Speurhond Willem in Japan deur Elizabeth Wasserman: ’n kinderboekresensie

“Die Speurhond Willem-boeke neem lesers op spannende én snaakse speuravonture, maar is en bly in wese reisverhale. Wasserman slaag nes met haar Elf dae-tienerreeks met hierdie reeks steeds uitstekend daarin om vir nege- tot twaalfjariges feit en fiksie kreatief te kombineer en pakkende stories te skep en te vertel, én haar lesers daarmee te vermaak.”