Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Januarie 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Januarie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 Januarie
Luisterboek: ‘Skatryk’ deur Johan Fourie
Onderhoud: Petrovna Metelerkamp tot haar ‘stomme verbasing 80’
Metelerkamp in gesprek met AJ Opperman
8 Januarie
Resensie: Mans, tree toe tot die stryd
Anschen Conradie resenseer Geweld teen vroue deur Bernard Lategan, Jody Hendricks, Willemien Brümmer e.a.
Resensie: Profetiese gesange onthuts
Jonathan Amid resenseer Prophet Song deur Paul Lynch
Resensie: Welkom in Beukes se dal van dissonansie
Willemien Aukema resenseer Bridge deur Lauren Beukes
Boeke: Netwerk24 se topverkopers vir Desember
9 Januarie
Boeke: Pieter Odendaal se toneelstuk ‘Droomwerk’ in boekvorm uitgegee
11 Januarie
Boeke: Aansoeke ingewag vir Paulet-huis, dié plek vir skrywers
13 Januarie
Boeke: 25 jaar van Van Heerden-versameling in Gent gevier
15 Januarie
Resensie: ’n Herinnering aan unieke klank-masjinerie
Louise Viljoen resenseer G deur Klara du Plessis en Khashayar “Kess” Mohammadi
Boekevat: Boeke as veelvuldige huishoudelike toestelle
’n Rubriek deur Jo Prins
Sterfteberig: Skrywer en illustreerder van kinderboeke Niki Daly sterf
17 Januarie
Onderhoud: Digter dra sy jongste digbundel op aan sy ma, wat verlede jaar dood is
AJ Opperman in gesprek met Clinton V du Plessis
18 Januarie
Boeke: Boeke wat vanjaar die lig sien
22 Januarie
Resensie: Tegno-riller pak kapitalisme
Jonathan Amid resenseer The Future deur Naomi Alderman
Resensie: Vol humor met ’n groot hart
Ilza Roggeband resenseer Anxious People deur Fredrik Backman
Resensie: Prosa soos lug wat kaats in ’n Escher-poel
Joan Hambidge resenseer The Pole and Other Stories deur J.M. Coetzee
Boekevat: Om ’n brekfisbier te lig op SA se ‘goue seun’
’n Rubriek deur Jean Meiring
Boeke: Veel groter Stilbaai-boekefees in Februarie terug
23 Januarie
Onderhoud: Prof. Louise Viljoen oor ‘Ingrid Jonker: Die papie roer en ek word digter’
26 Januarie
Boeke: Literêre fees weer in Mei in Franschhoek
Boeke: Hoogleraars verder op die brug tussen SA, Afrikaans en Lae Lande
29 Januarie
Boekevat: Die lewe is draaglik as mens ‘bietjie dronk is’
’n Rubriek deur Jean Meiring
Resensie: Die chaos, trauma van pyn
Joan Hambidge resenseer Notes from the Body [Duncan Brown, Kobus Moolman & Nkosinathi Sithole (reds.)]
Resensie: ‘Erfdeel’ ’n tydlose herdruk
Anschen Conradie resenseer Erfdeel: Koos du Plessis
Resensie: Poëtiese joernaal van ’n ‘aweregse digter’
Neil Cochrane resenseer Joernaal deur Clinton V du Plessis
Onderhoud: Koos Doep se Mornay praat oor herdruk van versamelde werke
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Januarie op LitNet verskyn:
Van toeka af die toekoms in deur Angelique van Niekerk en ander: ’n resensie
Die Melkweg en die miskruier deur Jeanette Ferreira: ’n resensie
Soos die kraai vlieg deur Christiaan le Roux, voorgelees deur Anrich Herbst: ’n lesersindruk
Diensplig: Hoekom stotter ons pa’s so? deur Anelia Heese: ’n resensie
How to hide inside a three deur Jane van der Riet: ’n lesersindruk
Moerasperd deur die nag deur Louis Jansen van Vuuren: ’n resensie
Vertellings uit die vergetelheid deur Danie Schoeman: ’n lesersindruk
Clinton V du Plessis se Joernaal oorweldig met geleefde ervarings: ’n lesersindruk
In die rede geval – waarom die mens mites maak deur Charl-Pierre Naudé: ’n resensie
Muse deur Jacques le Roux: ’n lesersindruk deur Louise Viljoen van Jeffreysbaai
Estelle Kruger in gesprek met Dietloff van der Berg oor sy bundel poësie en liefdesverse van Rumi
Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Januarie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
7 Januarie
Oorsig: “Vars leeslessers vir die nuwe jaar”
14 Januarie
Resensie: Erf en elders deur Kleinboer (resensent: Mellet Moll)
21 Januarie
Resensie: Moerasperd deur die nag deur Louis Jansen van Vuuren (resensent: Hein Viljoen)
Resensie: Outopsie: Bloed vertel ’n storie deur Hestelle van Staden (resensent: Stefaans Coetzee)
28 Januarie
Resensie: Minder as water deur Morné Malan (resensent: Jonathan Amid)
Daar het geen resensies in Januarie op Maroela Media verskyn nie.
