Nuut by Human & Rousseau: Die keiser se duim deur Chris Karsten

  • 3

Ella Neser en Lou Pepler werk weer saam as private ondersoekers. Maar die dag voor Ella op pad is Brugge toe, daag ’n familielid van Lou se eks op en smeek hulle om hulp. Liesbet se broer en sy neef is wynboere wat in Hongarye op ’n wynlandgoed naby Boedapest werk. Maar nou het hulle verdwyn. Lou moet tog dringend die twee jong boere in een stuk terugbring. 

So vertrek Ella na België, en Lou na Boedapest. Maar iewers duskant die Donau regeer daar ’n mafioso met die mag van ’n keiser.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 3

Kommentaar

  • Was teleurgesteld.
    Die held en goeie deel van die boek wentel om Dacsa en sy wraak. Ella en Lou is eintlik oorbodig en ek kon nie uitvind wat hulle nou eintlik uitgerig het nie. Ella het nêrens gedink dat die polisie betrek moet word nie. Hulle en Harry was net agtergrondmusiek.

  • Nico M Ferreira

    Stem saam met die vorige kommentaar. Veral die slot was teleurstellend. Miskien was my hoop te veel gevestig op 'n konfrontasie tussen Ella en Dacsa? Hopelik gaan ons nie in die volgende roman uitvind dat Lou nie dood is nie - ons word nie pertinent ingelig dat hy dood is nie... Soos gewoonlik kla ek oor die afwesigheid van 'n BRONNELYS om die historiese notas aan te vul. Maar meer frustrerend: baie van die Hongaarse woorde word nie aan die leser verduidelik nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top