LitNet

LitNet

Fresh off the press: Twice the glory by Lloyd Burnard and Khanyiso Tshwaku

LitNet Books and writers 2024-11-27

The Springboks made history in France in 2023 when they became the only team to win the Webb Ellis Trophy four times. Who can forget how the Boks won by only one point in three games? Released on the anniversary of this milestone, Twice the glory by Lloyd Burnard and Khanyiso Tshwaku investigates how this remarkable victory was achieved.

Persverklaring: Uitnodiging – Rondleiding deur Jan van der Merwe, samesteller van ’n Versameling afgediende muses

LitNet Kuns 2024-11-27

U word hartlik uitgenooi na ’n rondleiding deur Jan van der Merwe (ook die samesteller) van die kunsuitstalling, ’n Versameling afgediende muses deur Ruhan Janse van Vuuren en Bastiaan van Stenis, op Maandag 2 Desember 2024.

Persverklaring: ATKV-Suidoosterfees-koorkompetisie – Wes-Kaapse amateurkore kan nou inskryf

LitNet Musiek 2024-11-27

Die ATKV en die Suidoosterfees het weer goeie nuus vir amateurkore wat gemeenskappe in die Wes-Kaap se harte met hul stemme verower. Inskrywings vir die jaarlikse ATKV-Suidoosterfees-koorkompetisie is nou oop.

Persverklaring: kykNET vier 25 jaar van wêreldklas – in Afrikaans

LitNet kykNET Portaal 2024-11-26

Dit het soos soveel suksesverhale klein begin, maar die droom was groot: begin ’n TV-kanaal in Afrikaans vir almal wat die taal praat. Meer nog – skep inhoud in Afrikaans wat kan meeding met die beste in die wêreld, ontdek nuwe talent voor en agter die skerms en gee vir kykers die beste moontlike kykstof.

LitNet Akademies-artikels met 2024 ATKV-SA Akademiepryse bekroon

LitNet Akademies en skole 2024-11-26

LitNet Akademies-artikels deur Johann Rossouw en Daniël Louw is pas bekroon met die ATKV en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se ATKV-SA Akademiepryse vir geakkrediteerde akademiese artikels in Afrikaans.

Persverklaring: Swart Vrydag-winskopies by die WAT – alles nou halfprys

LitNet Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal 2024-11-26

Sorteer sommer nou al jou Kersgeskenke uit deur vir elkeen in die gesin sy eie unieke woord te borg vir slegs R50 per woord!  Die WAT se 2024 Swart Vrydag-winskopies is tans oop en is geldig tot 5 Desember 2024.

Persverklaring: Huldeblyk aan Breyten Breytenbach, ’n pionier in Afrikaanse Letterkunde

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-11-25

Sy werk, wat in verskeie tale vertaal is, is steeds ’n kernonderdeel van Suid-Afrika se literêre erfenis en word wyd bestudeer, selfs as voorgeskrewe werke op skoolvlak.

Persverklaring: by mekaar met Gustav Bester en Gareth Hickling – Breytenbach Galery

LitNet Kuns 2024-11-25

’n Praatjie oor bye vind Saterdag, 30 November by die Breytenbach Galery plaas as deel van die kunsuitstalling by mekaar deur Gustav Bester en Gareth Hickling.

Persverklaring: Die Chris Barnard-prys

LitNet Boeke en skrywers 2024-11-25

Dit was vir ons ’n groot voorreg om vanjaar Die Chris Barnard-prys ná twee jaar te kon hervat. Nagenoeg 100 inskrywings – met uiteenlopende temas – van regoor die land is ontvang. Vanjaar se drie wenners is: Albert Maritz met "Boere by Thabazimbi", Fransjohan Pretorius met "Pasop vir die rekenaardiewe" en Curtley Pitt met "Die legendariese rugbybal".

Persverklaring: Digtersweek 2024 – Almal is dit eens, dit was ’n reusesukses!

LitNet Boeke en skrywers 2024-11-25

"'Uit die gesprekke met die deelnemers het dit duidelik geword dat daar baie mense is wat rustig besig is om hul digvaardighede te slyp en te poets. In dié opsig het gesprekke soos dié tydens Digtersweek ’n waardevolle rol te speel in die slypproses, maar eweso as aanmoediging,' het Johan Myburg, een van die digters in die paneel van vyf, agterna gesê. Ander digters wat deelgeneem het, is Diana Ferrus, René Bohnen, Alwyn Roux en Danie Marais."

Breytenbach family press release

LitNet Opinion 2024-11-24

It is with deep sorrow that the Breytenbach family announces the passing of Breyten Breytenbach earlier today, Sunday 24 November 2024.

Persverklaring | ATKV-Prestigetoekennings: "Op die skouers van reuse"

LitNet ATKV-Portaal 2024-11-22

"Die Afrikaanse gemeenskap is ’n veeleisende minnares wie se waardering jy as ’n media-instelling deurlopend moet verdien." Só het Tim du Plessis Woensdagaand (20 November) in Johannesburg gesê by die ontvangs van die ATKV se Prestigetoekenning – dié organisasie se hoogste eerbewys. Die toekenning is by dieselfde geleentheid ook aan Marida Swanepoel, Coenie de Villiers en Diana Ferrus toegeken.

Graad 10: Afrikaans Huistaal, drie vraestelle en memo’s, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-11-22

Is jy in graad 10 en baie ongelukkig omdat jy nog vir jou eksamen moet voorberei? Moenie toelaat dat die werk jou boelie of onderkry nie! In hierdie gratis oefenvraestelle deur Eugene van der Westhuizen is daar onder andere stories wat oor boeliegedrag handel. Dit sal jou egter opbeur, want as jy dit aflaai, gaan jy sommer die werk vir jou allerlaaste Afrikaans Huistaal-vraestelle van die jaar op die punte van jou vingers ken. Sê nee vir boelies en bewapen jou teen enige bullebakvraestelle wat volgende week op jou kan wag!

Persverklaring: Oproep om nominasies – Akademiepryse 2025

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-11-22

Die SA Akademie wag nominasies in vir die Akademiepryse wat in 2025 vir toekenning oorweeg word.

Graad 11: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-11-22

Is jy in graad 11 en wil jy eerder op jou selfoon rondblaai as om vir die eksamen voor te berei? Moenie soos hierdie bobbejaan wees wat jou foon vasklou nie. Sit dit eenkant en laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Cecilia Klopper af. Daar is hoeka ’n visuele teks met ’n bobbejaan en ’n selfoon in hierdie vraestel.

Top