Anke Theron

Anke Theron voltooi haar MA in kinder- en jeugliteratuur en psigoanalise aan die Universiteit van Kaapstad (UK) in 2017.

Sy doseer deeltyds kommunikasievaardigheidskursusse in Afrikaans aan die UK.

Sy het ’n groot voorliefde vir kinder- en jeugliteratuur en publiseer in 2020 "Peter Pan as transgressiewe figuur" in die Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans.

Brand deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Anke Theron Resensies 2019-12-19

"Hierdie boek is beslis vir enige leser wat die somervakansie aan die brand wil lees."

’n Kat se kans en Elke hond kry sy dag: ’n leser se indrukke

Anke Theron Lesersindrukke 2019-12-19

"Dié twee boeke is beslis ’n aanwins vir enige boekrak, tuis, by die skool of die biblioteek. Veral op die lang reise tydens die skoolvakansie. Kinders kan hope interessante dinge leer oor honde en katte."

Draakasem deur Jaco Jacobs: ’n lesersindruk

Anke Theron Lesersindrukke 2019-12-19

"Hierdie eenvoudige verhaal is pragtig geïllustreer en die drake lyk indrukwekkend. Beslis ’n goeie opsie vir die Kerskous."

Resensie: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan deur Christine Barkhuizen-Le Roux

Anke Theron Resensies 2019-11-20

"Die karakters worstel elkeen met ’n tweeledige proses van (her)belewing; hulle beleef dit in die verlede en herbeleef dit met verloop van die roman."

Peter Pan en Laurie deur Marié Heese: ’n lesersindruk

Anke Theron Lesersindrukke 2019-09-10

"Om vir ewig sorgvry te lewe, is ’n universele wens wat oor elke mens se pad kom. Dit is moontlik ook die grootste bydraer tot die verhaal se sukses."

Die groot koelte deur Leon de Villiers: ’n lesersindruk

Anke Theron Lesersindrukke 2019-08-12

"Leon de Villiers is bekend vir sy eerlike hantering van aktuele kwessies, tog is dit sensitief genoeg om nie aanstoot te gee nie. Sy boeke maak dit vir jong lesers moontlik om te verstaan waardeur ander tieners gaan en om ʼn kapasiteit vir empatie te ontwikkel."

Van Afrikaans gepraat en Finding Afrikaans deur Christo van Rensburg: ’n lesersindruk

Anke Theron Lesersindrukke 2019-06-20

"Dié twee veelsydige tekste verskaf hope inligting rondom die Afrikaanse taal en die herkoms daarvan. Hier word beslis deure oopgemaak ten opsigte van taalverwerwing en -bevordering."

Die Groot Jaco Jacobs-storieboek deur Jaco Jacobs: ’n resensie

Anke Theron Resensies 2019-05-23

"Dié boek is ideaal vir die beginnerleser, veral kinders tussen 7 en 12 jaar, en die verhale is gepas vir seuns én meisies. Daar is ’n goeie balans tussen die illustrasies en teks en dis ook verfrissend om te sien dat die illustrasies nie aangepas is om konsekwent te wees vir die omnibus nie."

Die dag toe die draak kom (vir seuns en vir meisies) deur Fanie Viljoen: ’n resensie van albei boeke

Anke Theron Resensies 2019-04-25

"Hierdie boeke is broodnodig binne die Suid-Afrikaanse konteks, omdat seksuele misdade teen kinders aan die toeneem is."

Kewerkoningin deur MG Leonard: ’n resensie

Anke Theron Resensies 2018-02-07

"Beslis ’n lekker vakansieleesprojek vir beide seuns en dogters wat van buitengewone avonture hou."

Elton die verskriklike April verloor dit deur Carin Krahtz: ’n boekresensie

Anke Theron Resensies 2018-02-06

"Dit is beslis ʼn lekker boek en is vir die jonger leser verteerbaar sonder om oppervlakkig of prekerig te wees. Hopelik hoor ons in die toekoms meer oor Elton April."

Die boosaardige broers Botha deur Adeline Radloff: ’n boekresensie

Anke Theron Resensies 2017-12-14

"Hierdie teks is besonders en is ’n waardevolle bydrae tot die Afrikaanse kinderliteratuurkorps."

Die Boendoesbaai-ding deur Rudi Venter: ’n resensie

Anke Theron Resensies 2017-10-31

"Anders as die tradisionele speurverhaal is hier nie ’n moord in die ware sin van die woord betrokke nie en kan hierdie speurverhaal die grondslag lê vir die jong leser om speurverhale te geniet."

Ink deur Ingrid Mennen, ’n resensie

Anke Theron Resensies 2017-05-11

"Hierdie boek bied ongetwyfeld iets nuuts vir die klassifisering van prenteboeke. Buiten die postmodernistiese aard kan dit gebruik word om ’n leeskultuur by jong kinders te bevorder."

Baas Baba deur Marla Frazee: ’n resensie

Anke Theron Resensies 2017-04-18

"Baas Baba is ’n lekker tong-in-die-kies boek vir toekomstige mammas, veral as daar ’n boetie of sussie betrokke is."

Top