Ou spore
Ek loop vandag op ou spore
toegegroei deur mos
van tyd en vergeetagtigheid
om my trane te druk
sodat ek weet
tyd het al geloop
om tot hier te kom
sodat ek stil by ’n graf kan staan
herinneringe koester
dan laat gaan
om saam met die swaeltjies weg te vlieg
ver na ander lande
waar die somer vir hulle wag
ek draai om
vee die trane af
maak die begraafplaashekkie toe
sluit my hart
loop weg
met daardie knop in my keel
waar verbeel in die skadu’s staan
omdat mens soms moet eerlik wees
met jouself
met die lewe
met ander mense
want God is groot en goed
die Duiwel is ’n bliksem
wat lieg en bedrieg
om jou vrede weg te vat
hy steel en moor
alles wat jy verloor
draai dit om
slaan jou met die bloedkant deur jou bek
dan lag hy op sy eie graf
want hy weet
hy verloor jou.