Press release: It’s the final month of the 2025 AVBOB poetry competition!
2024-11-14The clock is ticking! The annual AVBOB Poetry Competition closes at 23:59 on 30 November 2024. Don’t miss your chance to be part of South Africa’s biggest poetry event! Through the AVBOB Poetry Project, thousands of poems in all 11 official written languages are hosted online, creating an archive where poets of all levels can connect, learn and grow.
Nuut by Lapa: Die tantes van Atlantis – plus 99 ander limericke vir vrypostige kinders deur Philip de Vos
2024-11-14Ontdek die betowerende wêreld van limericke saam met Philip de Vos en Piet Grobler in hierdie splinternuwe bundel! Philip de Vos leer in die voorwoord vir lesers wat presies ’n limerick is, hoe dit rym, en die spesifieke ritme wat elke limerick so uniek maak. Met eiesoortige, kleurryke illustrasies deur Piet Grobler is daar iets vir elke leser om te geniet.
Nuut by Lapa: Donkerster deur Annerle Barnard
2024-11-14Carli Kirstein is 17 en so toegewyd aan wildbewaring dat sy soms van gevaar vergeet. Met twee veeartse as ouers was dit eintlik onvermydelik, maar haar passie maak haar nie juis deel van die gewilde groep nie. Die drie ouens in haar lewe maak ook dinge moeiliker. Paaie kruis en die gevaar styg wanneer Carli uitvind dat wildstropers die naburige rehabilitasiesentrum vir leeus en ander groot katte teiken.
New from Protea: Biology, ecological importance and diversity of southern African insects by Clarke H Scholtz and Hennie de Klerk
2024-11-14This book documents the stories of southern African insects in over 800 pages, with 3 200 beautiful photographs illustrating the rich morphological diversity and biological attributes of the insect species of the region. We emphasise their environmental importance as ecosystem service providers, and narrate, highlight, and illustrate many of the interesting, often remarkable, aspects of their life histories and behaviour, a first for insects of this region.
Graad 11: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel 1 en memorandum
2024-11-14Is jy in graad 11 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Met hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld kan jy daarvoor voorberei. In hierdie vraestel sal jy onder andere leer om somme sonder ’n sakrekenaar te vereenvoudig. Met behulp van hierdie vraestel, sal Wiskunde so eenvoudig en ongekompliseerd wees soos ’n eilandvakansie!
Graad 5: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel en memorandum
2024-11-14Is jy in graad 5 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? In hierdie gratis vraestel deur Lee-Ann Langeveld kan jy baie oefensomme doen om jou hiervoor voor te berei. Jy kan onder andere somme doen oor syfers se waarde. Hoe meer voorbeelde jy uitwerk, hoe meer selfvertroue sal jy ontwikkel. Onthou dat dit nie net syfers is wat waarde het nie. Jy is meer werd as goud!
Persverklaring: Voorleggings ingewag vir Jan Rabie-Rapportprys 2025
2024-11-13Uitgewers word uitgenooi om boeke voor te lê vir die Jan Rabie-Rapportprys 2025 vir debuut- of tweede prosawerke in Afrikaans. Die inskrywingsvorm kan hier afgelaai word.
Persverklaring: Honderde skoolleerlinge ervaar Artscape-teater op hul voorstoep
2024-11-12Die tegniese span het hulself oortref met ’n magiese wonderteater, ligte en klank uit die boonste rakke wat die kinders behoorlik na hul asem laat snak het. Sowat 1 000 leerlinge van verskillende skole in Mamre is meegesleur danksy uitstekende uitvoerings deur professionele kunstenaars.
Press release: AVBOB Poetry – Weaving a spell of words
2024-11-11Maneo Mohale is a poet, feminist writer and editor whose debut collection Everything is a deathly flower (uHlanga, 2019) won the 2020 Glenna Luschei Prize for African Poetry. Read their extraordinary list poem here and be reminded of poetry’s roots in song, magic and ritual. The annual AVBOB Poetry Competition remains open until midnight on 30 November 2024.
Persverklaring: Sentrumbestuurder gesoek, Breytenbach Sentrum
2024-11-11Die Breytenbach Sentrum in Wellington soek tans ’n sentrumbestuurder. Die geskikte kandidaat moet goeie menseverhoudings handhaaf, op alle vlakke kan kommunikeer, gemotiveerd wees, onafhanklik en op eie inisiatief kan werk.
Persverklaring: Honneurs in Afrikaans (Taalkunde of Letterkunde)
2024-11-08Die universiteit bied DSAC-beurse aan wat jou registrasiefooie betaal. Die aanbieding is hibridies, klasse kan op kampus aangebied word, of kan in blokvorm tydens skoolvakansies aangebied word. Klasse kan ook aanlyn aangebied word om studente buite Gqeberha te akkommodeer.
Persverklaring: Nuwe kurator van visuele kuns vir KKNK
2024-11-08Die bekroonde visuele kunstenaar en kurator Liza Grobler is die KKNK se nuwe kurator van visuele kuns. In 2023 was sy die KKNK se feeskunstenaar en haar uitstalling, Inkommers, laatkommers & laatlammers, asook haar Droom-installasie in samewerking met die Oudtshoorn ReWOLusie, het aan haar die Kanna vir beste visuele kunsaanbieding besorg.
Nuut by UJ Press: Kortpad-praatjies I – Eksieperfeksie-Afrikaans deur Rina Loader en Charlene Human
2024-11-07Eksieperfeksie-Afrikaans is opnames wat nuwe sprekers met die uitspraak van Afrikaans begelei. Luister-, lees- en skryfoefeninge word dus gekombineer om woordeskat en taalsoepelheid in alledaagse situasies uit te bou.
