Pasgelaai

Graad 5: Wiskundevraestel en memo – numeriese en geometriese patrone

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-05-27

Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Wilhelm du Toit in PDF-formaat af te laai.

Graad 12: Wiskundige Geletterdheidsvraestel 4 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-05-27

Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.

FMR-resensies: Die binneland in deur Dana Snyman en Hierdie land, ’n bundel deur verskeie skrywers

Brenda Barrow Resensies 2024-05-27

"Daar is ’n verlange na dit wat was en nie meer is nie wat grens aan ampermoedeloosheid en troosteloosheid, en dit het die woorde van ’n karakter in Haruki Murakamo se After dark by my laat opkom: 'Memories are perhaps the fuel that people burn to keep them alive.'"

Sy is veilig deur Emma van der Walt: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2024-05-23

"Emma is die stigter van die organisasie Brave to love. Sy is beeldskoon en laat my dink aan Sneeuwitjie, met haar donker hare en wit vel. Sy is ook ’n pastoor, ma en eggenoot. Dit is moeilik om die werk wat sy doen, met haar foto op die agterkant van die boek te vereenselwig. Die woord brave is egter nie om dowe neute die eerste woord van haar organisasie se naam nie."

Onthou vir Mandri Sutherland van Standerton: ’n resensie van Vrou ens.

Ignus Rademeyer Teater 2024-05-23

"Tannie Elsie, met haar vape en ’n lekker brandewyn en Coke, open die verrigtinge tot groot vermaak. Vrou ens is een van daai ervarings waar mens begin lag en dan kan jy nie ophou nie. En as iemand anders in die gehoor skreeu van die lag, dan lag jy ook sommer totdat jou niere wil ingee en jy hyg na asem."

LitNet: Die pylvak

LitNet Nuusbrief 2024-05-23

LitNet: Die pylvak

New from Tafelberg: Guilty and proud. An MK soldier’s memoir of exile, prison and freedom by Marion Sparg

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-05-23

In this riveting memoir Sparg traces not only her experience in MK – often as the only woman in training camps in Angola – and her friendship with Chris Hani, Joe Slovo and Thabo Mbeki, but also her secret return to South Africa, the three police-station bombs, her sudden arrest and her years of imprisonment. Guilty and proud is the gripping tale of a woman who defied stereotypes and, at great personal cost, stood up for her beliefs.

Nuut by Human & Rousseau: Harry Potter en die kamer van geheimenisse deur JK Rowling, vertaal deur Janie Oosthuysen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-05-23
Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan daar gebeur. En vreeslike dinge gebeur inderdaad.

Nuut by Human & Rousseau: Borrelgom deur Jana du Plessis Müller

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-05-23
Bea Malan, oftewel, Koningin Bea, vind met ’n skok uit haar ouers gaan skei en dat sy en haar ma na Johannesburg verhuis. Nou bevind sy haar tussen vreemde kinders in ’n stad wat sy nie ken nie en ’n skool wat sy nie verstaan nie. Maar namate haar geheim al swaarder op haar druk, beweeg sy nader daaraan om nuwe mense – en dinge – in haar lewe toe te laat. Sy sal moet grootword as sy nie wil toelaat dat die lewe haar soos borrelgom kou nie.

Nuut by Human & Rousseau: Suid-Afrikaanse leefstylgids vir Diabetes deur Vickie De Beer, Kath Megaw en David Segal

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-05-23

Dié diabetes-leefstylgids, wat oorspronklik in Engels verskyn het en waarvan meer as 40 000 eksemplare wêreldwyd verkoop is, is ’n onontbeerlike hulpmiddel vir enigiemand, van jonk tot oud, met Tipe 1- of Tipe 2-diabetes. Sukkel jy dalk reeds met insulienweerstandigheid, metaboliese sindroom of prediabetes? Slaan diabetes betyds hok met die leefstylwenke en maklike resepte in hierdie boek. 

How to consider the ICC prosecutor’s request for arrest warrants

Quraysha Ismail Sooliman Opinion 2024-05-23

"In examining the legal framework surrounding self-defence, it is evident that a state cannot assert this right when facing a threat from an armed group within an occupied territory, especially where that territory is kept under belligerent occupation."

Pasverskyn: Draaie, swaaie en afdwaalpaaie: reisstories, saamgestel deur Corlia Fourie en Annelize van Rooyen

LitNet Boeke en skrywers 2024-05-23

Samestellers Corlia Fourie en Annelize van Rooyen bring vermaaklike reisstories deur 46 skrywers byeen, oa Marita van der Vyver, Kirby van der Merwe, Sophia Kapp, Jacques Pauw, Irma Joubert, Julian Jansen, C Johan Bakkes, Bettina Wyngaard en Frederik de Jager. Reis saam van Fraserburg tot Timboektoe; Arizona tot Zanzibar; en nog baie ander plekke!

In die pylvak

Theo Venter Menings 2024-05-23

"My verwagting is dat die ANC sy posisie gaan verloor as die dominante party in die Suid-Afrikaanse politiek na 30 jaar en sal terugsak na wat as ’n pre-dominante party beskou sal kan word. Met ander woorde steeds die grootste party, maar nie meer die oorheersende party nie, en steeds die regering, met ongeveer 48% van die nasionale steun."

Sankind lees die wind – veel meer as stories: ’n onderhoud met Wendy Maartens

Magdel Vorster Kinderboeke 2024-05-22

"Hoe mooi is dit om te sê iemand se wind het uitgewaai, sy hart het omgeval, as hy gesterf het? Die San glo boonop dat wanneer iemand sterf, sy hare wolke word, soos ook die voëls se vere – weliswaar nie wolke wat reën bring nie, bloot wolke wat verby sweef."

Strompelende gedig

Marius Nigrini Poësie 2024-05-22

"in sy teater van kliniese ontleding
heg hy gebreekte woorde en inspirasie
tot die tekstuur van motgevrete versverbande"

As die laaste dolos draai

Loretta Szikra Poësie 2024-05-22

"daar, waar ’n vroeggebore baba
tussen dood en lewe draai
sal haar voorsate se geeste
die septer nogeens
in sý guns ook moet swaai"

Melodie van lag en trane

Michelle van Graan Poësie 2024-05-22

"Ek wens jy was hier
om te deel aan die bittersoet
om my te help om nog ’n tree te gee"

Hierdie spieël

Johan van der Merwe Poësie 2024-05-22

"dan sal ons alles weet
wat versteek is
agter hierdie spieël"

Invitation | Book launch of The child by Alistair MacKay in Johannesburg | 23 and 28 May

LitNet Books and writers 2024-05-22

Alistair MacKay’s novel The child will be launched at Love Books in Melville on 23 May, in conversation with Charles Leonard, and at Bridge Books in Brixton on 28 May, in conversation with Griffin Shea.

Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, tweede kwartaal (3 afdelings)

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-05-22

Is jy in graad 4 en sal jy veel eerder na ’n film of ’n YouTube-video kyk as om vir jou eksamen voor te berei? Hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen bevat lekker stories oor prinse en prinsesse – en dit kan jou sommer laat vergeet jy is besig om hard te werk. Boonop sal jy werklik goeie punte vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen hierdie kwartaal behaal; nie nodig om slegs lugkastele daaroor te bou nie! 

Top