LitNet

LitNet

Nuut by Human & Rousseau: Harry Potter en die Beker Vol Vuur deur JK Rowling

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-09-26

Die Drietowenaarstoernooi vind by Hogwarts plaas. Slegs towenaars wat ouer as sewentien is, mag inskryf. Dit keer Harry egter nie om te droom dat hy die kompetisie eendag sal wen nie.

Pasverskyn: Liefde en verset deur André le Roux

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-26

André le Roux se tweede digbundel verskyn 47 jaar ná sy debuut, Struisbaai-blues, wat kort ná publikasie in 1977 verbied is.

Toyota Stellenbosch Woordfees-persverklaring: Kaapse Koorakademie se ’n Kaapse fantasie

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-26

’n Kaapse fantasie by die Woordfees vier Afrikaans en sy variëteite se verhouding met Xhosa en Engels in ’n smorgasbord van klanke, denke en kulture wat ons as samelewing in ’n nuwe rigting van hoop en samehorigheid instuur.

Graad 11-Wiskundevideo: Euklidiese Meetkunde – bewys die derde stelling

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-09-25

Dis nie net speurders wat bewysstukke moet opspoor om iets te kan oplos nie. As jy in graad 11 is, verduidelik Lee-Ann Langeveld vir jou hoe om 'n stelling te bewys. Dit is stelling drie van vanjaar se Euklidiese Meetkunde. Jy gaan moet bewys dat die som van hoekpunte A en C 180 grade is en dat die som van hoekpunte B en D 180 grade is. Kyk hierdie video om beter te verstaan!

Persverklaring: Wenner van die Helgaard Steyn-prys 2024 | Press release: Winner of the Helgaard Steyn Award 2024

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-25

Dit is die tweede keer in die geskiedenis van die Helgaard Steyn-prys vir skryfkuns dat die wenwerk ’n digbundel is. | This is only the second time in the history of the Helgaard Steyn Award for Literature that the winning work is a volume of poetry. 

Persverklaring: Luna Paige se Tuiskoms-toer en -program

LitNet Musiek 2024-09-23

Na ’n opwindende reis van drie maande deur Europa en klein optredes in Nederland, keer Luna terug na Suid-Afrika om in ’n intieme omgewing met haar aanhangers te skakel. Ná haar indrukwekkende dubbelalbum-bekendstelling in April 2024 – met beide Engelse en Afrikaanse albums, Dis die dors en Harmony – bied hierdie toer ’n unieke kans om haar songs in hul mees rou en outentieke vorm te ervaar.

Persverklaring: Sonografie: Grepe in roots en blues – WOMAD South Africa 2024 en Toyota Stellenbosch Woordfees 2024

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-23

WOMAD SA is trots daarop om vir die eerste keer saam met Toyota Stellenbosch Woordfees en die US-musiekdepartement ’n spesiale konsert met die titel Sonografie: Grepe in roots en blues aan te bied. In hierdie produksie vertel kunstenaars stories in en deur klank, aan die hand van instrumente, musikale idiome en die herinneringe wat hulle ontketen: uhadi, Khoe-klanke, onbegeleide stem en Mississippi blues.

Graad 11-Wiskundevideo: Euklidiese Meetkunde – bewys die tweede stelling

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-09-23

In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld vir graad 11’s hierdie stelling: Bewys dat die hoek wat by die middelpunt gevorm word vanaf punte A en B twee keer so groot sal wees soos die hoek wat vanaf die omtrek by dieselfde punte gevorm word.

Persverklaring: kykNET-Rapport-boekpryse 2024

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-21

Die kykNET-Rapport-boekpryse, wat altesaam R1 miljoen bedra, is op Saterdagaand 21 September 2024 in Kaapstad oorhandig. Met dié pryse word jaarliks erkenning gegee aan uitnemende Afrikaanse boeke en resensies wat die vorige kalenderjaar verskyn het. Hier is al die wenners!

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2024 – Prys vir Spanningslektuur, Prys vir Niefiksie en ATKV-Prosaprys

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-20

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Die ATKV huldig die geskrewe woord met die Prys vir Spanningslektuur, een van die vinnig groeiendste en gewildste genres in Afrikaans; die Prys vir Niefiksie; en die ATKV-Prosaprys, een van die oudste en mees gerespekteerde letterkundepryse in Afrikaans.

Persverklaring: Bekendstelling van Etienne Leroux: Die rumoerige swart nar – ’n huldiging by NALN in Bloemfontein op 3 Oktober 2024

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-20

Die Werkgemeenskap Vrystaat van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in samewerking met NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) bied graag ’n bespreking aan deur Victor Teise (Sol Plaatje-universiteit) en Hennie van Coller (Universiteit van die Vrystaat) oor Etienne Leroux: Die rumoerige swart nar – ’n huldiging (onder redakteurskap van Hennie van Coller) op 3 Oktober om 18:00 te NALN in Bloemfontein.

Invitation: Book launch of Matriarchs, meze and the evil eye: a memoir by Costa Ayiotis – 26 September, Cape Town

LitNet Books and writers 2024-09-20

Eva Mazza will be in conversation with Costa Ayiotis for the book launch of Matriarchs, meze and the evil eye: a memoir on Thursday, 26 September at 18:00 for 18:30 at Exclusive Books, V&A Waterfront, Cape Town.

LitNet: Kunstefeeste

LitNet Nuusbrief 2024-09-19

LitNet: Kunstefeeste

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2024 – Prys vir Poësie, Prys vir Dramatekste en Woordwystoekenning

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-19

Die ATKV-Woordveertjies word aangebied om uitsonderlike bydraes rondom die Afrikaanse woord te bekroon. Van Suid-Afrika se voorste Afrikaanse skrywers en illustreerders het al met hierdie veer in hul hoed weggestap. Die waarde van poësie, dramatekste en woordeboeke lê in hul vermoë om die menslike ervaring te verryk, kreatiewe uitdrukking te bevorder en taalvaardighede te ontwikkel.

Graad 11-Wiskundevideo: Euklidiese Meetkunde – bewys die eerste stelling

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-09-18

In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld hoe om die eerste Euklidiese Meetkunde-stelling te bewys.

Top