Nuut by Tafelberg: Landuit, want jy wil mos deur Zirk van den Berg

  • 0

Titel: Landuit, want jy wil mos
Skrywer: Zirk van den Berg
Uitgewer: Tafelberg (2025)
ISBN: 9780624095149
Epub ISBN: 9780624095156

Buiten my LSD-trippe (“look, see, decide”) Perth toe, was die trek Nieu-Seeland toe my eerste oorsese reis, en dit nogal met ’n enkelkaartjie. Ons vlieg eers Singapoer toe, en van daar na Auckland. Bernard is ses, Anna is agttien maande. Ek het nie ’n enkele sleutel nie, want ek het niks wat kan sluit nie. Uiteindelik is ons almal in die hotelkamer in Nieu-Seeland – pa en ma, oop tasse nen oorstuurde kinders. Donderdag 13 Augustus 1998. Dag een.

Min het Zirk van den Berg, toe hy in 1998 met sy gesin na Nieu-Seeland verhuis, geweet wat dit sou verg vir ’n huis vol Kapenaars om Kiwi’s te word. Hy vind homself werkloos, in ’n piepklein huisie van karton, in die land van kettingsae en grassnyers. Die son skyn te min en sy vrou snik snags in haar kussing. Tog slaag Zirk uiteindelik daarin om ’n betekenisvolle bestaan in Auckland vir hom en sy mense te bou. 

 
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top