Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2025

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Junie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

2 Junie

Boeke: Netwerk24 se topverkopers vir Mei

Resensie: Klapsoen van feit en fiksie loutere vreugde
Jonathan Amid resenseer Book people deur Paige Nick

Resensie: ’n Hofdrama uit die Boland
Anschen Conradie resenseer Die ooggetuie deur Wilna Roux

Resensie: Strydom leef en skryf liefde
Stefaans Coetzee resenseer Eendag is te ver deur Jaco Strydom

Uittreksel: Karlien van Jaarsveld se Riviere in die wildernis

4 Junie

Profiel: Markus Zusak se memoires vang troeteldierliefde en die waarheid vas
Zusak in gesprek met AJ Opperman

5 Junie

By my lees | Gerda Taljaard

9 Junie

Resensie: Conrad keurig in Afrikaans
Gert van der Westhuizen resenseer Hart van duisternis deur Joseph Conrad (Vertaler: Fransi Phillips)

Resensie: Onweerstaanbare teks herstel geloof in storie
Francois Bekker resenseer Twyfelbos deur Francois Loots

Boekevat: ’n Requiem vir ’n besonderse boekwinkel
’n Rubriek deur Ilza Roggeband

Resensie: ‘Skuld’ aangrypende debuut
Trisa Hugo resenseer Die skuld wat bloed betaal deur Sandra Skinner

11 Junie

Profiel: ‘Klaarte’ ’n bundel oor ouderdom, geskenk vir sy vrou, sê digter
Esterhuizen in gesprek met AJ Opperman

Boeke: ‘Binnerym van bloed’ onder 3 titels wat in ander tale die lig sien

12 Junie

By my lees | Johannes de Villiers

13 Junie

Profiel: ‘’n Voormoeder en boer by wie vroue vandag moed kan skep’
Francois Loots in gesprek met Murray la Vita

16 Junie

Uittreksel: Spoed en geheimhouding laat Pagad knak

Profiel: Jeug, rou en onthou in Cliffordene Norton se jongste jeugroman
’n Onderhoud deur Kelly-Lee Ohlson

17 Junie

By my lees | Fanie Viljoen

18 Junie

Vir jou dagboek: Johannes de Villiers se roman neem jou op ’n emosionele reis

19 Junie

Boekenuus: Schreiner Karoo-skrywersfees vier Nxuba se ryk kultuurtapisserie

Profiel: ‘Só het ek as kind deur vier lande tot in Suid-Afrika gestap’
Murray La Vita in gesprek met Popina Khumanda

23 Junie

Resensie: ‘Vere’ sterk romanse-debuut
Ilza Roggeband resenseer Wilde vere deur Hendie Grobbelaar

Resensie: Intelligensie onder die loep
Francois Bekker resenseer Die buro deur Henning van Aswegen

Boekevat: Grensoorlog se neerslag in Afrikaanse poësie
’n Rubriek deur Daniel Hugo

Resensie: ‘Gospel’ fyn netwerk van temas en motiewe
Joan Hambidge resenseer The nicotine gospel deur Sven Axelrad

Uittreksel: ‘Daar is ’n geheime wiskundige in ons almal’

Kyk weer: Regter Edwin Cameron gesels oor sy boek ‘Behind prison walls’

24 Junie

By my lees | Audrey Jantjies

25 Junie

Sterfteberig: Skrywer C Johan Bakkes sterf

In memoriam: Enigmatiese C Johan Bakkes het die woorde ‘leef voluit’ vervolmaak

26 Junie

Boeke: De Lange en Breytenbach gehuldig op 14de Tuin van Digters

27 Junie

Profiel: ‘As jy twyfel, verloor jy iets wat jy nooit weer gaan terugkry nie’
John Connolly in gesprek met Murray La Vita

Boekenuus: JM Coetsee ontvang eerbewys van Koning Charles

Boekenuus: Digterbroers se huis in Sutherland eersdaags weer oopgestel vir publiek

