Moerasperd deur die nag deur Louis Jansen van Vuuren: ’n resensie

“Louis Jansen van Vuuren is ’n digter vir wanneer ’n mens wil wegbreek uit minimalisme en liewer die volheid van die lewe wil vier. Die bundel is ’n wilde perd met ’n saal op sy rug. Dit is uitbundig, maar daar is ’n hand wat beheer.”