
Foto: Canva
Hierdie spieël
Ek staan voor hierdie spieël
wat groter as die lewe is
wat dieper as die engele kyk
na brokstukke van my lewe
wat lê op die grondpad
van my stukkende lewe
versprei op ’n legkaart
met stukkies wat weg is
by God is ’n emmer vol trane
wat Hy opvang en bewaar
diep in my siel vir later –
tussen verniel en vraagtekens
terwyl my begeerte hunker
dat eendag –
sal hierdie spieël breek
om sy skerwe van waarheid
oor die aarde te strooi
om alles te verlig
wat nou nog donker is
as die volmaakte kom
om ons hier te kom haal
tussen hierdie skerwe
wat ons so verblind het
dan sal ons alles weet
wat versteek is
agter hierdie spieël
waar waarheid skuil
vir die mense
op ons lang reis
terug na God
om te wei
in waarheid.


Kommentaar
Uitstekende gedig, Johan!
Baie dankie Marius, hierdie een lê my na aan die hart - ek weet vir jou ook.