28 Junie

Boeke: Petrovna Metelerkamp se ‘Sjoe!’ is ’n boek vol mensestories

30 Junie

Resensie: ‘Rachel April’ intense, deurdringende donker
Willemien Aukema resenseer Die dood van Rachel April deur PP Fourie

Boekevat: Hans Bornman, die geheue van die Laeveld
’n Rubriek deur Johann Lodewyk Marais

Uittreksel: ‘Só is taal 80 000 jaar gelede in die woestyn uitgevind’

Boekenuus: 2 SA skrywers gaan in residensie in België

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Junie op LitNet verskyn:

’n Teologiese besinning oor Annemarie van Niekerk se Onder ’n bloedrooi hemel

Ecce deus! deur Johan Retief: ’n lesersindruk

Monsterhare deur Jaco Jacobs: ’n lesersindruk

Speurhond Willem in Japan deur Elizabeth Wasserman: ’n kinderboekresensie

Twee boeke oor die leuens wat wit mense glo: ’n resensie

François Loots se Twyfelbos sleur mee: ’n lesersindruk

Dink jouself gelukkig – verander jou denke, verander jou lewe deur Pieter van Jaarsveld: ’n resensie   

Vyfsterboek! Die ooggetuie deur Wilna Roux, ’n lesersindruk

François Loots se Twyfelbos is ’n Pierneef-skildery: ’n lesersindruk

Spud: The reunion deur John van de Ruit: ’n resensie

Lees en kyk met begrip vir Afrikaans Huistaal-leerders in graad 7: ’n onderhoud met Aletha de Klerk

Ligstrale van hoop deur Veronique Joseph: skrywersonderhoud en persoonlike boekindrukke

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Junie in Rapport verskyn:

Resensie: Tussen die boom en jóú bas – ’n filosoof en ’n avonturier gaan kroeg toe
Clari Niemand resenseer The great tree story: How forests shaped our world deur Levison Wood

Resensie: Onderskat Christelike romans hul lesers?
Trisa Hugo resenseer Die jare tussen ons deur Jozine Botha

Resensie: Heerlike hofdrama duik in waar die drake is
Erla-Mari Diedericks resenseer Die ooggetuie deur Wilna Roux

8 Junie

Resensie: Dié boek is g’n preek, dis ’n nuwe jy – een dag op ’n slag
Marzahn Botha resenseer Expansive deur John Sanei en Erik Kruger

Resensie: Om met moord weg te kom: Twee SA lords teen ’n diktator
André Stemmet resenseer 28 Londres Street deur Philippe Sands

Resensie: Topverkoper kry ’n verjongingskuur, maar hoekom voel die mense so oud?
Christelle Wessels resenseer Woestynblom deur Kristel Loots

15 Junie

Resensie: Hoe dit voel om vir jou moordenaar musiek te maak
Joan Hambidge resenseer The women’s orchestra of Auschwitz deur Anne Sebba

Resensie: Akteur Arnold kry rol van ’n leeftyd in skreeusnaakse speurverhaal
Jonathan Amid resenseer An act of murder deur Tom Eaton

22 Junie

Resensie: Skakel af jou slimfoon en lees dié boek – dis met liefde geskryf
Andries Visagie resenseer Twyfelbos deur Francois Loots

Resensie: Die gek besluite oor Covid-19: hier’s my geskenk aan Dlamini-Zuma
Loftus Marais resenseer In Covid’s wake: How our politics failed us deur Stephen Macedo en Frances Lee

Resensie: Waarom voel Louw so vreemd? Jong lesers kan help uitvind
Magdel Vorster resenseer Breinlabirint deur Francois Bloemhof

29 Junie

Resensie: Hoekom is Rachel se duim afgesny? Dié verhaal laat jou aanhou raai
Stefaans Coetzee resenseer Die dood van Rachel April deur PP Fourie

Resensie: My diensplig, my pa se oorlog – ons sinne uit die waansin
Johan van Zyl resenseer We two from heaven deur James Whyle

 Die volgende resensies en onderhoude het in Junie onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.

1 Junie   

Boekresensie: Binnerym van bloed deur Antjie Krog
In die proses is Binnerym van bloed Krog waarskynlik op haar blootgestelste en tegelyk ’n roman wat met groot vaardigheid bestuur word, skryf Johan Myburg.

