Utopia’s goed g’noeg (v’r Mens)

  • 0

soms moet Mens aftog blaas, dood so v’rmy,
aaire next time kyk wat strydlustige kan kry,
onn’r-, aanhoud’nd, v’r G’wete-herstel b’yw’r,
vir g’n s’kond oor Uitkoms, Oorwinn’ng, huiw’r

Utopia’s goed g’noeg v’r b’voorregte, ’n bonus,
b’slis, vir dié wie uiteind’l’k Jena-kam’rade is,
Liefde, vir Naaste, Mens, ultra-waard’g ervaar,
volled’g g’assimileer, innie massief Hem’lskaar

sonn’r Utopia’s Paradys nie ’n werkl’kheid,
t’veel Sapiens praktiseer, steeds apartheid,
klou styfvas aan stokou “ras”-’n-“klas”-b’leid

Mens sou sweer Mens’t minus-zero G’wete,
allie in-, v’rbeeld’ngs, stories, g’skied’nis,
nu, kwansuis, retro-amnesieus v’rgete

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top