Pasgelaai
Barakat: ’n filmresensie deur Leon van Nierop
2021-05-10"Die verkwiklike draaiboek deur Amy Jephta en Ephraim Gordon systap alle clichés waarop ons hamburgereters dekades lank gespeen is."
Erla-Mari Diedericks: “Ons is almal Kaang se wesens”
2021-05-10"Die Kind van Afrika het bly groei totdat hy, presies tien jaar later, op 16 Julie 1976 as jeugdige sy vuis tydens die Soweto-opstande teen die regering gebal het. Dit was die begin van die einde van apartheid."
Pionierslente
2021-05-10"In die nuwe Suid-Afrika is dit nou wéér pionierstyd. Omstandighede het drasties verander vir almal, daar is ’n totaal ander regering, die verhoudings tussen die verskillende bevolkingsgroepe word nuut gedefinieer. Dit is vir ons ’n vars, nuwe lente, die kans is daar om nou te bou aan ’n goeie toekoms vir almal."
Oos, wes, tuis bes – maar wat as jy huisloos is?
2021-05-10"Huis is onder die beste omstandighede ’n gelaaide woord. Elkeen van ons het herinneringe van ’n plek waar ons veilig en geborge voel, gewoonlik omring deur familie en vriende. Maar huis is baie keer juis die plek wat vir baie mense die setel van hul grootste gevaar is; die plek waar hulle misbruik, verneder en van waardigheid ontneem is."
Ryan Pedro se toespraak by die ontvangs van die 2021 UJ-debuutprys
2021-05-07Lees Ryan Pedro se dankwoord by die ontvangs van die 2021 UJ-debuutprys vir pienk ceramic-hondjies: "Want alhoewel die ontvangs van die UJ-debuutprys vir my ’n geweldige eer is, is dié in fact vir my Doomsday."
UJ-pryse 2021: Commendatio vir Ryan Pedro se pienk ceramic-hondjies
2021-05-07Lees Sonja Loots se commendatio oor Ryan Pedro se pienk ceramic-hondjies, ontvanger van die 2021 UJ-debuutprys: "’n debuut wat uitstaan in terme van afgerondheid, wydreikendheid en diepgang en wat nog lank gelees en bestudeer sal word."
UJ-pryse 2021: Commendatio vir Willem Anker se Skepsel
2021-05-07Lees Johan Myburg se commendatio oor Willem Anker se Skepsel, ontvanger van die 2021 UJ-prys: "Wat Anker doen, is om ’n hibriede vorm te skep, ’n skepsel, wat in sy somtotaal heerliker is as die onderskeie brokke inligting. Om dit te doen het ’n mens ’n kunstenaar nodig. ’n Skepper soos wat die Grieke dit indertyd bedoel het."
Willem Anker se toespraak by die ontvangs van die 2021 UJ-prys
2021-05-07"Maar kyk, hier sit ons vanaand, in beperkte getalle, met ons maskers aan. Die mure staan darem nog. Die lewe gaan voort. Ons is saam by hierdie geleentheid, want mense skryf nog boeke, want u is wonderlik genoeg om pryse te gee vir skryfwerk in ’n klein hardegat mineurtaaltjie."
’n Vergelykende studie van minderheids- en etniese politiek in China en Suid-Afrika: ooreenkomste en verskille
2021-05-07"Hierdie studie is ’n vergelykende studie van die erkenning van taal- en/of etniese minderhede in die staatkundige instellings van die Chinese Volksrepubliek (sedert 1949) en die Suid-Afrikaanse staatsopset sedert die segregasie-, apartheids- en afsonderlikeontwikkelingsbeleide wat ingevolge die Suid-Afrikaanse Grondwet van 1996 finaal afgeskaf is. Enkele verwysings word ook na die Britse koloniale beleide van indirekte bestuur in stamgebiede in Afrika gemaak."
Wesens: a review by Ayden Kruger
2021-05-07"The film as a whole grapples with the concept of invasion. Set against the backdrop of the Americans attempting to invade the moon and the Russians apparently attempting to invade the world with communism, the arrival of the foreign object onto the farm seems dangerously intrusive."
Select Musiek se moedersdagvideo’s
2021-05-07"Mag elke vrou ekstra liefde en bederf ervaar op ’n baie spesiale dag. Elkeen word so baie waardeer."
WAT 95: Bekendstelling van Deel XVI
2021-05-07Die WAT het pas Deel XVI tydens ’n aanlyn geleentheid bekendgestel, presies 70 jaar nadat die eerste deel op 7 Mei 1951 verskyn het. Tydens dieselfde geleentheid is die 95ste jaar sedert die stigting van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal gevier. Hier is toesprake en foto’s van die geleentheid.
Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Andries Bezuidenhout
2021-05-07"Waar jy jou op die landskap bevind, bepaal hoe jy die landskap beleef – of jy tuis of vervreemd voel, of dalk gemengde gevoelens daaroor het, of jy in ’n woonstelblok, ’n sekuriteitskompleks of ’n informele nedersetting woon. Landskappe is ook hoogs simboliese plekke."
Response to letter of Dr Smith
2021-05-07"Dr Smith will be unable to provide proof of her misleading claim that the department’s doors have been shut as the misleading headline of her letter suggests. At the time of the University of Fort Hare authoring this response, no decision has been taken by the senate."
Die aanloop tot die val van die Berlynse Muur
2021-05-06"Aan die begin van Mei 1989 het die geskiedenis sy loop geneem wat binne maande ’n nuwe wêreldorde ingelui het. Ek was in daardie stadium in Londen gebaseer as Europese korrespondent van die SAUK. Die Suid-Afrikaanse ambassade in Wene, Oostenryk, het my gebel en gesê daar is groot dinge aan die gebeur en ek en my kameraman moet ons soontoe haas."
Pasverskyn: Dinge van hond ’n hond deur SP Benjamin
2021-05-06Maar wat het werklik daardie aand op Gatlek gebeur?
William Sezoe gesels met Open Stellenbosch en StudentePlein
2021-05-06"Open Stellenbosch is nie anti-Afrikaans nie, ons is antidiskriminasie." US-student William Sezoe praat met Open Stellenbosch se Ashwin Afrikanus Thyssen en Frederik van Dyk van StudentePlein.
Saphra kry pak oor ivermektien; inperking, reisbeperkings en inentings ook ondersoek
2021-05-06"Wat sou dan gebeur as die variant wat tans in Indië amok maak, na Afrika kom? Keymanthri Moodley sê sy pleit vir baie strenger kontroles by ons lughawens en op vliegtuie."
Sanlamprys vir Jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Faeed Amardien
2021-05-06"Ek dink daar word nie genoeg erkenning gegee aan Kaapse Afrikaans nie. Dis ’n storie wat handel oor die narratief op die Kaapse Vlaktes, dus het ek gedink dis meer eg en outentiek om in Kaaps te skryf. Dit pas in die verteller se mond en maak dit baie meer persoonlik terwyl jy lees."