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-binnerym-van-bloed-deur-antjie-krog/

8 Junie

Luister | Nalatenskapjoernaal vir mans wil help om stories te bewaar
“Mense voel dat hulle lewensverhale nie eintlik belangrik is nie, maar my ma s’n is ’n gewone storie. Sy het geskryf oor hoe sy oor alledaagse dinge dink en voel.”

Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-nalatenskapjoernaal-vir-mans-wil-help-om-stories-te-bewaar/

11 Junie

Tydlose handleiding vir Bybelgegronde ouerskap
Dié gids bied praktiese riglyne oor effektiewe kommunikasie, gesag in liefde en die vorming van ʼn kind se hart volgens Bybelse beginsels.

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/tydlose-handleiding-vir-bybelgegronde-ouerskap/

18 Junie

Rubriek | Laat hulle …
Mel Robbins se topverkoperboek The let them theory het haar gehelp verstaan dat ander mense se gedrag werklik niks met haar te doen het nie, skryf Leonie Bezuidenhout.

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/rubriek-laat-hulle/ 

19 Junie

Liefde die brugbouer in Treur ontmoet Troos
Elkeen wat met die tipiese menslike ervaringe van verlies, rou en die soeke na berusting te doen het, sal dit as meer as aangrypend ervaar.  

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/liefde-die-brugbouer-in-treur-ontmoet-troos/

22 Junie

Afrikaans se storie gespesery met unieke stemme
Afrikaans is gekrui en gespesery met die mooiste klanke, uitsprake en uitdrukkings wat in die mond van veelvuldige stemme saamgevoeg is.

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/afrikaans-se-storie-gespesery-met-unieke-stemme/

25 Junie

Op reis saam met Bakkes
Johan Bakkes was ʼn groot, indrukwekkende figuur met sy kenmerkende velhoed, los hemde, kleurryke armbande en Simson-lokke.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/gaan-saam-op-reis-met-bakkes/

(Hierdie onderhoud met C Johan Bakkes is oorspronklik op 20 Maart 2024 gepubliseer. Dit word as ’n huldeblyk aan die skrywer weer gedeel, wat Dinsdag 24 Junie in die ouderdom van 68 dood is.)

28 Junie

Luister | Dié vredemaker loop die pad saam met God
“As ek en jy vrede het met wie ons is, dan loop ons die wêreld as heel mense in en dit help om die wêreld ʼn beter plek te maak.”

Luister hier na die volledige onderhoud: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-die-vredemaker-loop-die-pad-saam-met-god/      

Woensdag 4 Junie

 André P Brink sou op 29 Mei 2025 sy 90e verjaarsdag gevier het. Ons onthou hierdie groot skrywer met ‘n huldeblyk, wat Ina Strydom in 2015 oor hom gemaak het. Zelda Bezuidenhout gesels oor die rolprent wat gemaak is van haar boek, Die dekonstruksie van Retta Blom. In Johan Myburg se internasionale bydraes kan jy meer uitvind oor die splinternuwe klimaatprys, en ‘n twiet wat die Australiese skrywer, Karen Wyld, ’n prys gekos het. Hy bring ook hulde aan Ngũgĩ wa Thiong’o, die Keniaanse skrywer, wat onlangs oorlede is.

Woensdag 11 Junie

Die boek-smaakmaker, Anchen Conradie, gesels oor tien boeke wat sy nooit sal vergeet nie. In Johan Myburg se internasionale insetsels bied hy ’n interessante perspektief op The great Gatsby, wat vanjaar 100 jaar gelede vir die eerste keer verskyn het, en bring hulde aan die Amerikaanse skrywer, Edmund White. Johan het ook nuus oor The Women’s Prize for Fiction se eerbetoon aan Bernardine Evaristo, en ’n ope brief deur meer as 380 skrywers en organisasies wat hulle uitspreek teen die oorlog in Gasa.

