Illustrasies deur Ronell Lareman
Xavier en Kendrick het van kleins af geleer dat die buitelug en oefening goed is vir jou om fiks en gesond te bly. Dis waarom die twee boeties graag in die veld gaan fietsry terwyl Mamma, Tannie en Oom saam met hulle stap om die natuur te geniet en te sorg dat hulle veilig is. Dis hier waar die seuns op ’n dag ’n veldmuisie teëkom … en deur dié diertjie leer dat jy van kleindag af ewe goed vir jou tande as vir jou lyfie moet sorg.