Pasgelaai
Aardklop-toekennings 2018: Wenners bekendgemaak
2018-10-05"Na hierdie Aardklop-week, van grootse teater en selfs groter diepte voel ons verander, verbeter, verryk. Geluk aan al die kunsmakers, teatermakers en vermakers!"
Annie Klopper “sing soos sy gebek is”
2018-10-05"Die konstante interaksie tussen feit en fiksie plaas weer eens klem op die outentieke aard van die roman, iets wat Annie, met verwysing na hip-hop, beskryf as 'keeping it real'." Lees hier oor Ryan Pedro se gesprek met Annie Klopper en kyk ook na ’n video-opname van die gesprek.
Aardklop-toekennings 2018: genomineerdes bekendgemaak
2018-10-05“Die kreatiwiteit en gehalte van die werk by vanjaar se fees het ons genoop om ekstra toekennings te gee.” Hier is die genomineerdes!
Aardklop 2018: Olu Oguibe deel van visuelekunsprogram
2018-10-05"Konseptuele kunstenaar Olu Oguibe se blombedding van 23 meter met 4 000 lewende pienk en wit petunias herdenk elke jaar van Nokuphila Kumalo se kortstondige lewe, en roer ook die kwessie van geslagsverwante geweld aan."
Etienne van Heerden Veldsoirée 2018: fotogalery (4/4)
2018-10-04Vanjaar se Etienne van Heerden Veldsoirée, wat onlangs in Cradock en Somerset-Oos aangebied is, het ’n Kelderkelkie vir die organiseerders en besoekende skrywers in die kelder van die Victoria Manor Hotel aangebied. Foto’s is deur Izak de Vries, Johan Kotzé en Etienne van Heerden verskaf.
Etienne van Heerden Veldsoirée 2018: fotogalery (3/4)
2018-10-04Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée is pas verby, en lesings en voordragte is onder meer in die Victoria Manor Hotel op Cradock en by Buffelshoek Dirosie Lodge buite Cradock aangebied. Foto’s is bygedra deur Johan Kotzé, Amy Coetzer, Izak de Vries, Etienne van Heerden en Menán van Heerden.
Etienne van Heerden Veldsoirée 2018: fotogalery (2/4)
2018-10-04Tydens die pas afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée is ’n veldskool vir ontwikkelende skrywers in die Victoria Manor Hotel op Cradock aangebied. Veldsoiréegangers het ook vanjaar ’n middag in Somerset-Oos deurgebring, in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting. Foto’s is verskaf deur Amy Coetzer, Johan Kotzé, Izak de Vries en Etienne van Heerden.
Etienne van Heerden Veldsoirée 2018: fotogalery (1/4)
2018-10-04Tydens die onlangse Etienne van Heerden Veldsoirée, deur Darryl David georganiseer, het soiréegangers die Cradock Vier-gedenktuin by Cradock, die Olive Schreiner-graf op Buffelshoek in die distrik, en die Walter Battiss-museum in Somerset-Oos besoek. Dit was die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée, en Izak de Vries, Amy Coetzer, Johan Kotzé en Etienne van Heerden het foto’s geneem.
Dingleton
2018-10-04"Die twee drink hulle tee in doodse stilte. Elke keer as ’n koppie op ’n piering neergesit word, breek dit die spanning soos ’n kind se gegiggel gedurende nagmaal."
Space inhabited by echoes by Karen Jennings: a review
2018-10-04"Despite flaws in Jennings's poetic technique, the subject matter and the intimacy of her perspective results in insightful, sensitive and forthright poems."
Die tweestryd
2018-10-04"Die donker, dink ek, bestaan uit sy eie. Dit was daar voor die lig in ontploffings ontstaan het, en dit sal daar wees wanneer alles weer in een punt inkrimp en verdwyn. Die donker bestaan ongeag enigiets. Selfstandig. Absoluut. Die lig, daarenteen, ontstaan slegs vanuit ’n bron."
’n Onderhoud met Eloïse Cupido
2018-10-04"Dink Vetkoekpaleis, Ontbytsake en Proesstraat. Eloïse Cupido is ’n veelsydige kunstenaar wat enigiets kan doen waarop sy haar toespits; van stemkunstenaar tot toneelspel en meer onlangs ook sangeres. Alles wat dié Overbergse nooi haar hand aan waag, is gelaai met energie en deursettingsvermoë."
Jakes Gerwel se skrywersnalatenskap
2018-10-03"Vanaf 2019 beoog die Jakes Gerwel-stigting om nuwe skrywers by die huis te verwelkom in ’n projek wat broodnodig in Suid-Afrika is. Hierdie skrywers word dan in verbinding geplaas met gevestigde skrywers wat hulle van praktiese raad bedien, hulle help om hul werk te verbeter en oor die algemeen as mentors optree."
Persvrystelling: Leierboere besin by Aardklop oor grondhervorming
2018-10-03"Kabous Meiring lei vanaand, 3 Oktober, ’n gesprek oor plattelandse herlewing. Ivor Price se paneelgesprek Donderdagaand gaan oor die plase van die toekoms, en Vrydagaand oor die rol van landbou-organisasies ná die 2019-verkiesing."
Makataan se anner naam
2018-10-03"Die anner dag, toe hoo ek pe ongeluk hoe mense praat vannie lekke makataankonfyt. Die ding is dié, though: die woord “makataan” wassie gebruikie ..."
Komplimente aan Herman Meulemans – en komplimente aan Festival voor het Afrikaans 2018
2018-10-03"Soos gesê, was daar nog véél meer van kuns, van kunstenaars, en van vertoon van kultuurgoedere van uiteenlopende en soms hibriede aard – sy dit solo- en groepoptredes, sy dit woord- en liedkuns, sy dit toneel- en filmkuns, en nog vele meer. Wat vasstaan, is dat Suid-Afrikaanse en Afrikaanse kuns in ryke verskeidenheid, vir een hele naweek, in Amsterdam, voluit koning gekraai het, en sekerlik tot almal se plesier, almal se verryking, en almal se waardering."
Lam ter slagting deur Madelein Rust: ’n resensie
2018-10-03"Wanneer sê 'n resensent 'n boek is briljant geskryf? Heel aan die begin is miskien die beste plek! Met Lam ter slagting – haar vyfde misdaadfiksie – het Rust haar eie grense verskuif."
Festival voor het Afrikaans 2018: Fonteine in die Dorsland en meertaligheid
2018-10-03"Die saal waar die gesprek plaasgevind het, was stampvol. Mense het van heinde en verre gekom om die Afrikaanse fees by te woon en die gesprek oor Afrikaans in Suid-Afrika was vir die Nederlanders baie belangrik. Hoewel die tyd beperk was, het die gesprek ontwikkel in ’n debat met die gehoor wat vir ure kon voortduur."
Vyf goed van ... die middaguurgesprek met Annie Klopper oor Die tragiese saak van Pamina Vermaak
2018-10-03"As jy dus enigiets wil wegneem van Pamina se tragiese saak, is dit om vrede met jouself te maak."