Woensdag 18 Junie

Ilse Salzwedel gesels met Francois Bekker oor sy leeslysie. Daar is oa twee biografieë, een oor Van Zyl Slabbert, en ‘n outobiografie deur Tony Leon. Hy gee ook sy indrukke van Francois Loots se roman, Twyfelbos, en die spanningsroman, Lens, deur Gert Coetzee. En vir aanhangers van ware misdaadverhale het hy iets oor die Amerikaanse reeksmoordenaar, Ted Bundy. Ilse gesels ook met Anneke Langner, skrywer van Platsak maak ’n plan, wat sy op universiteit geskryf het, en wat ook vir skole voorgeskryf is. Johan Myburg bring hulde aan Frederick Forsyth, wat verlede week oorlede is, en vertel meer oor die Duitse skrywer, Thomas Mann, wat in 1929 met die Nobelprys bekroon is.

 Woensdag 25 Junie

Het verhale, wat van ons lesers gemaak het, soos Liewe Heksie en Huppelkind, nog ‘n plek in Afrikaanse kinderharte? Beslis, sê Magdel Vorster, ’n kinderboekkenner wat hierdie verhale self beproef het op ’n klompie kinders. Johan Myburg gesels oor die wenner van die Womens’ Prize for Fiction (The Safekeep), die Walter Scott-prys vir historiese fiksie, en ‘n nuwe boek deur Taylor Jenkins Reid.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi

Dinsdag 3 Junie

Cintaine Schutte vier die lewe in volkleur met gedigte oor kleure.

Dinsdag 10 Junie

Daniel Hugo vertel van sy 17de bundel, Kategismus. Dis ’n versameling propvol temas waarvoor Hugo al oor die jare bekend geword het: hy dig oor die Godheid, die digkuns self, die natuur, die liefde vir sy beminde en – ná sy onlangse 70ste verjaarsdag – ook oor die mens se sterflikheid. Maar meestal is dit ’n bundel “vol verwondering oor die hier en nou”, soos daar op die agterflap geskryf staan.

Dinsdag 17 Junie

Wat maak van iemand ’n ikoon? ’n Legende? Wie is (en was) die werklike ikone van ons tyd? Roeline Daneel lees gedigte voor oor groot figure wat ons nooit sal vergeet nie – mense soos prinses Diana, Freddie Mercury, Muhammad Ali en Desmond Tutu.

Dinsdag 24 Junie

Die kortverhaal- en rubriekskrywer, André le Roux, se tweede digbundel het ná 47 jaar die lig gesien. Sophia van Taak praat met hom oor hierdie versameling, Liefde en verset, en hoor ook waarom alle digters eintlik moet houtwerk doen.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

10 Junie

Resensie: Ontbloot deur Marthé McLoud
Resensent: Joan Hambidge

12 Junie

Onderhoud met Marthé McLoud oor Ontbloot

23 Junie

Resensie: Dwaaldae deur Andrea Sieberhagen
Resensent: Marlies Taljard

25 Junie

Resensie: Klaarte deur Louis Esterhuizen
Resensent: Ihette Senekal

Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in Junie verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Janet Barry oor haar kinderboek, Pangolin prophesy

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Juliet E Prowse oor haar boek, Juliet Prowse: Born to dance, The extraordinary life story of my aunt

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Jean du Plessis oor sy foto’s in die boek, Wildlife of Serengeti & Ngorogoro Conservation Area

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Rudie van Rensburg oor Leeumens

Boeke: Marzanne Schoeman se indruk van die Franschhoek Literêre Fees

Resensie: Alida Vos resenseer Jaco Fouché se Die katartiese metode

Resensies: Drie boeke waarin jy wonder wat die skoonmaker gesien het

  • Irma Steffens resenseer The Cleaner deur Mary Watson
  • Carmen Defty resenseer The Maid deur Nita Prose
  • Alida Vos resenseer The woman inside deur MT Edvardsson

Resensie: Antoinique van Staden resenseer Siphiwe Gloria Ndlovu se roman, The creation of half broken people

Uittreksel: Leeumens deur Rudie van Rensburg

Resensies: Phyllis Green resenseer 3 resepteboeke met stories

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top