François Loots se Twyfelbos is ’n Pierneef-skildery: ’n lesersindruk

“Die stryd rondom seksualiteit, werkloosheid, liefde, pyn en verlies word kunssinnig vervleg in elkeen van die karakters wat opstaan tussen die blaaie om jou leefwêreld vir 263 bladsye lank binne te dring.”