As gister so uitspoel
2023-11-09"toe ons verlore was
op die oop rowwe see
in ’n baie klein bakkie
wat gelek het met een riem"
Ek vereer nie kleur nie
2023-05-25"God vereer nie kleur nie
wit bruin of swart nie
Jesus het my beste vriend geword
Hy was God –
wat vir altyd lewe
Hy het nie gesê wit bruin of swart nie."
Ek en jy
2023-05-18"woorde hardloop soms die straat af
as ek kopaf agterna loop
om soms die verkeerde op te tel
so loop die tyd
met ’n kierie
die laaste bult uit"
As daar niemand oor is nie
2023-03-16"tog bly môre onseker
geloof slinger soos ’n dronk man
hoop loop met twee krukke
net liefde blaas die vlammetjie aan"
