Wie besluit watter geslag?

  • 9

Souma Yergon, Sou Nou Yergon, We are shakin' the tree 
Souma Yergon, Sou Nou Yergon, We are shakin' the tree 

Waiting your time, dreaming of a better life 
Waiting your time, you're more than just a wife 
You don't want to do what your mother has done 
She has done 
This is your life, this new life has begun 
It's your day - a woman's day 
It's your day - a woman's day 

Hello, 

Die afgelope paar dae, is daar twee liedjies wat in my gedagtes maal, Peter Gabriel & Youssou Ndour, se 'Shakin The Tree', asook Urge Overkill se 'Girl You'll Be a Woman Soon' uit Pulp Fiction.

Die rede hiervoor is aangesien die dame van ontvangs 'n man is en daagliks leef soos 'n vrou en so oorkom en haar aanbied as 'n vrou. Net soos 9 Augustus ook om die draai is vir Vrouedag. Daar is sonder twyfel 'n verskeidenheid van aspekte van vrouwees wat kan bespreek word maar gaan hierdie brief beperk wees tot die afdeling se ontvangsdame waar ek werk en hoe dit my laat stop het en hieroor laat wonder het. 

In die begin van die jaar het die New York Times 'n artikel gepubliseer met die titel “Generation LGBTQIA”. Dit is nie seker nie of hierdie 'n soeke na 'n etiket is nie, maar dui die beweging duidelik op 'n tendens waar daar in geen onduidelike terme na 'n identiteit soek nie en dan daardie identiteit met trots dra. 

Inleidend kan dit soos volg beskryf word: 

Indien die gay-regte beweging as oogmerk gay-huwelike het, is hierdie beweging op soek na iets veel meer radikaal. Waarna gesoek word is om weg te doen met die geslagsrolle wat die binêre van manlike / vroulike veronderstel. Die kern vraag word daarom nie wie hulle lief het nie, maar wie hulle is. Identiteit is dus afsonderlik van seksuele oriëntasie en word die identiteit met trots gedra.

Maar wat moet hierdie beweging genoem word? Lank terug was gay-en lesbiese gebruik om 'n verskeidenheid seksuele minderhede 'n tuiste te bied en is ook onlangs uitgebrei om biseksuele en transgender ook in te sluit. Daarmee dan die bekende, LGBT, maar die beweging soek 'n meer inklusiewe sambreel. 

Deel van die oplossing was om meer letters te gebruik en is daar die uiteindelike, "LGBTQIA". 

Wat sal dit alles beteken? In die artikel word dit soos volg verduidelik: 

“Q” can mean “questioning” or “queer,” an umbrella term itself, formerly derogatory before it was appropriated by gay activists in the 1990s. “I” is for “intersex,” someone whose anatomy is not exclusively male or female. And “A” stands for “ally” (a friend of the cause) or “asexual,” characterized by the absence of sexual attraction.

Is niks meer normaal nie? 

Wat het van normaal geword? 

Dalk is die nuwe 'normaal' die hele 'mixed bag'. 

Dit kom voor asof dit wel die nuwe normaal is. 

Wil jy dalk, genderqueer, androgyne of bi-gender wees. 

Wel dit is daar vir jou om die identiteit met trots te dra.

Tesame hiermee was daar onlangs 'n program aangebied op BBC Radio 4 se bekende Analysis-program met die titel, "Who decides if I am a woman?"

Die program open met die kultus opening uit Rocky Horror Picture Show: ('n Gunsteling-film)

Don’t get strung out by the way I look; don’t judge a book by its cover
I’m just a sweet transvestite from transsexual Transylvania, uh huh ...

Wie ken nie Frankenfurter nie? 

Dit is 'n ernstige program en het as oogmerk dit wat die titel van die program baie duidelik bevestig. Die oorsprong van die debat is soos weens die opmerkings van Julie Burchill wat 'male-to-female transsexuals as a bunch of bed-wetters in bad wigs' afgemaak het en ook dit duidelik dat die wat die oorgang gemaak het nie as vroulik beskou kan word nie. 

Richard O’Brien skrywer van Rocky Horror Show beskryf homself/haarself as pangender, 70% manlik en 30% vroulik. 

In die program word die verhaal van professor Whittle, transman, vertel en is professor Whittle aan die woord: 

I first started feeling I don’t want to grow up to be a girl probably about three or four, five, when my younger brothers were born and I saw some of the clothes, for example, that were bought for them. You know why wasn’t I going to be one of them? I was ten when it was school races day and there were girls races and boys races. And I remember that so clearly. It was my light on the road to Damascus - this sudden realisation that I was always going to be in the wrong race. I transitioned in 1975 when getting treatment was extremely hard. In 1979 I had my chest reconstructed and I had a full hysterectomy at that point. Unfortunately there wasn’t really any surgeons in this country creating penises, but I got one later and in 2000 I had my penis constructed. But it didn’t mean I had to get rid of everything else at the same time. That other part of the genital surgery is actually very difficult. So I live with a sort of mixed body.

