Ek sien nie Jesus nie

  • 4

Foto: Canva

Ek sien nie Jesus nie

Ek sien nie Jesus
in jou lewe nie,
ek hoor jy praat
so baie dinge,
kennis en slimmigheid,
maar Jesus is nie daar nie.

Jou voorgee is seer,
tog bly jy keer
dat Hy in jou plek staan,
jy sê en jy praat
maar ek is so jammer,
ek sien nie Jesus nie.

Jy gooi my met profesieë
jy besmet my met wet,
maar Jesus is nie daar nie,
jy is nog in die pad
dat Hy kan inkom,
dat Hy jou lewe word.

het jy vergeet,
Hy is die weg nie jy nie,
Hy is die waarheid nie jy nie,
Hy is die lewe, nie jy nie.

Hy is die enigste weg
na die Vader,
nie die kerk nie,
nie die wet nie,
nie wysheid nie,
nie jou slim redenasies nie
slegs Jesus.

Vir Hom sien ek nie
hoor ek nie,
net vir jou
wat alles wil uitredeneer,
dit maak seer
as ek Jesus nie sien nie,
want jy bly in die pad.

  • 4

Kommentaar

  • Die driede Boerkint

    Ek wil eintlik nie hierop reageer nie. Want ek dink nie dit sal juis iets bereik nie. Maar! Maar...Darf ich sagen...

    Weet jy waaraan herinner jou woorde my? Wanneer ek die sinsnede hoor "jou slim redenasies"...

    Dit herinner my aan ou Rooies Strauss.

    Die het mos altoos veel te se oor die NG kerk. Oor mense soos my familie. My oorlede pa. Nie dat ek dink die NG kerk is reg nie maar is net, die arrogansie van gelowiges. My god om is beter as jou god. Ek verstaan die Woord. Jy nog nie. Jy het nie die Heilige Gees nie. En die ou uitklophou, jy is te lief vir jou eie redenasies.

    Dis net 'n ander manier om te se: As jy die Here wil dien, moet jy jou brein asseblief afskakel. Moenie dink nie. Just do it.

    Nogal ironies. Gegewe al die redenasies in die Bybel.

    Gegewe al die teenstrydige redenasies.

    In die Bybel.

    Gegewe dat die Bybel, deur mense geskryf was. Deur mense saamgestel was. Deur mense geredigeer was. Mense met bepaalde, ja, you guessed it, redenasies...

    Die soenofferdogma: Is dit nie 'n redenasie nie?

    Die erfsondedogma: Is dit nie 'n redenasie nie?

    Die triniteitsleer - is dit nie 'n... ag, toema...

  • Johan van der Merwe

    Dankie vir jou kommentaar, ja Rooies, ek is nie seker van daai nie, maar ek waardeer jou opinie. My gedig is nie uit die lug gehaal nie, dit is Jesus wat my aan die gang gehou het tot hier en ek het 'n deel van Hom ontdek wat my lewe gegee het. Ek weet nie hoe en waar jy dink nie, maar ek glo Jesus is weggestoot vir Godsdiens, maar dankie, ek sou graag met jou meer breedvoerig wou deel sonder om lelik te wil wees, want dit weerspieël nooit iets mooi van 'n mens nie.

  • Die driede Boerkint

    Die een Christen se vir jou: Geloof is 'n rasionele aktiwiteit.

    Die volgende Christen se vir jou: Los jou redenasies! Glo soos 'n kind!

    Die een Christen se gays doen sonde.

    Die volgende Christen se gay is geen probleem.

    Die een Christen se jou Bybel moet YHWH en ELOHIM.

    Die ander Christen se dis faain as die Bybel net God en Here.

    Die een se dit moet sit by die Psalms.

    Die ander een se dit moet staan.

    Die een se dit moet grootdoop.

    Die ander se dit moet kleindoop.

    Beker versus kelkies.

    Onderdompel versus besprinkel.

    Vir Belhar en teen Belhar.

    Al van wie ons nooit hoor nie, is die Here self.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top