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van François Lion-Cachet.
Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.
5 Januarie
Kerneels Breytenbach: Varke in Hollywood, ontbering in Siberië, klein genades en groente (vryeweekblad.com)
Joan Hambidge: Portugese en Suid-Amerikaanse fiksie met skop (vryeweekblad.com)
Juliana Coetzer: Geliefde boeke wat herbesoek word (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Vakansieromanse: boeke by die Kerskoek (vryeweekblad.com)
12 Januarie
Celeste Theron: Semen as antidepressant en verjongingskuur (vryeweekblad.com)
Nadine Petrick: Young gun en branderjaer Joha van Dyk (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmaiur: Goue seuns: Monoloog in stereo en die seksobjek van ’n stapelgek cougar (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Gifpenne, skinderstories, ’n konsistoriekoekie en ’n blaaiboek (vryeweekblad.com)
Louis Gaigher: Om ander se lewens af te luister (vryeweekblad.com)
19 Januarie
Mercia Burger: Geknakte rugkante en beduimelde blaaie (vryeweekblad.com)
Eben Venter: Sodat niks van die kosbaarheid verlore gaan nie (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: ’n Botter-advertensie en Ierse waansin (vryeweekblad.com)
Joan Hambidge: Blind en verborge: Jorge Borges se ‘descolocada’ (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: ’n 91-jarige se debuut, katte, oëverblindery en brandrissies (vryeweekblad.com)
26 Januarie
Deborah Steinmair: Verlies draf in jou spoor soos ’n straatbrak (vryeweekblad.com)
Louis Gaigher: Skrywers benodig ’n yssplinter in die hart en ’n greintjie dwaasheid (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Wraak, vlieënde varke, die toekoms en ’n lang epiese gedig (vryeweekblad.com)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Januarie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 3 Januarie
In die laaste oorsigtelike gesprek oor 2023 se boekhoogtepunte, gesels Ilse Salzwedel met Jonathan Amid, boekresensent en manuskripontwikkelaar. Jonathan het ’n wonderlike lys boeke, wat romans, jeugboeke, misdaadfiksie en ook Engelse boeke deur verskeie Suid-Afrikaanse skrywers insluit. Hou gerus ’n pen en papier byderhand – daar is beslis iets vir almal se smaak.
Woensdag 10 Januarie
Ilse Salzwedel gesels met oud-joernalis, skrywer, biograaf en uitgewer Petrovna Metelerkamp, wat onlangs 80 jaar oud geword het, oor haar interessante loopbaan en pad met boeke. Johan Myburg vertel watter bekendes in die boekwêreld vanjaar weer ingesluit is in die lys Nuwejaarvererings van die Britse koningshuis. Hy vertel ook meer oor Bound to Violence, ’n roman van die Malinese skrywer Yambo Ouologuem wat in 1968 verskyn het en nou weer uitgegee word. En hoekom is Bonnie Garmus se 2022-debuutroman Lessons in Chemistry so gewild?
Woensdag 17 Januarie
Ilse Salzwedel se gas is Marita van der Vyver, skrywer van 30 boeke, wat kinderboeke, jeugboeke en romans soos Griet skryf ’n sprokie, Wegkomkans en Laaste kans insluit. Hulle kyk terug op Marita se loopbaan wat oor meer as 40 jaar strek. Johan Myburg gesels oor die kortlys vir die Rathbone Foliopryse en het nog ‘n lys internasionale boeke waarna lesers kan uitsien. Daar is selfs ‘n roman uit die pen van Keanu Reeves.
Woensdag 24 Januarie
Ilse Salzwedel se gas is Irma du Plessis, dogter van wyle Koos du Plessis, die sanger en liedjieskrywer. Irma is die samesteller van Erfdeel: Versamelde werke van Koos du Plessis, wat onlangs heruitgegee is. Johan Myburg gesels oor die langlys van die Dublin-letterkundeprys, en stel ons voor aan die wenner van die T.S. Eliotprys vir poësie, Jason Allen-Paisant. Johan vertel meer oor die teistering deur die Russiese regering wat die Russiese misdaadfiksieskrywer, Boris Akunin, moet verduur. Jy kan ook meer uitvind oor Niki Daly, geliefde Suid-Afrikaanse kinderboekskrywer en -illustreerder, wat onlangs oorlede is.