Die program word aangebied deur Jo Fidgen en in die helfte van die program stel Jo Fidgen die volgende vraag aan Melissa Hines, Professor of Psychology, Cambridge University. 

FIDGEN: Can you tell me then, in pretty basic terms, how you would go about determining what sex somebody is?

HINES: I would ask them.

FIDGEN: It’s up to them?

HINES: I think it should be up to them.

In die program word aspekte van biologie en samelewing ook bespreek en beskryf professor Hines dit soos volg, naamlik dat die beskikbare navorsing dui daarop dat genetiese inligting asook hormonale vlakke voor geboorte bydra tot gedrag na geboorte wat geslagskwessies aangaan en dat die individu in die samelewing kom met die rigting waarin die persoon sal ontwikkel reeds geplant en alhoewel geslag 'n sosiale konstruksie is is dit veel eerder 'n politieke oogpunt. Uit 'n wetenskaplike oogpunt en alhoewel sosialisering belangrik is daar ook 'n paar ingebore faktore wat bydra tot geslag ontwikkeling. Daarom is dit dan nie nie so eenvoudig soos hormoon blootstelling wat lei tot die uitkoms van uiteindelike geslag versus seks nie.

Die slotsom na meer as 27 minute is soos volg: 

FIDGEN: Who, then, decides if I’m a woman? I do. Scientists and policy makers agree on that. This quiet revolution has taken place without many of us noticing - maybe because we thought it concerned only a small minority of the population - but it affects all of us and the way we organise society. If we can accept that sex and gender are a personal choice - with a whole range of possibilities between the extremes of male and female, man and woman - the battle of the sexes as we know it will be over. What comes next? Perhaps, a new model of society where we negotiate relationships with each other and the state on our own, individual, terms.

Vir die wat na die hele program wil luister kan die program hier vind.

Hierdie is die mees menslike slotsom. Die einde van 'normaal'.

Baie dankie

Wouter 

Naskrif: 

Ek onthou 'n paar films ook: 

  • 9

Kommentaar

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Wouter,

     

    Sorry, maar nou voel ek sommer lus om 'n bietjie te brag by jou aangesien jou Anglo-Amerikaanse lysie van films eenvoudig nie kan kersvashou by die volgende nie: 

     

    Nagisa Oshima se "Gohatto".

    Wan Kar Wai se " Happy together"

    Kaige Chen se "Farewell to my Concubine".

    David Cronenberg se "M Butterfly".

     

    Hierdie seleksie wen almal.  Die "crème de la crème".  Probeer hulle te bestel van amazon.co.uk.

    Jy sal nie spyt wees nie.

     

    Beste groete,

     

    Pieter Redelinghuys

  • "From the sublime to the ridiculous"  is al wat ek oor bogenoemde stellings wil maak.

     

    In Thailand, waar die Kathoey's (Ladyboys) 'n buitensporige minderheid van die land se bevolking uitmaak, bly hulle manlik of vroulik op die staat se registers.

     

    Hulle gebruik toilette vir manlike gebruik, en beland hulle in die tronk, is hulle saam met ander mans gehuisves.

     

    Vir die wat nie weet nie, Thailand is 'n Boeddistiese land, baie verdraagsaam mbt enige vorm van seksuele keuses.  Die Kathoey's was daar selfs voor Westerse invloede hul op die land laat geld het.  Kortliks.  Hulle is jong mans, selfs tieners, wat van manlik na vroulik hul voorkoms laat verander.  Sien jy hulle op straat, is dit moeilik om te besef dis nie 'n vrou nie.  In die meerderheid gevalle ondergaan hulle kastrasie met behoud van die penis, en of ontwikkel vroulike borste, of word dit ingeplant.  Om Kathoey te word is 'n persoonlike keuse.  By die Thais is daar geen stigma daaraan verbonde nie

     

    Die Hidras van India, ondergaan 'n geheel en al verwydering van die hele manlike geslag in teenstelling.  Die meeste van hulle is onder dwang gekastreer, en weens die gemeenskap se afkeur, kan hulle nie anders, as maar by 'n Hidras gemeenskap aan te sluit.

     

    Die verskil tussen die twee.  Die Hidras, alhoewel in vroulike kleredrag, kom fisies grof voor, en lyk soos mans in vrouekleredrag.  Die Kathoey's in teenstelling is werklik pragtige mense en lyk soos verfynde vrouens.

