Pasgelaai
Elders gesien: Hout is nie ’n goedkoop speelmaat nie
2021-05-18"Die meubelstuk beur so ver moontlik weg van sy uiterlike bestaan as boom. Hy wil die innerlike van die boom veruiterlik, die versteekte kleur en vlamme. ’n Nuwe bestaan word vir die hout verwesenlik, ’n lewe in ’n ander dimensie ná die afsterwe van die boom."
Elders gesien: Dit moet ’n vroeë waarskuwing vir alle politici wees...
2021-05-18"Daar word op baie plekke nie meer gewag vir politici om die leiding te neem nie. Die inisiatiewe word deur die gemeenskappe van die dorpe geneem en die politici word noodgedwonge in ’n posisie geplaas om te volg en 'gedwing' om saam te werk."
The use of total quality management in the adaptation of quality of delivery: a case study in private higher education
2021-05-18"The central theme that emerged from this study confirmed that the acceptance of internal quality mechanisms and total quality management principles is essential for a private higher education institution. The three most important themes that emerged were compliance with the regulatory framework, institutional supply and quality management."
Die gebruik van totale kwaliteitsbestuur in die aanpassing van kwaliteit van aflewering: ’n gevallestudie in private hoër onderwys
2021-05-18"Interne kwaliteitsmaatreëls is van wesenlike belang vir private instellings wat sakegedrewe is en is dus afhanklik van studentegetalle om hul bedrywighede te befonds. Die institusionele aanbod moet dus die mededingende voordeel vir die HOI skep, en die implementering van TKB-beginsels is die sleutel in hierdie proses."
Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Lydia Gittens
2021-05-17"Ek is tans werksaam as verpleegkundige in ’n rehabilitasiesentrum vir alkohol- en dwelmverslaafdes. Dis ook hier waar my passie vir skryf werklik begin het."
Kom plant ’n boom vir Afrikaans
2021-05-17"Ek wil ’n dieperige gat grawe in Afrika se vrugbare aarde en die boompie staan maak in dié rooibruin grond. Op my eie manier wil ek die boompie voortdurend natlei deur my aksies. My hoop is dat die boom mettertyd sal groei en sy kroon sal span teen die hemel se wye blou boog. Dat dit die storms, reën en wind sal oorleef."
Museums herverbeel | Museums reimagined
2021-05-17Die klem sal val op hoe die instellings se aanbiedings herbedink en hul kubervoetspore uitgebrei kan word. | The emphasis will be on how the institutions’ offerings can be reimagined.
Grondwet ná 25 jaar steeds SA se beste waarborg teen ineenstorting
2021-05-17Die Grondwet word tans aan allerlei aanslae onderwerp. In weerwil van pres Cyril Ramaphosa wat haar analise as ’n “hersenskim” voor die Zondo-kommissie bestempel het, trotseer Christi van der Westhuizen in haar eerste, gereelde Nuusknars-podsending tog maar weer die sleurstrome van ideologie, politiek en korrupsie waarin Suid-Afrika heen en weer gepluk word. Nuusknars analiseer die postkolonie deur nuusgebeure van verskillende hoeke te bekyk.
Persverklaring: NATi Jong Sterre-projek bied groot geleenthede vir opkomende dramaturge
2021-05-17Die NATi Jong Sterre-projek bied ’n uitsonderlike geleentheid aan jong dramaturge om hul toneelstukke onder professionele mentorskap te verfyn.
"Groenpoetsery": Wanneer "groen praat" en "groen doen" nie by mekaar aansluiting vind nie
2021-05-17"Die term groenwassery (of groenmakery) – in hierdie artikel groenpoetsery genoem – verwys breedweg na misleidende inligting oor aansprake in verband met die impak van 'groen' produkte op die omgewing en wat by implikasie (of doelbewus) vrygestel word deur korporatiewe bemarking."
Van monarge en monumente gepraat
2021-05-17"Megxit is ’n gelaaide nuutskepping: Dit verwys na Prins Harry, Hertog van Sussex, en sy vrou, Meghan Markle, wat op 8 Januarie 2020 op Instagram aangekondig het dat hulle gaan uittree as senior koninklikes en finansieel onafhanklik gaan word."
Hoekom die 2020-Bybelvertaling "moes gebeur"
2021-05-17Christo HJ van der Merwe lewer die tweede bydrae tot LitNet se miniseminaar oor die 2020-Bybelvertaling in Afrikaans. Hy verduidelik waarom dié vertaling in die eerste plek nodig was.
Op soek na Saartjie: In gesprek met Langenhoven se agterkleinkind
2021-05-17"Nie ek of my pa óf, glo ek, die Langenhoven Gedenkfonds, het enige probleem daarmee dat daar moontlik ’n kind kon gewees het nie. Dit maak Langenhoven trouens net interessanter. Maar daar is helaas ’n baie groot verskil tussen feite en verdigsel."
The exclusion of vicarious liability of employers in exemption clauses
2021-05-17"Ultimately courts should in light of the importance of policy considerations underlying vicarious liability, develop the rules of the common law of contract in terms of section 39(2) of the Constitution."
Die uitsluiting van middellike aanspreeklikheid van werkgewers in vrywaringsklousules
2021-05-17"In hierdie bydrae word aangevoer dat die gronde waarop howe in die verlede vrywaringsklousules wat middellike aanspreeklikheid uitsluit, gehandhaaf het, dikwels teen die openbare beleid is."
Wiskunde: graad 9, tweede kwartaal-vraestel en -memo
2021-05-16Is jy in graad 9 en wil jy hierdie kwartaal wiskunde baasraak? LitNet het gratis hulp. Klik op die skakels en laai ’n oefenvraestel en memo vir die tweede kwartaal af.
Dis weer herfs in my tuin
2021-05-16"die boomtakke vonk in vlammerooi
teen ’n skemerlug ongelooflik mooi
wat is daai liedjie wat Piaf heserig sing
van herfsblare wat herinneringe bring"
Jy kan nie tyd vashou nie
2021-05-16"hy is niemand se maat nie
jy kan nie met hom praat nie
hy is die meester van môre
van gister en eergister"
Bleddie dokters
2021-05-16"Boet het daardie jaar die hardste gebid ooit, toe die prostaatkanker hom gevat het. Hy was nog altyd, as dit by geloofsake kom, ’n agterbanker. Letterlik en figuurlik. Geloofsake was nie hoog op sy agenda nie. Maar kanker laat gryp jou na strooihalms."
