Pasgelaai
kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Zirk van den Berg
2020-09-21"Dit was soos om iets by kerslig te sien – jy sien die idee van die man wat een wens het om te wens, en dat hy ʼn begrafnisondernemer is. Dit was met een oogopslag duidelik. Alles rondom was duisternis."
Huldeblyk aan Danny Titus
2020-09-21“Hy was ’n taalaktivis wat nooit geskroom het om die saak van Afrikaans te bevorder nie. Danny was ’n regsgeleerde, ’n menseregtekommissaris, ’n stryder vir die regte van vernalate Afrikaanssprekers om hul plek aan die Afrikaanse tafel as gelykes in te neem en saam as vennote die saak van Afrikaans te bevorder en te ondersteun.”
Ons erfenis: Internasionale boekklub soek naam
2020-09-21Lesers wat belangstel in letterkunde wat die grense oorspoel, of wat graag deur die blaaie van boeke wil reis, word genooi om te deel ’n boekklub wat geskep word om jonger lesers in Suid-Afrika bekend te stel aan Nederlandstalige boeke. Ons soek ook ’n naam vir dié klub.
Elders gesien: Die ATKV groet Danny Titus
2020-09-21"Ons gaan jou mis dr Titus, en groet jou met groot respek en groot dankbaarheid vir die verskil wat jy gemaak het en die lewens wat jy geraak het."
Digitale dood
2020-09-21"Teen 2012 was daar reeds 30 miljoen afgestorwe Facebook-gebruikers op dié gewilde sosiale-media-webtuiste. En teen 2100 sal daar na raming 4,9 miljard oorledenes op Facebook wees, wat mens dadelik aan ’n reuse-Facebook-begraafplaas laat dink."
kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Theo Kemp
2020-09-21"Met Skool het ek berekend gewerk: Ek was vir ’n kort rukkie in die onderwys en ek wou met verbetenheid die skoolstelsel, en hoedat ons kinders in die steek gelaat word, ontbloot. Strafjaart het regtig na my toe gekom."
Elders gesien: Elke boksie getick vir COVID-19
2020-09-21"Nou eers hoor ek van hoeveel mense in my dorp dit het / gehad het. Mense praat nie. Hoekom nie? Ek weet waarom ek my nie laat toets het nie, ons isoleer bloot en bly binne."
kykNET-Rapport-boekpryse 2020: commendatio – fiksiewenner
2020-09-19"Zirk van den Berg se Ek wens, ek wens het die tydloosheid en betowering van ’n moderne sprokie. Enersyds is dit herkenbaar eietyds; andersyds byna argetipies in die verkenning van oervrese en -begeertes."
kykNET-Rapport-boekpryse 2020: commendatio – niefiksiewenner
2020-09-19"Carel van der Merwe se Kansvatter: Die rustelose lewe van Ben Viljoen is ’n biografie wat geskiedskrywing benader op ’n wyse wat nie dikwels voorkom nie: Daar is die ontluistering naas die verering asook ’n deeglike besinning oor die nalatenskap van ’n generaal en algemeen aanvaarde held uit die Anglo-Boereoorlog met ’n flambojante én skunnige lewe."
kykNET-Rapport-boekpryse 2020: boekresensente van die jaar en commendatio’s
2020-09-19Hier is die wenners van die boekresensente vir die kategorieë fiksie, niefiksie en langer resensies.
kykNET-Rapport-boekpryse 2020: commendatio – Jan Rabie-Rapport-prys
2020-09-19"Met sy eerste twee romans, Skool (2010) en Strafjaart (2019), wys Theo Kemp hoe kragtig faction ingespan kan word om die ingewikkelde Suid-Afrikaanse samelewing beter te probeer verstaan."
kykNET-Rapport-boekpryse 2020: commendatio – filmprys
2020-09-19"In ’n era van die 'quick fix' en Twitter-nuus, Insta-influencers en groot gebare staan ’n onpretensieuse storie uit in al sy gewoonheid."
In memoriam: Gabriël (Gawie) Fagan (1925–2020)
2020-09-18"Fagan was ’n veelkantige mens wat nie in ’n enkele definisie pas nie. Hy was iemand wat nie vir ’n uitdaging geskroom het nie en altyd met geesdrif en ywer nuwe projekte aangepak het."
Adieu, Bernard, ami de l’esprit et amateur sans pareil de ce monde: ’n Huldeblyk aan Bernard Stiegler (1 April 1952 – 5 Augustus 2020)
2020-09-18"Ek is nie bewus van ’n eietydse denker wat ons tyd so briljant gediagnoseer het nie, en wat die absolute sentraliteit van die menslike gees en die noodsaak van ’n nuwe metafisika so oortuigend as Stiegler bedink het nie."
Bonteheuwel se tannies: Erfenis, Afrikaans en stories
2020-09-18“Die twee tannies se verhaal gaan oor veel meer as net resepte. Dit is die vergestalting van ’n visie oor nasiebou, verdraagsaamheid, van erfenis, van Afrikaans, van respek, diensbaarheid, van stories. Van hoe ons is.”
Dubbelbindkind
2020-09-18"liefde wat straal, skeur
’n prentjie rooskleurig met bloed besmeer
en die raam skeeftrek met hamer en soen"
Elders gesien: Afwesigheid van realiteit op televisie
2020-09-18"Ek het in alle eerlikheid genoeg gehad van Afrikaanse stories waar bruin en swart mense slegs as die huishulp of skoonmakers feature. In 2020? Mis my met hierie afwesigheid van realiteit."
