Ek lees Jaco se brief oor die verskille tussen homoseksueles en gays. Kan nie saam praat nie, want ek weet nie. Ek weet net ek is erg lesbies, in so graad dat selfs my vroulike hormone lesbies is. (Het dit al voorheen genoem.)
In elk geval ek gaan tot die punt kom. Jaco waarsku die vrouens en mans om hul maats op te pas. Die volgende storie laat my bietjie dink aan jy moet wakker wees.
Ek het die storie by 'n vriend van my gehoor, sal nie gif drink daarop nie maar waarom sal ek die goeie storie nou met feite verniel.
Daar was iewers een verskriklike party en dit loop toe uit op 'n smetterige orgie. Van die dames in die geselskap was blykbaar baie selfbewus en het daarop aangedring die ligte afgeskakel moet word.
Een kêrel spring toe op en skakel die ligte af. Die orgie begin toe aan die brand kom. Ewe skielik spring daar 'n ander kêrel op en roep almal toe tot orde met die woorde: "Luister kêrels, julle moet konsentreer, soos in konsentreer."
Reusedwerg

