Ons dans as sy sing

  • 1

Foto: Canva


Ons dans as sy sing

Ons dans as sy sing
ons skryf as sy huil
as haar woorde drup
op werklikheid en skyn

om te verdwyn
in ons hart se leë kamers
met stukkende speelgoed
met gesteelde albasters
met honger kinders

sy strooi haar saad uit
vir ons om te vertel
van heimwee en geluk
van hartseer en vrees

die wese soek na bestaansreg
om iewers te behoort
dit is die grootste seer
eensaamheid en skeiding

dit verniel harte
dit is hoekom sy sing
dit is hoekom ons dans –
as sy sing
dit is hoekom ons skryf –
as sy huil

sy is woorde wat skuil
in vreugde as ons sing
sy is inspirasie wat ons gee
want
sy is woorde –

ewig soos die see.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top