Rylopers

  • 0

Foto: Canva

Rylopers

Ons is rylopers na môre
na oormôre en verder,
iewers vorentoe die skeiding
so reis ons siele verder,
waar weet God,
ons vlees verstof
keer terug,
waar dit geleen is.

Vir nou,
staan ons langs die pad,
’n Hippie op die hoofpad
na daardie plek,
waar die son opkom
om te hoop
môre is beter
hoop beskaam mos nooit.

Geloof dryf ons
na môre se belofte,
tog is dit die liefde
wat ons aandryf,
nie altyd van ons nie
maar van Hom,
wat alles gegee het.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top