Wiskunde, graad 4: kwartaal 4 – werkopdrag 1 en memo
2024-10-15Dalk het jy al grootmense vir mekaar hoor sê dat hulle in die omtrek is en dan weet jy hulle bedoel hulle is in die omgewing. Noudat jy in graad 4 is, weet jy dat omtrek in Wiskunde iets anders beteken. Hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit kan jou help om dit beter te verstaan. Klik op die skakels om dit gratis af te laai en hierdie kwartaal die beste punte in jou buurt te kry!
Pasverskyn: "Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp
2024-10-15Hierdie boek is voorwaar jou eenstopgids vir alles oor toesprake. "Dames en here" is die boek wat jou oa gaan help met redenaars, debatte, toesprake soos bedankings-, motiveringstoesprake ens, onderwerpontleding, wenke om toesprake te skryf en aan te bied, die reëls en beoordeling van redenaars- en debatkompetisies, en nog vele meer. Streeksbeoordelaars en gesoute afrigters van regoor Suid-Afrika gee ook wenke vir onderwysers oor hoe om ’n debat- of redenaarskompetisie te reël
Press release: SALA announces the 2024 shortlisted nominees
2024-10-15The 19th South African Literary Awards will celebrate a literary milestone when more than 30 authors are honoured for their contributions to South African literature at a gala dinner at the Ditsong National Museum of Cultural History in Tshwane on 7 November 2024.
Persverklaring: 2024 Prestasiebeurs van die Van Ewijck-Stigting beskikbaar
2024-10-15Daar kan weer aansoek gedoen word vir die Van Ewijck-Stigting se Prestasie-prys van R100 000. Dit is ’n prys vir bewese prestasies wat reeds gelewer is en verband hou met die doelstellings van die Stigting, naamlik om die kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland in die ruimste sin te bevorder. Dit sluit alle vertakkinge van die kunste of wetenskap in.
Persverklaring: Netwerk24/Rapport verhoog borgskap vir die Hertzogprys en Eugène Maraisprys
2024-10-14Die grootste impak van hierdie verhoogde borgskap is by die Eugène Maraisprys, wat voortaan R50 000 sal bedra. Die borgskap vir die Hertzogprys is verhoog tot R100 000, met die totale waarde van die prys steeds R125 000. Saam met die geldprys ontvang die wenner ook ’n 18-karaat- goue penning.
Persverklaring: Jayden Dickson, ’n LAMTA-student, vertel waarom Hollywood terug is op die planke
2024-10-11LAMTA se Hollywood-produksie was ’n rukkie gelede in Kampsbaai te sien, was by die Toyota Stellenbosch Woordfees te sien – en is nou op aanvraag weer eens in Kampsbaai op die planke! Jayden Dickson van die Hollywood-dansvertoning vertel meer van die produksie, wat van vandag af weer by Theatre on the Bay te sien is.
Uitnodiging: Boektoer van Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander | Pretoria-bekendstelling, 24 Oktober
2024-10-11Kom vier die einde van Die Bergengel-boekreeks deur Carina Stander. Word betower deur ’n aand van stories, musiek, Gabriëllië-geïnspireerde kos en wyn. Kom in feesklere, soos ’n karakter uit Die Bergengel-boekreeks. Dit vind plaas by Kleinkaap Boutique Hotel in Centurion, Pretoria, op 24 Oktober om 18:00 vir 18:30.
Boekbekendstellings: Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander – Die Bergengel gaan op reis
2024-10-11Die Waterplek: Gabriëllië is die vierde en laaste boek in Carina Stander se Bergengel-reeks. Die skrywer neem die boek op reis, en neem ook afskeid van die reeks – boekbekendstellings vind plaas in Pretoria, Johannesburg, Kaapstad, Swellendam, Knysna en Nature’s Valley.
Persverklaring: Stiaan Reynierse stel nuwe album, Anderkant die reën, bekend op 11 Oktober 2024
2024-10-11Stiaan Reynierse het die kollig en verhoog al met verskeie musiekreuse in die bedryf gedeel en dié rocker die verhoogplanke al behoorlik laat brand met die kaggels in sy keel! Sy splinternuwe album Anderkant die reën word op 11 Oktober 2024 vrygestel.
Press release: My left breast at the Baxter Masamba theatre, 10–24 October 2024
2024-10-11The internationally acclaimed one-woman play My left breast, starring Shannon Esra, the award-winning television, film and stage actress will be running at the Baxter Masambe theatre from 10 to 24 October 2024 at 19:00 with Saturday matinees at 15:00.
Invitation: Book launch – What Nelson Mandela taught me by Zelda la Grange on 17 October in Somerset-West
2024-10-11You are invited to the book launch of What Nelson Mandela taught me by Zelda la Grange. Adriaan Basson will be in conversation with Zelda la Grange on Thursday, 17 October 2024 at 18:00 for 18:30 at Exclusive Books (Somerset Mall) in Somerset-West.
Persverklaring: LJAO-akkordeon-orkes op besoek aan Suid-Afrika
2024-10-11Al die konserte in die Wes-Kaap is oop vir die publiek en gratis! ’n Wonderlike, unieke geleentheid vir alle musiekliefhebbers.
Persverklaring: Formidabele vroue: Huldeblyk aan Martie Retief Meiring – 12 Oktober om 21:00 op kykNET
2024-10-11Sy was ’n baanbreker en kampvegter. ’n Joernalis wat veral vir ander vrouejoernaliste die pad oopgemaak het. ’n Brugbouer, kultuurskat en iemand wat met dieselfde aandag kon praat met ’n akademikus as ’n student. In kort: Martie Retief Meiring was ’n formidabele vrou. Op 12 Oktober, ook die dag van haar begrafnisdiens in Stellenbosch, saai kykNET die program Formidabele vroue: Martie Retief Meiring om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uit, met ’n herhaling om 15:30 op Sondag 13 Oktober.
Nuut by Human & Rousseau: Die stoutste klas op aarde deur Joanna Nadin, vertaal deur Kobus Geldenhuys
2024-10-10Volgens die skoolhoof is 4B die stoutste klas op aarde. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret hê nie. Dit gaan oor leer en dis hoogtyd dat 4B harder dáárin probeer uitblink. Maar Alex en Manjit het letterlik nie bedoel om hulle hele klas siek te maak met tuisgemaakte koekies nie. 4B is miskien die stoutste klas op aarde, maar jy sal nie enige ander plek wil wees nie.