Woensdag 31 Januarie
Justin Fox vertel vir Ilse Salzwedel meer oor Place: South African Literary Journeys, sy literêre reisboek oor die plekke wat nege prominente Suid-Afrikaanse skrywers se skryfwerk beïnvloed het. Onder hulle is J.M. Coetzee, Dalene Matthee, Eugene Marais en Deneys Reitz. Theo Kemp van die Jakes Gerwel-stigting vertel wat hulle alles vir vanjaar beplan. Vir die 90e herdenking van die geboortedag van Hennie Aucamp kan jy luister na ’n argiefonderhoud uit 2010, vier jaar voor sy dood.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Januarie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 2 Januarie
Hier vroeg in 2024 luister ons op Vers en Klank na gedigte wat netsowel as nuwejaarsvoornemens of leuses vir die lewe kan dien. Die voorleser is Susanne Beyers.
Dinsdag 9 Januarie
Ons vier die heerlike somerdae deur na gedigte oor die son te luister. Die voorler is Nicole Holm.
Dinsdag 16 Januarie
Op Vers en Klank gesels Sophia van Taak met die bekende reisjoernalis en fotograaf Toast Coetzer oor “spoken word”, of dan nou soos ons dit in Afrikaans noem: die gesproke-woord-digkuns. Toast skryf al vir dekades lank hierdie soort gedigte en dit dien ook as lirieke vir die musiek wat hy al op verskeie albums saam met sy groep, The Buckfever Underground, opneem het.
Dinsdag 23 Januarie
Voorleser Johann Nel neem ons op ’n reis terug na die oertyd van die aarde. Jy kan uitsien na gedigte oor fossiele en ander prehistoriese verskynsels deur, onder andere, Antjie Krog, Cas Vos, Johann Lodewyk Marais en Ina Rousseau.
Dinsdag 30 Januarie
Johann Nel lees weer gedigte voor oor fossiele en ander prehistoriese verskynsels.
Boekkeuse, Fine Music Radio
Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde. Daar word twee episodes per maand vrygestel. ’n Podsending is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/
Dinsdag 2 Januarie
Die afgelope jaar was ’n blomjaar in die Afrikaanse poësie en om dit te vier, het Joan Hambidge, ons veel gewaardeerde resensent haar keuse van die jaar gemaak.
- Inleiding: Joan Hambidge – die 2023 poësie jaar
- Bespreking: Naomi Morgan en Bernard Odendaal se Chanson omdigtings van Piaf & Brel: Luisterryk! (Naledi).
- Bespreking: Ontaard deur Pieter Odendaal. (Tafelberg).
- Bespreking: Johann Lodewyk Marais – Sirkelgang. (Naledi).
- Bespraking: Louise Cilliers - Konstantinos P. Kavafis se Van Alexandrië na Ithaka. (Naledi.)
- Bespreking: Hein Viljoen - Vyf kleur blou. (Naledi).
- Bespreking: Leon Strydom – Mensig. (Imprimatur).
- Bespreking: Louis Jansen van Vuuren - Moerasperd deur die nag. (Naledi).
- Bespreking: Jerzy Koch – Polkadraai. (Turksvy).
Dinsdag 16 Januarie
- Onderhoud: Amanda Botha met Jaco Jacobs oor sy kinder-en jeugboeke, spesifiek Die meisie met vlerke.
- Bespreking: Joan Hambidge – Jaco Jacobs se Spagettiboom.
- Bespreking: Antoinette Coetzee – Irna van Zyl - Kwaaiwater (Human & Rousseau).
- Bespreking: Elmarie Waldman – Amore Bekker - Ek het ’n engel gesien. (Naledi).
- Bespreking: Joan Hambidge - Rumi- Liefdesverse en ander aanhalings. (Naledi).
- Bespreking: Joan Hambidge – Robert Schall se vertaling van Johann Wolfgang Faust se Worsteling met die duiwel. (Naledi).
- Bespreking: Antoinette Coetzee – Nataniël se Help! Help! Sy bundel met 29 stories. (Human & Rousseau).
