Pasgelaai
Uitnodiging: Boekbespreking van Karooseun van Vosburg deur Franklin Sonn – Oude Leeskamer, 23 Julie 2025
2025-07-07Sluit aan by die bekendstelling van Franklin Sonn se indrukwekkende outobiografie, Karooseun van Vosburg, tydens ’n gesprek met Michael le Cordeur by Oude Leeskamer in Stellenbosch op 23 Julie 2025. Die boek vertel van hierdie vryheidsvegter-ikoon se vormingsjare in Queenstown in die Oos-Kaap, ná sy geboorte in Vosburg in die Karoo in 1939. Moenie hierdie merkwaardige geleentheid misloop nie.
Liam Jacobs se oorloop: ’n weerspieëling van breër politieke dinamika
2025-07-07"Liam Jacobs se oorloop verteenwoordig dus meer as net een politieke besluit. Dit dien as ’n perspektief vir die ontleding van Suid-Afrika se voortdurende poging om ’n demokrasie te vestig wat inklusief en betekenisvol is."
Pareltjes uit Amsterdam: Susan Coetzee-van Rooy van die Zuid-Afrikahuis
2025-07-04Susan Coetzee-van Rooy het in Junie vanjaar by die Zuid-Afrikahuis-span in Amsterdam aangesluit. Susan is die eerste Suid-Afrikaanse direkteur van hierdie kultuur- en kennissentrum. Sy vertel vir Johan Allers meer oor haar passie vir tale en hoe sy haar pad na die Zuid-Afrikahuis op Keizersgracht gevind het.
Hoe haal ek nou asem?: ’n onderhoud met Cliffordene Norton
2025-07-04"Ons was een oggend besig om ’n kamer uit te pak. Ek het boeke van een plek na ’n ander gedra, toe ’n seun op ’n huis se dak in my gedagtes verskyn."
Nuut by Naledi: Die speletjie deur Celeste Slabber-Loriston
2025-07-04Talia is in Graad 8. 13, amper 14 jaar oud. Sy is slim. Jy kan amper sê sy is ’n superkind. Dit is juis die slimheid wat haar en haar beste vriendin, Nzingha, op Hoërskool Ruiterhof se Graad 8-akademiese toer neem. Die toer begin by die grillerige Huis Fabergé met die vreemde eienaar, Vladlena. Die huis met ’n toegespykerde deur, vreemde beeld in die voorportaal, en ’n meisie met hartseer oë wat haar smeek om haar en haar ma te help. Talia word deel van ’n magiese wêreld waar sy ’n veer, skulp, ster en diamant moet vind om die raaisel van die roossteen op te los.
Nuut by Tafelberg: Sny hulle in sterre uit deur Fanie Viljoen
2025-07-04’n Aardbewing op ’n Vrystaatse myndorp laat ’n skoolgebou ineenstort en keer drie tieners onder die puin vas. Terwyl hulle suurstof en hulle hoop al minder word, beleef die leser die angswekkende situasie saam met hulle. Die vasgekeerde kinders ervaar engtevrees en angs vir die naderende dood, en opflikkerings van verbete hoop en selfs humor, totdat ’n reddingspan hulle dae later eers uitgrawe. Maar een van hulle oorleef dit nie ...
Nuut by Tafelberg: Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen
2025-07-04In ’n pragtige plattelandse dorpie ontvou ’n ondenkbare tragedie. Deveney Nel, ’n talentvolle 16-jarige, se lewe eindig skielik, en die gemeenskap, saam met die res van die land, is geruk. Julian Jansen, skrywer van topverkoperboeke soos Moord op Stellenbosch, het as misdaadverslaggewer vir Rapport van die begin af oor die saak geskryf. Hy benut sy uitgebreide kontakte binne die polisie, sowel as onderhoude met vriende en familie om die gebeure te rekonstrueer en om Deveney Nel te eer.
Tony Leon se blik op die geboorte van die RNE
2025-07-04"Wat duidelik uit Tony Leon se mededelings spreek, is dat die vorming van die RNE geen geringe taak was nie."
