Gekaapte stad deur Martin Kruger: ’n lesersindruk

“Hierdie benadering laat ’n mens dink aan die onderliggende veronderstelling van die surrealisme dat daar ’n dieper, inherente betekenis onder die oppervlak van alledaagse voorwerpe, of in ’n mens se onderbewuste, geleë is wat soos die sogenaamde objet trouvè net gevind moet word sodat dit dan in ‘sy eie taal’ met ons kan praat.”