Ek lees Oester se brief oor sy ervaring met die diewe. Dit is 'n onderwerp waaroor menigte al bekgevegte gehad het. Elkeen het sy/haar opinie oor die onderwerp en glo ek nie daar is 'n wonderoplossing vir die "probleem" nie.
In die huidige bestel word daar 'n generasie gekweek wat in die toekoms nog lekker moeilikgeit gaan maak. Ek ken modder en die is nie modder nie. Die ou wat "menseregte" uitgedink het, lê met sy boude tussen die koeltebome en sy nalatenskap veroorsaak wanorde.
Ek wil net my mening lug. Elke persoon, maw die ding wat spoor trap soos mens, het 'n sosiale verantwoordelikheid, teenoor homself en ander. Jy kan sien in die diereryk is daar 'n sosiale orde, riglyne en "tradisies". (Goed hulle het nie twitter, bbm of whatsup nie.) Hou enige trop diere dop. Daar is riglyne waarvolgens almal optree. Die Ingelse noem dit "pecking order". In die menslike ras is dit blykbaar erge sonde of oortreding om jou telge te dissiplineer. Gelukkig is ons bywoner al huis uit. Die manier waarop hy sy kinders grootmaak slaan terug hoe hy grootgemaak is.
Ek glo nie om soos Oester noem 'n kind se rug af te moer nie, maar 'n pak slae is baie keer meer werd as goud. Sekere kinders kan jy looi, dit sal geen hond haaraf maak nie, maar daar is die wat op alternatiewe manier "opgevoed" moet word.
'n Dier kan los rondloop, mens nie nie. Mens maak moeilikheid vir ander mens. Mens het riglyne nodig. Mens se respek begin by homself. As mens nie respek vir homself het nie, kan hy onmoontlik respek vir iemand anders he. Mens maak sy eie moeilikgeit vir homself.
Reusedwerg


Kommentaar
die polisie vang drie minderjariges drie keer in een week by dieselfde plek inbreek op heterdaad. drie keer! by 'n bekende gastehuis hier naby my. na die derde inbraak maak hulle die grootste fout van hul loopbane: arresteer die drie en sit hulle agterin die vangwa. hulle is nou onder dissiplinêre verhoor.
die deursnee poliesman is absoluut moedeloos want al doen hy sy werk word die sake in elk geval uitgegooi want die landdroste is te bang om te fouteer veral wat minderjariges betref.
dit is vreemd hoe basiese tug (en hiermee bedoel ek nie noodwendig lyfstraf nie) absoluut uit die bose is en in dieselfde asem wil mense strenger strawwe hê vir basiese dinge soos padoortredings. dit is tog sekerlik ook tug, is dit nie?
dit kom voor asof mense tot op 'n sekere ouderdom losgelaat mag word en eendag, as hy groot is, allerande reëls en wette en soms drakoniese strawwe wil oplê.
my vermoede is dat dit uiteindelik nie baie goed sal afgaan by die nuwe losgelate generasie nie. en hier gaan ek terugsit en kyk en die sports geniet. want sports gaan dit beslis wees.
Nou verstaan ek alles. Buitelanders mag ook seker nie agter in die "van" ry nie. Al oplossing dan is sleep hom gou polisiestasie toe.