggereed vir die vierde kwartaal se werk!
Persverklaring – Aandag 2024-matrikulante: Akademia beloon akademiese prestasie met merietebeurse
2024-09-17Akademia sal vanaf 2025 akademiesemerietebeurse aan eerstejaars toestaan wat hul matriek in 2024 voltooi het. Hierdie merietebeurse sal geskoei word op akademiese prestasie en eerstejaarstudente kan soveel as R50 000 studiekorting op hierdie manier geniet.
Invitation: Lunch hour seminar – Charl-Pierre Naudé: "The dual roles of precision and re-imagination in literary translation"
2024-09-16Charl-Pierre Naudé delivers a talk titled "The dual roles of precision and re-imagination in literary translation" relating to The equality of shadows, his English translation of his debut novel Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey. The seminar will be in English and will take place in the Yellow Molteno room (5th floor, Arts and Social Sciences building) at Stellenbosch University on 19 September at 13:10.
Invitation: Book launch of The equality of shadows by Charl-Pierre Naudé – Oude Leeskamer, 18 September 2024
2024-09-16You are invited to the book launch of The equality of shadows by Charl-Pierre Naudé at Oude Leeskamer in Stellenbosch on 18 September from 11:00 to 12:30.
