Pasverskyn: Harry Potter en die skatte van die dood deur JK Rowling, vertaal deur Kobus Geldenhuys
2025-01-15Terwyl Harry Potter in die sykar van Hagrid se motorfiets klim en in die lug opstyg om Ligusterlaan vir die laaste keer te verlaat, weet hy Heer Voldemort en sy Doodseters is nie ver agter nie. Die beskermende towerspreuk wat Harry tot nou toe veilig gehou het, is verbreek, maar hy kan nie aanhou wegkruip nie. Die laaste stryd moet begin ...
Persverklaring: Hierdie vyf word by die 29ste KKNK in 2025 vereer
2025-01-15Al vyf die vereerdes by die KKNK in 2025 het diep spore in die kunste getrap – twee aktrises, ’n musiekgroep, ’n musiekmeester met wortels op Oudtshoorn en ’n bekroonde visuele kunstenaar. Die 29ste KKNK, geborg deur Absa, word van 1 tot 6 April op Oudtshoorn aangebied, met ’n spesiale openingskonsert en aandmark op 31 Maart.
Persverklaring: Onderwyskommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns oor die 2024-matriekuitslae
2025-01-15Die Onderwyskommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap wens die 2024-matrikulante, onderwysers en almal wat ’n bydrae gelewer het tot hierdie noemenswaardige prestasie, geluk met die 2024-matriekuitslae. Die opwaartse kurwe in die nasionale slaagsyfer dui op verbeterings in sekere aspekte van die onderwysstelsel en word verwelkom.
Uitnodiging: Bekendstelling van Soos Abraham deur Gerhard Kruger en Franco Kruger
2025-01-14Die SA Akademie nooi alle belangstellendes uit na die bekendstelling van Soos Abraham: Die verhale van agt Kruger-gesinne deur Gerhard Kruger en Franco Kruger op 23 Januarie in Pretoria.
Persverklaring: Magiese musiek en piekniek – vier Taalmonument met Jeodhouse Band
2025-01-13Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument vier in 2025 haar 50ste bestaansjaar. En om op ’n hoë noot daarmee weg te spring, tree die Jazz-, R&B- en popsensasie Jeodhouse Band op Paarlberg aan vir ’n soel someraand met magiese musiek, perfekte pieknieks en ongelooflike vergesigte.
Persverklaring: Uitnodiging na 2025 se studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe
2025-01-09Nagraadse studente wat hulle navorsing in Afrikaans doen, word genooi om hul navorsing, wat in Afrikaans vasgelê word, in die vorm van ’n referaat (20 minute) of plakkaat (5 minute) by die simposium aan te bied. Die 2025-simposium sal hibried aangebied word.
Pasverskyn: Antjie Krog: ’n Ondersoekte lewe deur Louise Viljoen
2025-01-09Antjie Krog is ’n bekroonde digter, joernalis, vertaler en akademikus. Sy wen drie keer die gesogte Hertzogprys – vir Lady Anne (1990), Mede-wete (2017) en Plunder (2023). Hierdie huldigingsbundel is die 16de in die reeks van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns wat literêre kunstenaars huldig wat met die Hertzogprys bekroon is, en wat die Afrikaanse letterkunde oor dekades heen verryk het.
Press release: Erika Breytenbach in premiere of Mike van Graan’s I can buy myself flowers at the Drama Factory
2025-01-08Erika Breytenbach will perform the premiere of I can buy myself flowers by multiple award-winning writer, Mike van Graan, at the Drama Factory from 5 to 15 February 2025.
Persverklaring: Uitnodiging – Befondsingsaansoek vir vakkundige navorsingsprojekte in Afrikaans
2025-01-07Personeel en studente van Suid-Afrikaanse universiteite, asook ander navorsers, word derhalwe uitgenooi om aansoek te doen vir befondsing van projekte, binne enige wetenskaplike domein, wat tot vakkundige publikasies in Afrikaans sal lei of wat die gebruik van Afrikaans as wetenskapstaal op ander wyses kan bevorder.
Showmax-persverklaring: Onderhoud met Desiré Gardner oor hoe Reënboogrant vir ’n nuwe generasie aangepas is
2025-01-07Desiré Gardner bring haar skryftalent na Reënboogrant, ’n nuwe Showmax-telenovela wat op Woensdag, 15 Januarie 2025, begin: "Die oorspronklike materiaal is daar vir ons as ’n wegspringplek. Jy wil die boek eer, maar ook hedendaags genoeg maak sodat kykers kan glo dit speel nou af."
Press release: Edinburgh Fringe hit Spin cycles comes home for Cape Town premiere at the Baxter
2025-01-06After a successful debut at the Edinburgh Fringe in 2023, writer and performer Jamie-Lee Money and director Larica Schnell bring their hit play Spin cycles to the Baxter Studio from 19 February to 1 March 2025.
Seisoengroete aan die einde van 2024
2024-12-24LitNet wens al sy lesers en bydraers ’n salige feestyd aan die einde van hierdie jaar toe.
Persverklaring – Bela-wet: SAAWK spreek kommer uit oor bedreiging vir moedertaalonderrig
2024-12-20Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) neem met kommer kennis van die implementering van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) in sy geheel soos goedgekeur deur president Cyril Ramaphosa. Die SAAWK waarsku dat hierdie wetgewing in sy huidige formaat ’n beduidende bedreiging vir moedertaalonderrig op basieseonderwysvlak inhou. Dit raak nie net Afrikaanse skole nie, maar enige gemeenskap wat sy grondwetlike reg op onderrig in die taal van sy keuse wil uitoefen.
Press release: AVBOB Poetry Project – delight in folly
2024-12-20As we move into the busy festive season, aware that this is a challenging time for many, the AVBOB Poetry Project celebrates the work of Stephanie Saunders, a poet whose work gently makes fun of human beings’ desire for power, love and certainty. Her debut collection, Open Stephanie, was published by Peter Slingsby earlier in 2024.
