LitNet

LitNet

Persverklaring: Digtersweek 2024 – kom leer by die meesters om te dig

LitNet Slypskole 2024-10-31

Digtersweek 2024 bevat ’n paneel bekroonde digters en bied vir elke voornemende en ontluikende digter die ideale geleentheid om hul vaardighede te slyp en hul kennis uit te bou. Die paneel bestaan uit bekroonde digters soos Johan Myburg, Diana Ferrus, René Bohnen, Alwyn Roux en Danie Marais.

Pasverskyn: Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout

LitNet Boeke en skrywers 2024-10-30

Excellentia is g’n gewone skool nie. Die plek is vol geheime en tradisies wat Quinn se hare laat rys. Maar sy is nie daar om te integreer nie – sy is daar om te leer. Ongelukkig is die lewe nie so voorspelbaar soos ’n chemie-eksperiment nie. En soms maak dit nie saak wat jy doen nie, die moeilikheid kom soek jou.

Eerste slukkie: Het van Verlangekraal deur Leon van Nierop

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2024-10-30

"Hoe dikwels het sy nie onder die sterrehemel gestaan en haar vergaap aan al die sterre nie. ’n Paar keer het sy ’n ster sien verskiet, dan wens sy sy kan daardie ster wees wat met so ’n blink stert agterna die ewigheid inskiet. Sy het ook al vliegtuie dopgehou wat na verre stede reis. As sy maar net eendag op een van hulle kan wees."

Persverklaring: Uitnodiging om Kersgeskenke aan kinders in die Oos-Kaap te skenk

LitNet Boeke en skrywers 2024-10-30

Aangesien hierdie leerders uit geïsoleerde omgewings kom met beperkte toegang tot die kunste, bring die Jakes Gerwel Stigting, in samewerking met die Suidoosterfees, ook kinderopvoerings na die skole en bied vakansieprogramme aan met woordspeletjies, kospakkies, gesigverf en meer.

Persverklaring: Christia Visser stel opvolg van "Die deur" bekend: "Ek sien jou"

LitNet Musiek 2024-10-30

"Die deur" het met sy vrystelling groot opslae gemaak, maar Christia het nog nie die volle storie vertel nie. Sy vertel nou die res van die storie in haar nuwe enkelsnit, "Ek sien jou". Luister dit nou op die platform van jou keuse.

Persverklaring: Wie weet waar die Willelinge woon?

LitNet Leefstyl 2024-10-29

FilosofieKafee, 1 November 2024, by die ATKV-Bôrdienghuis Teater, Breytenbach Sentrum, Wellington.

Persverklaring: Pret met nuwe limeriekeveldtog

LitNet ATKV-Portaal 2024-10-29

Die ATKV stel vandeesweek ’n splinternuwe limeriekeveldtog op sosiale media bekend. Dit volg op die gewilde idioomveldtog wat mense weer gewys het hoe prettig en pittig Afrikaans kan wees. Die nuwe limeriekeveldtog is nes die idioomveldtog die breinkind van die aktrises Cindy Swanepoel en Anél Wood.

Persverklaring: Huldeblyk aan Hans du Plessis (1945–2024) 

LitNet In memoriam 2024-10-29

Met groot hartseer en ’n gevoel van diep verlies neem ons afskeid van Hans du Plessis, wat op 25 Oktober 2024 skielik oorlede is. Sy heengaan laat ’n groot leemte by LAPA Uitgewers, maar ons is ook oneindig dankbaar vir die rykdom van gedigte, verhale en ander werke wat hy aan ons nagelaat het. Hans sal voortleef in die bladsye van sy boeke en in die harte van sy lesers.

Persverklaring: Woordtrofees-wenners 2024

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-29

Die wenners van die 2024 Woordtrofees is op 28 Oktober tydens ’n toekenningsgeleentheid by die Nooitgedacht-wynlandgoed bekroon. Benewens die topboekverkopers by die EasyEquities Skrywersfees in die genres fiksie, poësie, niefiksie en leefstyl, is ’n aantal spesiale pryse toegeken, onder andere die nuwe Martie Retief Meiring-toekenning, die In verbondenheid-toekenning asook die WOW-trofees vir skool en opvoeder van die jaar.

Persverklaring – Kunsuitstalling: ’n Versameling afgediende muses open 6 November 2024 in Pretoria

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-10-28

Die amptelike opening van ’n Versameling afgediende muses, ’n kunsuitstalling met werke deur Bastiaan van Stenis en Ruhan Janse van Vuuren en saamgestel deur Jan van der Merwe, vind plaas op Woensdag 6 November 2024 by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria.

Persverklaring: Saturnus verhelder Taalmonument

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2024-10-28

Inwoners en besoekers sal die skitterende sterrehemel – spesifiek die planeet Saturnus – van nader leer ken tydens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se Sterrekykpiekniek op Paarlberg op Saterdag 2 November 2024. Dit beloof om ’n feestelike aand in die beeldskone omgewing te wees; boonop is ’n pragtige sonsondergang en ’n gratis besoek aan die ikoniese beeldhouwerk ingesluit, én is die aand ten bate van ’n goeie saak.

Invitation: Book launch of I will not be silenced by Karyn Maughan | 13 November, Cape Town

LitNet Books and writers 2024-10-28

Adriaan Basson will be in conversation with Karyn Maughan for the book launch of I will not be silenced on Wednesday, 13 November at 18:00 at Exclusive Books, V&A Waterfront, Cape Town.

Uitnodiging: Blink gedigte – toonsettings deur Chris du Plessis | Ampie Teater, Wellington, 2 November 2024

LitNet Musiek 2024-10-28

Blink gedigte – toonsettings deur Chris du Plessis vind op Saterdag 2 November om 19:00 plaas by die Ampie Teater, Breytenbach Sentrum, Wellington.

Persverklaring: Huldeblyke stroom in ná Hans du Plessis se afsterwe

LitNet In memoriam 2024-10-27

Familielede, vriende, talle skrywers, akademici en ander persone uit die Afrikaanse media-, taal- en letterkundewêreld het hul skok, hartseer en medelye uitgespreek oor die nuus dat die geliefde Hans du Plessis Vrydagnag oorlede is.

Persverklaring: Mendelssohn se Elijah by Endlersaal in November

LitNet Musiek 2024-10-25

As een van die finale aanbiedings van die 2024-Endler-konsertreeks, dirigeer Johan de Villiers op 16 en 17 November twee uitvoerings van Felix Mendelssohn se oratorium Elijah. Brittany Smith (sopraan), Minette du Toit-Pearce (mezzo), Siphe Mdena (tenoor) en Conroy Scott (bariton) tree as soliste op, met laasgenoemde in die titelrol van Elija, waarvoor hy ná die 2018-Woordfees die trofee vir die beste vertolker in vokale klassieke musiek toegeken is.

Top