Nuut by Human & Rousseau: Harry Potter en die orde van die feniks deur JK Rowling, vertaal deur Janie Oosthuysen
2024-09-05Donker tye het aangebreek op Hogwarts. Ná die Dementors se aanval op sy neef Dudley, besef Harry Potter dat niks Voldemort sal stuit om hom te vind nie. Al is daar diegene wat die Donker Heer se terugkeer ontken, is Harry nie alleen nie: ’n Geheime orde vergader by Grimmauldplein om teen die Donker Magte te veg. Harry moet professor Snape toelaat om hom te leer hoe om homself te beskerm teen Voldemort se wrede aanvalle op sy gedagtes. Maar hulle word sterker en Harry se tyd raak min ...
Nuut by Human & Rousseau: Foto’s en fairy lights deur An-Mari do Carmo
2024-09-05Elzandri, ’n holderstebolder plaaskind uit ’n groot, hegte familie, het ses maande om aan haar pa te bewys sy kan haar eie toekomsbesluite neem voor hy haar dwing om ná matriek universiteit toe te gaan. Wanneer haar oudste niggie verloof raak en Elzandri vra om die troufoto’s te neem, is dit die perfekte geleentheid om haar geliefde stokperdjie in ’n besigheid te omskep. Daar’s net een probleem: sy moet die knorrige buurseun vra om haar te help.
Nuut by Tafelberg: Nina-omnibus: Die awesome speurklub deur Elizbè Van der Colff en Chris Venter
2024-09-05Die omnibus bevat drie avonture waarin beste vriendinne Nina en Jessie die misterieuse swart-en-rooi pet inspan om hulle met speurwerk te help. Waar kom die kopluise vandaan waarmee almal in Laerskool Tierkop skielik sukkel? Hoekom is die koeldrankfabriek so gretig om hulle nuwe energiedrankie aan die skool te skenk? En sal die slim mense by die Eksotiese Eksperimente Ekspo uiteindelik Nina se vrae oor die pet se spesiale kragte kan opklaar?
Persverklaring: MultiChoice-groep se kragtige plaaslike inhoud oes die meeste Safta-benoemings in
2024-09-05Die MultiChoice-groep se uitmuntende plaaslike inhoud het oor verskeie kanale en platforms heen erkenning gekry deur 176 benoemings vir die South African Film and Television Awards (Saftas). Die groot aantal benoemings getuig van die groep se volgehoue finansiële, opvoedkundige en praktiese belegging in die vertel van ons eie Afrika-verhale.
Persverklaring: Kortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapport-resensiepryse bekend
2024-09-05Die kortlyste vir dié pryse, waarmee erkenning gegee word aan uitnemende Afrikaanse resensies wat in 2023 verskyn het, is pas bekend gemaak. Nagenoeg 100 resensies wat op ’n verskeidenheid platforms verskyn het, is vanjaar ingeskryf.
Invitation: Art auction to raise funds for the building of the first Wêreld artist retreat
2024-09-04Wêreld is hosting a series of art auctions, in partnership with Karen Zoid, to raise funds for the building of the first artist retreat space in the Piketberg mountains. The next Wêreld art auction will be an online as well as in-person launch event on 6 September at Kleinevalleij Estate in the Cape Winelands. Artworks by more than 70 artists, including Willem Boshoff, Pierneef, Lionel Smit, Maaike Bakker, Gordon Froud, Nina Torr, Johan Thom, Lien Botha and many more will be on display.
Fresh off the press: Nomad heart by Ian Roberts
2024-09-04Actor and musician Ian Roberts is something of a South African icon, renowned for his roles as the rugged Boer fighter Sloet Steenkamp in the TV series Arende and as Boet in the immortal and immensely popular Castrol advertisements. In this book he looks back on his long and illustrious career in which he became known for having a flair for languages and acting from the gut.
Press release: Commonwealth Short Story Prize opens for entries as panel of judges announced
2024-09-02The Commonwealth Short Story Prize is now open and we will be accepting entries until 1 November 2024. Now in its thirteenth year, the prize is awarded for the best piece of unpublished short fiction (2 000–5 000 words). In addition to English, submissions are accepted in Bengali, Chinese, Creole, French, Greek, Malay, Maltese, Portuguese, Samoan, Swahili, Tamil, and Turkish. Stories that have been translated into English from any language are also accepted and the translator of any story that wins (regional or overall) also receives prize money.
Persverklaring: Akademia se tweede honneursprogram in 2025 aangebied
2024-09-02Die BA Hons (Media en Kommunikasie) sal in Afrikaans via die voltydse kampusmodel by die instelling se Centurion-kampusse aangebied word. Let daarop dat daar slegs ’n beperkte aantal studente tot dié nuwe program toegelaat sal word en die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Oktober 2024.
Persverklaring: MA in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van die Vrystaat
2024-09-02(Aspirant-) skrywer, digter of literêre vertaler? Die UV bied aan jou ’n kursus waarvan die vernaamste oogmerk die ontwikkeling van ’n lewensvatbare publiseerbare manuskrip is – en jy doen dit onder leiding van twee bekroonde skrywers, Henning Pieterse en Francois Smith.
Persverklaring: Suid-Afrika se ryke oes aan talent skitter by kykNET Silwerskermtoekennings vir film en TV
2024-09-02Vanjaar is die gesogte Silwerskermbeeldjies weer uitgedeel aan akteurs, aanbieders en persoonlikhede wat tussen 1 April 2023 en 31 Maart 2024 vir uitmuntende vermaak op die kykNET-kanale gesorg het.
Die program van die Etienne van Heerden Veldsoirée 2024 en die eerste voordragte van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad
2024-08-29Liefhebbers van die Afrikaanse letterkunde sou hulle op Vrydag 20 September in Cradock wou bevind. Die Etienne van Heerden Veldsoirée begin daar om 10:45. Nathan Trantraal sal, as deel van die Veldsoirée, net na 11:00 die eerste voordrag van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad lewer. En om 09:00 begin die ATKV-Skryfskool.
Persverklaring: Algemene simposium, Donderdag 19 en Vrydag 20 September 2024
2024-08-28Akademielede en ander belangstellendes word aangemoedig om die simposium by te woon en die inskrywingsvorm te voltooi en om kennis te neem van die interessante program. Die tema vir vanjaar se simposium is: Van isolasie na internasionalisering, tendense in Suid-Afrikaanse navorsing die afgelope 30 jaar.
