
Goue lint, my storie begint: Watter boeke koop ek vir my gretige of sukkelende kinderlesers?
2025-03-17"Hoe weet jy of hierdie of daardie boek ’n goeie keuse vir die jong leser in jou lewe is? In hierdie aflewering van 'Goue lint, my storie begint' sal daar enkele riglyne gegee word oor waarna om te kyk en waarvoor om uit te kyk."

Goue lint, my storie begint: Die effek van lees op kinders se breine
2025-01-17"Lees is een van die vaardighede wat jou brein kan bemeester wat soms as vanselfsprekend aanvaar word. Ons verwag dit reeds van kinders vanaf sewejarige ouderdom om te kan lees. Maar wat presies gebeur in jou brein wanneer jy lees?"

Huisies vir muisies deur Chareldine van der Merwe: ’n resensie
2025-01-13"Hierdie boek is ideaal vir gebruik in kleuterskole en in die Grondslagfases (graad R tot 3) vir leestyd, veral wanneer kinders nog besig is om te leer lees en ook nie meer op die heel basiese leesvlak is nie. Dit skep ’n goeie trapleertjie na volwaardige leesboeke teen die einde van die Grondslagfase."

Goue lint, my storie begint: Kinder- en jeugboeke – film of boek?
2024-12-11"As leser het jy die vryheid van jou eie verbeelding om karakters, plekke en dinge te 'sien' soos jy dink en jou verbeel hoe dit moet lyk ... Die vraag wat eintlik gevra moet word, is watter medium vertel die storie die beste?"

Goue lint, my storie begint: Kunsmatige Intelligensie (KI) en kinderboeke
2024-11-22"Wanneer dit kom by taal en sosiale ontwikkeling, is menslike interaksie uiters belangrik. Interaksie met ’n ouer, waar die ouer die gesprek lei en opvolg met vrae oor die storie, oor die karakters en wat die kind op die bladsy sien en hoe die kind se ervarings vergelyk met die karakters s’n, kan nie deur KI-assistente of KI self vervang word nie."

Goue lint, my storie begint: Die impak van tegnologie op kinders en boeke
2024-10-16"Hierdie rubriek vel geen oordeel oor hoe jy verkies om jou leesstof te lees nie. Of hoe jy kies jou kind moet lees nie. Waarvan ouers, onderwysers en almal wat by kinders betrokke is, bewus moet wees, is hoe die gebruik van tegnologie hulle ontwikkeling kan beïnvloed."

Goue lint, my storie begint: Die mag van volwassenes se boekkeuses vir kinders
2024-09-25"Hoe kry jy ’n kind om ’n boek te lees? Maklik, die oudste truuk in die boek: 'Jy mag nie hierdie boek lees nie. Hoekom? Want ek het so gesê.' Klink dit bekend? Dit is hoe volwassenes mag uitoefen oor boekkeuses vir kinders."

Goue lint, my storie begint-rubriek: die waarde van illustrasies in kinderboeke
2024-08-14"In ons alledaagse lewe word ons gebombardeer met visuele tekste wat spreek tot ons begrip van prente, diagramme, vorms, kleure, ensovoorts. Dit is deel van die aandagekonomie van die moderne wêreld, veral die tegnologiese sosiale mediawêreld. En waar begin ons vir ons kinders leer hoe om sin te maak uit al hierdie visuele tekste? Dit is juis die antwoord wat illustrasies in kinderboeke vir ons bied."

Volwassenes moet lees sodat kinders stories kan vind
2024-07-15"Hoekom moet grootmense kinder- en jeugboeke lees? Volwassenes kan mos al lees, maar tog is die boeke wat vir jonger lesers geskryf en bemark word, van groter belang as wat daar besef word. Dit is dalk net die boek wat jy nodig het om weer iets wat verlore was, te vind."

Leesbegrip? ’n Kinderboek kan jou kind se wêreld oopbreek
2023-12-07"Die goue draad al die pad van die sukkelende resultate van leesbegripstudies, Ferdinand de Saussure se linguistieke teorie, tot waar ’n mooi prenteboek ’n verskil kan maak, eindig met ’n baie eenvoudige oplossing. As jy wil hê jou kind moet met begrip kan lees, lees vir hulle kinderboeke voor."

Die sleutel tot die vreugde en plesier van kinderboeke
2023-07-17"Gaan gryp ’n kinderboek en verkyk jou aan die prente. Verdiep jou in die storie en karakters. Dit is waar die genot van ’n lekker storie lê. Dit is die aangrypende karakters wat ’n boek met jou laat praat."

Boeke en ouderdomsaanbevelings vir jou kind
2023-06-08"Daar is ’n behoefte by volwassenes, ouers, onderwysers, oumas, oupas en almal wat ’n kinderleser in hul lewe het om ’n aanduiding van kenners (uitgewers, skrywers en spesialiste op die gebied) te kry in verband met wat hulle vir hul kinders aanskaf sonder om self die teks te lees."

Die Groot Sagmoedige Reus (GSR) is onder sensuur
2023-03-17"Duidelik is daar selfs onder die kundiges, ervare skrywers en beroemdes nie konsensus of die veranderinge goed of slegs is nie. Waarom dan die groot bohaai?"

Terug na ’n plek van gebed, ’n resensie van Die net is gebreek deur Chris van der Merwe
2023-01-17"Hierdie boek maak die menslike ervarings waarmee ons almal worstel, werklik en verstaanbaar. Verder lei die skrywer die leser stap vir stap aan die hand en volgens die Bybel terug na ’n plek waar gebed weer ’n toevlug kan word."

Vyf sekondes voor Vrydag deur Ihette Senekal: ’n boekresensie
2022-11-21"Kom ons gesels oor die ooglopende olifant in die vertrek: Dié is die hoeveelste boek oor ’n selfdegeslagverhouding tussen twee meisies in Afrikaans? Presies. Daar is beslis min."