
Harry Potter en die skatte van die dood deur JK Rowling (Human & Rousseau, 2024)
Titel: Harry Potter en die skatte van die dood
Skrywer: JK Rowling
Vertaler: Kobus Geldenhuys
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798184441
Terwyl Harry Potter in die sykar van Hagrid se motorfiets klim en in die lug opstyg om Ligusterlaan vir die laaste keer te verlaat, weet hy Heer Voldemort en sy Doodseters is nie ver agter nie. Die beskermende towerspreuk wat Harry tot nou toe veilig gehou het, is verbreek, maar hy kan nie aanhou wegkruip nie. Die Donker Heer blaas vrees in alles waarvoor Harry lief is, en om hom te stop, sal Harry die oorblywende Horcruxe moet vind en vernietig. Die laaste stryd moet begin ...