Die Adam Small-fees van 2025 vind van 21 tot 23 Februarie plaas te Pniël. Knoop die datum in jou oor!
Ons vier die lewe en woorde van ’n legende
Sluit by ons aan vir ’n unieke fees ter ere van Afrikaans se mees ikoniese stemme, Adam Small. Sy briljante bydrae tot die letterkunde en sy stem vir sosiale geregtigheid word tydens hierdie naweek op ’n betekenisvolle wyse herdenk.
Op 21 Februarie vier ons Wêreldmoedertaaldag met die bekendstelling van die rieldans-musiekboek, Rielritme, saamgestel deur Zenobia Kloppers en Monique Seigels. Hierdie unieke versameling bring die ryk tradisies van die rieldans tot lewe deur musiek en stories wat ons kulturele erfenis eer.
Ons bring ook spesiale hulde aan een van Suid-Afrika se literêre reuse, Breyten Breytenbach. Sy buitengewone bydrae tot Afrikaanse letterkunde en kuns sal ook geëer word deur spesiale voorlesings en insiggewende gesprekke wat sy lewe en werk verken.
Datum: 21–23 Februarie 2005
Plek: Pniël Kerksaal en Pniël Museum Teetuin
Kontak: Janine – 072 245 1415
E-pos: pnielmuseum@gmail.com
Meer inligting beskikbaar by www.adamsmallfees.co.za
Kommentaar
Litnet, baie dankie vir hierdie plasing. Ek hoop ons sien julle by die fees.
Janine