Glasskerwe

  • 0

Foto: Canva

’n Nag vol drome
oor glasskerwe
wat vassit in my keel
wat my lewe verstik
as ek sluk aan asems
wat om my fluister
oor lewe en dood

terwyl aasvoëls draai
wat my bestaan betwyfel
in hierdie woestyn
sonder leestekens
terwyl woorde uitrol
op ’n mat vol kolle
van slegte berigte

dan verdwyn my slaap
terwyl woorde sukkel
omdat hulle te veel is
beroof is van sin –
om ’n einde te begin
van ’n storie so sinneloos
met ’n lied sonder klank.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top