     

    Jaco Fourie

  • Hello Pieter, 

     
    Ek stem volkome met jou en het ek werklik gewag vir wat jy gaan byvoeg, want jou verwysings en jou blootstelling aan kultuur is ek nie naby aan nie. Daarom baie dankie en is dit deel nou van die lyste in my gedagtes. Net soos ek dink wat van Twelfth Night en Shakespeare se liefde om die geslagsrolle op hulle kop te keer. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • Hello Pieter, 

     
    Voor ek vergeet ek het darem al die twee gesien, "Farewell to my Concubine" asook "M Butterfly". 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • 'n Interessante "aside".  Thailand het die hoogste insident ter wêreld waar vrouens hulle ontroue mans/kêrels se penis afsny en weggooi.  Wonder net watter geslag hulle nou verkies om gereken te wees?.

    Jaco Fourie

  • Why Thai women cut off their husbands' penises

    An epidemic of penile amputations in Thailand led researchers to inquire into what was going 
    By Marc Abrahams
     
    The Guardian, Monday 19 November 2012
     
    'It became fashionable in the 1970s for the humiliated Thai wife to wait until her husband fell asleep, then sever his penis with a kitchen knife.......'
     
    About once per decade, the medical profession takes a careful look back at Thailand's plethora of penile amputations. The first great reckoning appeared in a 1983 issue of the American Journal of Surgery. Surgical Management of an Epidemic of Penile Amputations in Siam, by Kasian Bhanganada and four fellow physicians at Siriraj Hospital in Bangkok, introduces the subject: 
     
    "It became fashionable in the decade after 1970 for the humiliated Thai wife to wait until her [philandering] husband fell asleep so that she could quickly sever his penis with a kitchen knife. A traditional Thai home is elevated on pilings and the windows are open to allow for ventilation. The area under the house is the home of the family pigs, chickens, and ducks. Thus, it is quite usual that an amputated penis is tossed out of an open window, where it may be captured by a duck."
     
    The report explains, for readers in other countries: "The Thai saying, 'I better get home or the ducks will have something to eat,' is therefore a common joke and immediately understood at all levels of society".
     
    The bulk of the paper reports how the doctors and their colleagues learned, over the course of attempting 18 reimplantations, how to improve the necessary surgical techniques. Unambiguous photographs supplement the text."Interestingly", the physicians remark at the very end, "none of our patients filed a criminal complaint against their attackers."
     
    An article called Factors Associated with Penile Amputation in Thailand, published in 1998 in the journal NursingConnections, explores the reasons behind that. Gregory Bechtel and Cecilia Tiller, from the Medical College of Georgia (in Atlanta), gathered data from three couples who had been part of the epidemic. The couples, by then divorced, discussed their experience calmly. Bechtel and Tiller report that in each case, three things had happened during the week prior to dismemberment: (1) a financial crisis; (2) "ingestion of drugs or alcohol by the husband immediately prior to the event; and (3) public humiliation of the wife owing to the presence of a second 'wife' or concubine".
     
    In 2008, the Journal of Urology carried a retrospective by Drs Genoa Ferguson and Steven Brandes of the Washington University in St Louis, called The Epidemic of Penile Amputation in Thailand in the 1970s. Ferguson and Brandes conclude that: "Women publicly encouraging and inciting other scorned women to commit this act worsened the epidemic. The vast majority of worldwide reports of penile replantation, to this day, are a result of what became a trendy form of retribution in a country in which fidelity is a strongly appreciated value."
     
    Die antwoord ontbreek en is die omstandighede anders as wat die inleidende brief beskryf. Miskien moet appels met appels vergelyk word maar aangesien die vraag geopper is deur jou kan jy dit sekerlik antwoord ook? 
  • (Aangesien jy nie die ordentlikheid toon om my persoonlik aan te spreek nie, doen ek maar dieselfde). 

    Dankie vir die interesante aanvulling tot my respons hierbo rakende Thai mans wat hulle penisse verloor het weens ontrouheid. 

    My vraag het nie betrekking tot die verlies van penisse gehad nie, en omtrent die redes vir die epidemie nie, waarvoor ek ook nie 'n antwoord het, en nie poog om 'n antwoord daarvoor te probeer soek nie. My respons was in die lig van jou brief, ironies gestel, oor geslags-erkenning, oor  hoe hierdie penislose mans hulle geslagserkenning nou daar uitsien of aanvaar, waarvoor ek ook nie 'n antwoord het of gaan poog om een te vind nie.  Terloops ek het oor hierdie onderwerp  als 'n "aside" geskryf, wat beteken ek noem die penislose geval vir interessantheid alleenlik, en nie as deel van die algemene bespreking nie, so die gebrekkige vergelyking van appels met appels is hier nie ter sprake nie.