Dinsdag 30 Januarie
- Onderhoud: Amanda Botha met Adriaan Basson - Who will rule South Africa? (Flyleaf Publishing)
- Onderhoud: Amanda Botha met Reinette Lombard - ‘n Tippie-reeks, skryf en uitveeboekiesm (Lapa)
- Bespreking: Joan Hambidge - H.J. Pieterse - Reinaard die vos (Protea Boekhuis)
- Bespreking: Joan Hambidge - Kobus Lombard – Sandskrif (Imprimatuur)
- Bekendstelling: Amanda Botha - Die papie roer en ek word digter, ’n versamelbundel wat fokus op die digterskap van Ingrid Jonker. (Protea Boekhuis)
- Voorlesing: A J Opperman lees drie verse uit die versamelbundel – Die papie roer en ek word digter
- Voorlesing: A J Opperman lees drie verse uit die versamelbundel – Die papie roer en ek word digter (Protea Boekhuis)
- Voorlesing: Joan Hambidge –Versindaba het ’n kompetisie aangebied oor landskap verse. Die wenners is Ilse van Staden, Joan Hambidge en Dietloff van den Berg.
- Bespreking: Amanda Botha. Voorlesing: Eon de Vos - Koos du Plessis se Versamelde Werke – Erfdeel – 40 jaar later (UJ Press)
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
5 Januarie
Resensie: Marlies Taljard resenseer Sandskrif deur Kobus Lombard
17 Januarie
Resensie: Marlies Taljard resenseer I wish I’d said … Vol. 6. Johann de Lange & Agnes Mawela (Reds.)
Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Januarie verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Jeanette Ferreira oor Die Melkweg en die Miskruier
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Sjaka S. Septembir oor Die bardo van Biko April
Sewe uiteenlopende boeke waarin die pandemie ’n rol speel:
- Alida Vos resenseer They got to you too deur Futhi Ntshingila
- Gert Venter resenseer The Madness of Crowds deur Louise Penny en Blood Trail deur Tony Park
- Deidre Reinhardt resenseer Tom Lake deur Ann Patchett
- Antoinique van Staden resenseer Breathless deur Cathy Donald en Bamboozled deur Melinda Ferguson
- Karien Labuschagne resenseer The Jealousy Man deur Jo Nesbo
6 Boeke vol humor, wenke en deernis oor hoe mense die lewe benader:
- Ilze Crous resenseer It’s not a big thing in life deur Arnie Witkin en A Nun and the Pig deur Treive Nicholas
- Mariette Postma resenseer What Happened deur Hanif Kureishi
- Danica Gouws resenseer Here’s the thing deur Haji Mohamed Dawjee
- Alida Vos resenseer Hustling, Happiness, and a Blow-up Doll Named Percy deur Dale Hefer
- Linda Volschenk resenseer How I learned to understand the world deur Hans Rosling
7 Spanningsvolle verhale oor die bonatuurlike:
- Sonja van der Westhuizen resenseer When we were birds deur Ayanna Lloyd Banwo
- Irma Steffens resenseer The Accidental Medium, The Gin Palace deur Tracy Whitwell
- Karien Labuschagne resenseer The Family Business deur Jonathan Sims en Three Bodies deur NR Brodie
- Antoinique van Staden resenseer The errors of Dr Browne deur Mark Winkler
- Alida Vos resenseer Hare House deur Sally Hinchcliffe
Resensie: Liani Jansen van Rensburg vertel meer oor vier geskiedkundige skrywers en hulle boeke
Resensie: Antoinique van Staden resenseer François Bloemhof se Ludo Labuschagne wiedoenit-reeks
6 Boeke oor die besluite wat mense neem wat jou laat kopkrap
- Michael Green resenseer The Last Jukebox Heroes deur Stefan Schutte
- Antoinique van Staden resenseer The Warlow Experiment deur Alix Nathan
- Olga Krügel resenseer The Measure deur Nicki Erlick
- Sonja van der Westhuizen resenseer Drie deur Hans Pienaar
- Tina Swiegers resenseer The Black Dress deur Deborah Moggach
- Mariette Postma resenseer Find Me deur André Aciman
5 Diverse boeke oor moederskap
- Irma Steffens resenseer The Leftover Woman deur Jean Kwok
- Antoinique van Staden resenseer Amazing Grace Adams deur Fran Littlewood en Outlawed deur Anna North
- Nadia de Jongh resenseer Mothers and Daughters deur Erica James
- Deidre Reinhardt resenseer My Darling Daughter deur JP Delaney
Uittreksel: Poskaarte van ’n reis deur Jacqueline Leeuvennink