Pasgelaai

ov’rg’zetzynde

Jacobus Faasen 2013-06-04 agt’rg’blewe Ekonomie Drie-inboorl’ng hlopekha, suff’reer,
arm’r’s arm, oppie heel laagste sport, dóúr, doer ver onn’r,
lat Mens, opnuut, opreg, ov’r eie Menslikheid moet wonn’r,
hoe lat Mens, Self, toe, lat mede-Mens so bitt’rl’k kr’peer?

Ek trek toe maar 'n knertsie rooietjie nader …

Raed-na-Gael 2013-06-04 … om die winter so effentjies van die knieë en gewrigte af weg te hou, en lees toe die panda's en kie se rekenaar-ongeletterdheid raak.

Versigtig met die kaas!

Gustaf Pienaar 2013-06-04 "Om kaas te eet kan lewensgevaarlik wees," sê regter Hiemstra in 'n hooggeregshofuitspraak van 1964.

Karakters van my kontrei: Die nasate van Jean Durand en sy kleinseun: heemraad Jan Durand van Graaff-Reinet  in die Oosgrensdistrikte om en by Glen Lynden, Baviaansrivier, en die familie

Humphries du Randt 2013-06-04 Bewyse dat Roger Federer 'n negende geslag nasaat is van  die Hugenote stamvader Jean Durand en sy tweede vrou Wilhelmina van Zijl, en gevolglik ook die sewende nasaat van oud-heemraad Jan Durand van Graaff-Reinet. Laasgenoemde was aanvanklik woonagtig te Baviaansrivier, Bedford.

Selfvoldaan

CM 2013-06-04 Oortuig van sy eerbaarheid, wil niemand weet wanneer hy lieg nie.

Die dag toe ek soos 'n straatvrou behandel is

Enjee 2013-06-04 Onlangs gaan spreek ek my huisdokter oor 'n seer knie wat my opdraande gee.

Du Randt se laaste ure

Humphries du Randt 2013-06-04 Die vonnis dat hy gehang word, is reeds vroeër deur die Britse bevelvoerder in Suid-Afrika, Lord Kitchener, bekragtig. As rebel sou hy egter nie gehang nie, maar deur ’n vuurpeloton tereggestel word.

Laurie en Frits Gaum: Praat Verby Grense

Johannes Comestor 2013-06-04 "Die boek is eintlik 'n poging enersyds om aan Laurie die geleentheid te gee om sy leefwyse te regverdig en andersyds om Frits die kans te bied om groter begrip vir gays te wek."

Sirkel voltooi

2013-06-04 "Letterlik die laaste stukkie ongerepte kus gaan voor my oë onder die hamer van gesiglose afslaers toegeslaan word en ook, soos meeste ander stukkies kus, ontwikkel word."

LitNet Akademies-resensie-essay: Só maak Afrikaans ons

Sandra Troskie Academic research 2013-06-04

"Kan ons kennis van die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans ons dalk help om iets van die passie te verstaan wat sommige van haar gebruikers vir haar het?"

Die gewildste Afrikaanse gedigte – in luistervorm

Ruda Landman 2013-06-04 "Wat ’n vreugde! Ek het die CD’s op ’n lang pad in die kar geluister, en wat ’n absolute plesier was dit nie." Ruda Landman skryf haar indrukke van Die gewildste Afrikaanse gedigte.

Hengelaar

2013-06-04

"te hoor hoe branders,
elk met eie stem en snaar,
tog in magtige mineur
akkoord gaan met mekaar,"


Waterbowl

Heidi Henning 2013-06-04

"If I could hold you
in my bowl-shaped hands"
 

Belangrike samewerkingsooreenkoms tussen Akademies onderteken

Carina van der Walt 2013-06-04 Beide die Koninklike Vlaamse Akademie van België vir Wetenskap en Kuns (KVAB) en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) het deur stormagtige tye van ontwikkeling gegaan. Hulle grootste ooreenkoms lê miskien opgesluit in ’n taalstryd.

Flenters op die werf

Koos Botha 2013-06-04

Koos Botha het twintig jaar gelede sy kinders gaan uitken nadat hulle in ’n motorongeluk gesterf het. Hier volg ’n fragment uit ’n groot manuskrip wat hy geskryf het om daardie verlies te verwerk.


Skrywers en boeke op RSG kry 'n nuwe aanbieder

Ilse Salzwedel, Naomi Meyer 2013-06-04 "Oe, die tegnologie was aanvanklik moeilik! Dis beslis nie vir sissies en blondines nie." Ilse Salzwedel oor die radio-ateljee.

ATR reik uit na Eersterust in Pretoria

Michael le Cordeur 2013-06-04 "Foeitog, en die ouma wat met ’n klokhelder stem ingesit het, is blind, maar met haar gees skort daar niks nie!"

In Pole met of sonder ? toergids

Rentia Bartlett-Mohl 2013-06-04

Rentia vra: hoe skryf mens oor ‘n stad soos Lublin vir die doeleindes van ‘n toergids? En, aan die ander kant, hoe skryf mens oor ‘n stad soos Lublin vir literatuurdoeleindes?


Kaap toe, Klein Katryn

Trudie Coetzee 2013-06-04 "Klein Katryn. Dit lyk asof feetjies binne bly. Kyk die kleurryke plekkies, outyds en fyn. Hulle pryk soos die oumense van hierdie stad."

 


Huistoe

Suné Coetzee 2013-06-04

"Ek voel altyd “huis” as ons Bitterfontein se bordjie kry. Ons stop vir padkos iewers tussen nêrens. Dis net die stilte en ons."


Top