
Foto: Canva
Jesus red my
Jesus red my
nie slegs van dwelms,
nie net van sonde,
nie van swakheid,
of van verkeerde paaie nie.
Hy red my van myself
sodat ek sonde kan los
wat my regop gehou het,
wat my aan die lewe gehou het,
maar besig was om my dood te maak.
Trots het my kleintyd gesteel
toe ek so baklei het,
om my sin te kry,
om te wou hê wat ek wou hê,
te wou sê wat ek wou sê,
omdat my hele lewe
oor my gegaan het.
Nou is ek groot,
my ou self is dood,
Jesus lewe in my,
ek lewe in Hom,
sodat ek weet
om nooit te vergeet,
Jesus red my
eintlik van myself.


Kommentaar
So waar.
Baie mooi.
Wow. Dit is so mooi. Dit laat my dink aan die Amerikaanse thrash metal-orkes Slayer se liedjie Jesus Saves vanaf hulle seminale werke Reign In Blood (1986).
Baie dankie, ek waardeer die kommentaar.