Nuut by Human & Rousseau: Die stoutste klas op aarde deur Joanna Nadin, vertaal deur Kobus Geldenhuys
2024-10-10Volgens die skoolhoof is 4B die stoutste klas op aarde. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret hê nie. Dit gaan oor leer en dis hoogtyd dat 4B harder dáárin probeer uitblink. Maar Alex en Manjit het letterlik nie bedoel om hulle hele klas siek te maak met tuisgemaakte koekies nie. 4B is miskien die stoutste klas op aarde, maar jy sal nie enige ander plek wil wees nie.
Nuut by Human & Rousseau: Kinkels en keuses 3: Die maniese muskietmoles deur De Wet Hugo, illustrasies deur Stephen Wallace
2024-10-10WJ, sy suster Mindie, en hul beste vriend Raj, wil graag iets asemrowends aantrek vir die skool se kostuumdag aan die einde van Boekeweek. Hulle moet soos karakters uit hulle gunstelingboek aantrek en besluit op die Drie Musketiers. Maar wanneer hulle in ’n vreemde oudhedewinkel op die perfekte bykomstighede vir hulle kostuums afkom, loop dinge lelik skeef. Nou is hulle die Drie Muskiete! En hulle moet ’n wêreld van insekte en monsters oorleef om weer hul pad terug te vind huis toe.
Nuut by Lux Verbi: Uit die Beek 2025 deur Barend Vos
2024-10-10100 jaar van genade. 100 jaar se getroue lesers. Uit die Beek gee daaglikse geestelike leiding en inspirasie. Hierdie feesuitgawe is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos. In 2025 vertoef ons by elke Bybelboek, terwyl ons steeds groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent in ag neem.
Persverklaring: Oproep om benoemings vir die Taalraad se Kokertoekennings van 2024
2024-10-10Die Afrikaanse Taalraad nooi lede en die algemene publiek uit om kandidate vir die Kokertoekennings van 2024 te benoem. Die doel van die Kokers is om erkenning te gee aan mense wat besondere bydraes tot Afrikaans gemaak het. Hierdie jaar se wenners sal einde November op die Taalraad se sosialemediaplatforms aangekondig word.
Persverklaring: Uitnodiging na die bekendstelling van Dames en Here deur Elbie Adendorff en Lisinda de Jager
2024-10-10Hierdie boek is ’n eerste in sy soort en sal ’n groot gaping in die mark vul. Daar is spesifiek gekyk na alle redenaars- en debatskompetisies in Suid-Afrika, sowel as alle vorme van toesprake wat in die skoolkurrikulum vereis word. Opvoeders en onderwysers – en enigiemand wat belangstel! – word hartlik uitgenooi om hierdie boekbekendstelling op 15 Oktober in Stellenbosch by te woon. Hier is nog inligting.
Invitation: Book launch – What Nelson Mandela taught me by Zelda la Grange on 15 October in Cape Town
2024-10-09Siv Ngesi will be in conversation with Zelda la Grange for the launch of her book, What Nelson Mandela taught me, on Tuesday, 15 October 2024 at 17:30 for 18:00 at Exclusive Books Cavendish (Claremont) in Cape Town.
Advertensie: Senior Lektoraat – Taal- en Geletterdheidsonderrig (Afrikaans, Grondslagfase)
2024-10-09Aansoeke vir die volgende pos word ingewag: Senior Lektoraat – Taal- en Geletterdheidsonderrig (Afrikaans, Grondslagfase).
Graad 8: Wiskundevraestel 2 en memo, vierde kwartaal
2024-10-09Is jy in graad 8 en stap jy soggens skool toe of ry jy met die fiets? Ry jy dalk met die taxi of vervoer jou ouers jou? Laai hierdie gratis vraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld af en oefen somme waarin sulke vervoervoorbeelde voorkom. Ongeag almal se transport moet al die kinders in die voorbeeldsomme Wiskunde slaag. Hierdie vraestel maak dit sommer maklik!
Graad 8: Wiskundevraestel 1 en memo, vierde kwartaal
2024-10-09Is jy in graad 8 en moet jy somme doen oor getalpatrone, vierkantswortels en allerlei veranderlikes? Jy kan hierdie gratis oefenvraestel en memorandum van Lee-Ann Langeveld aflaai en aan die einde van die jaar fantasmagoriese punte behaal. (Ja, die woord kom in die woordeboek voor en jy sal aan die einde van die vraestel sien dat die woord ook in een van die somme voorkom.)
Pasverskyn: Troep: Die dinge wat hulle saamdra deur Bun Booyens
2024-10-09In Troep vertel meer as ’n honderd oud-troepe wat hulle onthou van diensplig: om op skool opgeroep te word, te gaan oorlog maak en twee jaar later weer huis toe te kom. Hierdie stories sal ’n snaar by veterane roer, en hul naastes help om te verstaan watter dinge hierdie mense vandag steeds met hulle saamdra – dit wat hulle onthou, maar ook dit wat hulle nie kan vergeet nie.
Persverklaring: Geniet meer as ’n "klein bietjie" van Tamlyn Wessels!
2024-10-07Tamlyn Wessels het ’n siekte wat haar verlam gelaat het (Guillain Barré-sindroom) oorwin en jaag nou haar musiekdrome na. Sy span kragte saam met Select Musiek en is opgewonde om haar enkelsnit "Klein bietjie" bekend te stel.
Persverklaring: Projek deur die SA Akademie se Kommissie vir Visuele Kunste
2024-10-07Die Kommissie vir Visuele Kunste het met ’n projek begin om van tyd tot tyd video’s te plaas oor onderwerpe wat oor die visuele kunste handel.
LitNet: Jou 753 bladsye splinternuwe Afrikaanse akademiese navorsing
2024-10-04LitNet: Jou 753 bladsye splinternuwe Afrikaanse akademiese navorsing
