Bybel in Kaaps: Openbaring 1

  • 1

Voowoord

Wat hie volg is deu Jesus Christus geopenbaar, wat God an hom gegie het om an sy dienaars te wys, dinge wat binnekot moet gebee. En Jesus het toe sy engel gestuu lat sy dienaar Johannes dit alles kan sien 2 en getuie wies oo wat God gesê het, en getuie wies vi Jesus Christus, vi allie goet wat hy gesien het. 3 Geseënd issie een wat dié lies en hulle wat die woorde van die voospelling hoo, en die goed ernstig niem wat daa geskrywe staan, wantie einde is naby.

Groete annie Siewe Kêke

4 Vanaf Johannes annie siewe kêke in Asië:

Genade en vriede van Hom af wat is, en Hy wie was en Hy wat kô, en vannie siewe Gieste wat voo sy troon is, 5 en van Jesus Christus af, die geloefwaardige getuie, die eeste gebore wat uitie dood uit opgestaan het, ennie heerser oorie konings vannie aarde.

An Hom wat ôs lief het en ôs deu sy bloed van ôs sondes velos het, 6en wat ôs konings en priestes vi sy God en Vader gemaakit. An Hom behoort die heerlikheid ennie krag vi iewig en iewig. Amen.

7Kyk, Hy kô oppie wolke en elke oeg sal Hom sien, selfs hulle wat Hom gestiek het. En allie volke vannie aarde sal treur oo Hom. Ja, dis soe! Amen.

8 “Ek is die Alfa en die Omega, die Begin ennie Einde,” sê die Jirre, “wat is en wat was en wat nog moet kom, die Almagtige.”

Die Visie vannie Seun vannie Mens

 9 Ek, Johannes, julle broe en medegeloewige innie vedrukking en innie koninkryk en geduld van Jesus Christus, was oppie eiland wat Patmos genoem wôt, virrie woord van God en virrie getuienis van Jesus Christus. 10 Ek was innie Gies oppie dag vannie Jirre, en ek het agte my ʼn harre stem gehoo, soe hard soes ʼn trompet 11 wat gesê het, “Ek issie Alfa ennie Omega, die Eeste ennie Laaste, en skryf wat djy sien in ʼn boek en stuurit annie siewe kêke wat in Asië is: na Efese, na Smirna, na Pergamum, na Tiatira, na Sardis, na Filadelfia en na Laodisea.”

12 Ek het toe omgedrai om te kyk narrie stem wat saam my praat. En toe ek omdraai, het ek siewe goue staanlampe gesien, 13 en tussenie siewe lampe Iemand soesie Seun vannie Mens. Hy het ʼn lang kleed angehad en ʼn goue band om sy bôs gedra. 14 Die hare op sy kop was wit, soes wit wol, soes sneeu, en sy oë soes ʼn vuuvlam, 15en sy voete soes blink koeper wat gloei soesit in ʼn oond is; sy stem klink soesie klank van baie waters. 16 In sy regtehand was siewe sterre, en uit Sy mond uit het ʼn skêp twiekant-swaard gegan, en sy angesig was soesie son wat skyn in sy krag. 17En toe ek Hom gesien het, het ek by sy voete neegeval soes ek dood was. Maa Hy’t sy regtehand op my gelê en vi my gesê, “Moenie vreesie. Ek issie Eerste ennie Laaste. 18 Ek is Hy wat liewe, en wat dood was, en kyk, Ek is wee liewendig. Amen. En ek hettie slietels vannie Onnewêreld ennie Dood. 19 Skryf die goed wat djy gesien het, en die goed wat nou biesag is om te gebee ennie goed wat nog gan gebee. 20 Dié issie betiekenis vannie siewe sterre ennie siewe goue lampe wat djy in my regtehand gesien het; die siewe sterre issie engele vannie siewe kêke, ennie siewe lampe issie siewe gemientes.”

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top