Nuut by UJ Press: Kortpad-Afrikaans: ʼn Basiese grammatika deur Rina Loader, Tobie van Dyk en Charlene Human
2024-11-07“Kortpad-Afrikaans is ’n uiters gebruikersvriendelike tweetalige kontrolebron oor daardie aspekte wat die lees, skryf en praat van Afrikaans ontsluit. Teorie en toepassing word deurgaans vernuftig versoen en daardeur word dit ’n toeganklike bron wat leiding gee vir ’n verskeidenheid gebruikers – van leek tot kenner. Ek beveel die gebruik van die boek sterk aan.”– Wannie Carstens, NWU Skool vir Tale
Nuut by Protea Boekhuis: ’n Ander wêreld deur Eunice Basson
2024-11-07"Basson se woordskilderye is klankryk, organies en intuïtief, maar is ontdaan van sentimentaliteit. Sy skryf oor die natuur en wêreldgebeure, asook treffende gedigte oor haar familiegeskiedenis en die dood van haar broer. Baie lesers sal hulle met die temas in die bundel kan vereenselwig."
Persverklaring: Die Wasgoedlyn hou makietie met woorde en musiek by die Koelkamers in Paternoster
2024-11-06Kom geniet ’n naweek met woorde en musiek by die Koelkamers op Paternoster van 15 tot 17 November 2024: met musiekkonserte deur Anton Goosen, Koos Kombuis, Frazer en Deniel Barry, Churchil Naudé, Jolyn Phillips, Bacchus Nel, Riku en Jackie Lätti en ’n bloemlesing en boekgesprek met Marthie Momberg, Koos Kombuis, Riku Lätti en Churchil Naudé.
Persverklaring | Ian Roberts: Is dit jý? Avonture voor en agter die skerms – kom vind uit by NALN
2024-11-06Kom kuier saam! Ian Roberts gesels oor sy outobiografie en maak musiek saam met Barry Steenkamp en Ruben Samuels op 16 November 2024 om 10:00 by NALN.
Pasverskyn: Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander
2024-11-06Die moed loop hoog wanneer die twintigjarige Eron Verberger en sy pa, Gibor, saam met ’n skip terugkerende vlugtelinge vanaf die toevlugshawe in Afrika na hul vaderland, Gabriëllië, vaar. As honderdste Bergengel is Eron ’n visionêre versetleier en gewilde intellektuele rebel, maar hy word tot die uiterste getoets wanneer dit blyk dat die ou voorspellings oor die Uitdooftyd waar word.
Onderwyskommissie van die SAAWK-persverklaring: beroep op regering oor Bela-taal- en toelatingsklousules
2024-11-05In hierdie lig beskou, doen die SAAWK ’n beroep op die regering om beginsels van samewerkende regering toe te pas deur die vennootskap tussen staat en skool te versterk en gemeenskappe se demokratiese reg op inspraak in hulle skole te beskerm.
Graad 10: Lewenswetenskappe, vraestel en memo, vierde kwartaal
2024-11-01Is jy in graad 10 en het jy onverwags gedurende die eksamen die behoefte om baie tyd by die gimnasium te spandeer? Laai hierdie gratis Lewenswetenskappe-vraestel deur Rita Engelbrecht af met voorbeelde van vrae wat juis uitwys hoe belangrik dit is om oefening te doen. Onthou: Dis ’n goeie plan om eers vir jou eksamen voor te berei en daarna oefening te gaan doen.
Press release: Winners of the 2024 Sunday Times Literary Awards announced
2024-11-01The winners of the annual Sunday Times Literary Awards were announced last night in Johannesburg, where author Johnny Steinberg was the recipient of the Sunday Times Non-Fiction Award for his work, Winnie and Nelson: Portrait of a marriage (Jonathan Ball Publishers). Andrew Brown received the Sunday Times Fiction Award for The bitterness of olives (Karavan Press).
Graad 10: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel 2 en memorandum
2024-10-31Dis nie moeilik om te skat hoeveel leerders in hierdie prent is nie. As jy in graad 10 is en jy laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af om jou Wiskunde vir die eksamen te oefen, gaan dit ook maklik wees om berekeninge te doen waarin jy deur middel van ’n frekwensietabel die gemiddelde aantal leerders in die Overberg moet skat en uitwerk. As jy hierdie vraestel uitgewerk het, hoef jy nie te skat of jy sal goed doen nie, jy sal sommer wéét jy gaan sukses behaal!
Nuut by Human & Rousseau: Die keiser se duim deur Chris Karsten
2024-10-31Ella Neser en Lou Pepler werk weer saam as private ondersoekers. Maar die dag voor Ella op pad is Brugge toe, daag ’n familielid van Lou se eks op en smeek hulle om hulp. Liesbet se broer en sy neef is wynboere wat in Hongarye op ’n wynlandgoed naby Boedapest werk. Maar nou het hulle verdwyn. So vertrek Ella na België, en Lou na Boedapest. Maar iewers duskant die Donau regeer daar ’n mafioso met die mag van ’n keiser.
New from Tafelberg: The corporate revolutionary: Mervyn King’s life in law, business and governance by David Williams
2024-10-31Mervyn King has transformed the global business landscape. King advocated reporting on society and the environment, not only on profit. His legacy transcends borders and continues to guide companies worldwid. David Williams recounts his story.
Nuut by Tafelberg: Capitec: Stryd met die grotes deur TJ Strydom
2024-10-31Die topverkoperskrywer TJ Strydom vertel die boeiende verhaal van ’n klompie entrepreneurs wat daarin slaag om ’n netwerk van mikrolenerye in ’n uitdagerbank te omskep. Eers neem die ou grotes in die bankwese die Stellenbosse snuiter nie ernstig op nie, maar hulle weet nie wat hulle tref toe dié nuwe finansiële instelling momentum kry en hul kliënte op groot skaal afrokkel nie. Met meer as 20 miljoen kliënte word Capitec die nuwe Suid-Afrika se grootste suksesverhaal.
Nuut by Blitso Publishers: Wiskundewoordeboek vir skole (tweede uitgawe) deur Willie de Klerk en Anelize van Biljon
2024-10-31Die Wiskundewoordeboek vir skole is tweetalig en verklarend in Afrikaans na Engels en Engels na Afrikaans. Die boek bied verduidelikings van terme in albei tale; sketse om verduidelikings toe te lig; en meer as 750 definisies oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe.
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander – Kaapstad, 16 November
2024-10-31Die Bergengel gaan op reis. Kom vier die einde van die Bergengel-boekreeks deur Carina Stander. Word betower deur ’n oggend van stories, musiek en Gabriëllië-geïnspireerde eetgoed. Carina gaan met Jonathan Amid in gesprek wees en al vier boeke in die reeks en ’n aantal inksketse wat op die boeke gebaseer is, sal te koop wees.
