als issie wel, ou pel, Mens kan’t mooi v’rtel,
v’r somm’ges’ Lewe Een, ’p Aard, helse hel,
deuskant neo-kon-boerwors-ghettogordyn,
sin v’r sinvolheid, rede, snel aan’t v’rdwyn
Self-d’struksie skep Self ’n krisis, p’narie, fiasko,
rebelle v’rwoes r’likte in temp’lstad, Timbuktu,
“Afrikan’rs” glo Bosch se Bibault was glattie dronk,
scheme hul’s vry, agt’r mure van “ras”-, “klas”-tronk
Afrikaans’t nog glattie Afrika-status, aysh,
Gondwana noggie deel van B’loofde Land,
Self lieg, b’drieg Self, Self-d’struktief, onkant,
uit voel’ng, onkund’-ontkenn’nd, re Paradys
kyk liew’ste pseudo-realiteit, sepie-op-sepie,
op Lewe Twee, Realiteit, ’t Sapiens g’n grepie
Jacobus Faasen