    Die mense wat hul be-ywer vir 'n geslaglose samelewing, en soos jy skryf: "Waarna gesoek word is om weg te doen met die geslagsrolle wat die binêre van manlike / vroulike veronderstel", is na my mening geregtig om aangespreek te word soos hulle sou verkies om aangespreek te word",   hetsy 'n "DIT" Mnr of Mev, ens,  maar om te verwag dat die res van die samelewing ook soos hulle dit sou verkies, geslagteloos gereken moet wees is 'n indringing op die samelewing en my se regte.  Ek wil definitief als MNR Fourie aangespreek word, en beskou dit 'n vermetelheid dat hierdie persone verwag dat ek soos hulle dit sou verlang, geslagteloos op die staatsregisters moet voorkom, die dat ek die brief uitgemaak het als "from the sublime to the ridiculous".

    Ek het ook doelbewus die Thai-gemeenskap geopper, weens die feit, dat hulle seker die meeste verskeidenheid vorms van "geslagsloosheid" ter wêreld het, maar steeds die manlike of vroulike term op hul staatsregisters lewenslank behou, nieteenstaande enige verandering, kosmeties of psigies, na geboorte nie, en dit pla die betrokke persone ook hoegenaamd nie.  Vir die gemiddelde Thai is sodanige persone nie afwykend beskou nie, asook is daar geen stigma daaraan by hulle te vinde nie.  Dit is net in die Westerling wat voel hy moet deur verandering in wetgewing, sy "confusion" vir hom moet uitsorteer.

    Hier in SA en die meeste Westerse lande, selfs in Iran (wat anti-Homo is), word beide erkenning asook beskerming vir die regte van "Transgender" persone deur die staat verskans. Ander vorms van seksualiteit wat jy hierbo genoem het, is ook nie (behalwe in Iran), gekriminaliseer nie.  Nou waarom die bohaai?!!

    Jaco Fourie

  • Wouter.

    Ek beskuldig jou waarvan ek self hierbo skuldig is, nl. dat jy nie die ordentlikheid het om my persoonlik aan te spreek nie.  In my eerste respons, nou eers agtergekom, was dit nie doelbewus uitgelaat nie, en weet regtig nie wat het van die aanhef daarvan geword nie.  In die tweede geval, was dit doelbewus, omrede die respons nie aan jou gerig was nie, maar vir die breër leserpubliek, en soos reeds gese net 'n "aside" opstelling is, wat werklik min betrekking op jou brief het nie.  Vervolgens om wanindrukke in die toekoms te vermy, sal ek vir algemene leser konsumpsie die aanhef "Heil die leser" aanbring

    Ek vra om verskoning

    Jaco Fourie

  • Hello Jaco, 

     
    Om jou vraag oor seksuele identiteit en dan identiteit in die algemeen te kon antwoord is dit nodig om te bepaal wat die redes vir die afsny van die ontroue mans se penisse. Die rede is nou bekend, dit is omrede die mans ontrou is, met dit as konteks kan 'n antwoord gewaag word, naamlik dat hierdie persone hulle sekerlik nog steeds as manlik sien, maar met 'n bomenslike seksuele frustrasie bevind, alhoewel die sielkundige gevolge van so 'n drastiese daad op die persoon nie aan my bekend is nie en ook nie weet waar om 'n goeie studie daaroor te vind nie. 
     
    Ek is nie oortuig dat die beskerming teen 'transgender' so sekuur is soos jy aandui nie, aangesien ek as 'n opvolg besig was om die artikels oor die onderwerp in die New York Times se argiewe op te lees en is die beskerming wisselvallig wat in verskillende lande gebied word. En die artikels wat ek wil hou oor te dra na my Kindle.  
     
    Ek weet egter nie wat Wikipedia oor die onderwerp skryf nie en is dit dalk die bron van jou sekerheid. 
     
    Tesame met wetlike beskerming is daar ook die uitdaging van aanvaarding van hierdie menigvuldige identiteite en is dit sekerlik die belangrikste aspek wat ek probeer aanspreek het en daarmee ook 'n deernis vir die wat 'anders' is as jyself en begrip te ontwikkel.   
     
    Onhou FC Boot se kommentaar wat 'n duidelike manlik en vroulik daargestel het en so ook Cornelius Henn wat Rudi Claase probeer gebruik het om ook 'n heel gewone manlik en vroulik te probeer bevestig. 
     
    Hierdie is dus nie naastenby so afgehandel soos daar sou gedink word nie. 
     
    Daarmee dan die poging om dit beter te verstaan en wat dit bevestig van die groter samelewing en die diversiteit te vinde daarin. 
     
    Daarom dan die bohaai....
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top