New from Jonathan Ball: The shortest history of England by James Hawes
2025-07-04England – begetter of parliaments and globe-spanning empires, star of beloved period dramas, and home of the House of Windsor – is not quite the stalwart island fortress that many of us imagine. Riven by an ancient fault line that predates even the Romans, its fate has ever been bound up with that of its neighbours; and for the past millennia, it has harboured a class system like nowhere else. There has never been a better time to understand why England is the way it is – and there is no better guide.
Elders gesien: ’n Sprankelonderwyser
2025-07-03"Juffrou Adonis, jou leerders het ’n blywende indruk gelaat. ’n Mens kan seker nie anders as ’n sprankelonderwyser, soos u, die skoolgemeenskap lei nie."
Kernwapens en internasionale politiek
2025-07-03Is daar iewers ’n rooi knoppie wat gedruk kan word en siedaar, daar breek die Derde Wêreldoorlog uit? Kan kernwapens, ironies genoeg, vrede bewerkstellig? Watter voordele het kernkrag? Eben Coetzee skets vir Freek Robinson ’n meer genuanseerde prentjie teen die agtergrond van die onlangse konflik tussen Iran, Israel en die VSA.
Wat sê Bettina? Wanneer KI hallusineer
2025-07-03"As drie advokate, en ’n regsfirma wat senior genoeg is om drie advokate te kan bekostig (wat ook ’n skatryk kliënt impliseer), almal deur KI om die bos gelei kan word, aan watter gevare word ons gewone sterflinge nie blootgestel wanneer ons KI-inligting vir soetkoek opeet nie?"
Can South Africa’s Government of National Unity mend a fractured democracy?
2025-07-03"Coalition politics is not about ideological triumph, but deliverable results – rebuilding Eskom, fixing Transnet, unclogging ports, revitalising public education, etc. These are tasks that transcend partisan lines. No coalition can function without a competent, apolitical bureaucracy. A phased, legally mandated Skills and Integrity Audit of senior civil servants, overseen by the Public Service Commission, should be launched, with clear benchmarks, retraining and regular reviews."
A theological perspective on the approach and contribution to the church’s witness in the songs of the music group Prophet
2025-07-03"This study comprises a theological evaluation of Prophet’s approach and contributions to the witness of the church through a qualitative descriptive analysis of a selection of songs released by the group between 1993 and 2021."
’n Teologiese perspektief op die benadering en bydrae tot die kerk se getuienis in die liedjies van die musiekgroep Prophet
2025-07-03"Die navorsingsdoelwit is die evaluering van Prophet se rol in en benadering in verhouding tot die kerk se getuienisroeping binne die konteks van God se regering (koninkryk). Dit behels ’n kwalitatiewe beskrywende ontleding van lirieke, met verwysings na toepaslike kontekste van ’n aantal uitgesoekte liedjies wat die groep oor ’n tydperk van 28 jaar vrygestel het."
The development of an academic resilience scale (ARS): a perfect fit for the South African context
2025-07-03"The importance of having resilient education students cannot be overstated, as South Africa is currently facing a significant shortage of teachers – a situation that is worsening according to recent statistics. It has been reported that the demand for qualified educators is increasing due to population growth and the retirement of existing teachers."
Die ontwikkeling van ’n akademieseveerkragtigheidskaal (AVS): nommerpas vir die Suid-Afrikaanse konteks
2025-07-03"Hierdie artikel rapporteer oor die kwantitatiewe aspek van ’n groter gemengdemetodestudie, met die fokus op die antwoorde van studente met Afrikaans as huistaal. Die doel van die breër gemengdemetodestudie was om ’n betroubare en geldige akademieseveerkragtigheidskaal (AVS) vir die Suid-Afrikaanse konteks te ontwikkel."
Skemerverse deur Estelle Kruger: ’n lesersindruk
2025-07-03"Skemerverse is ’n bundel verse wat ek nie kon neersit voordat ek die laaste gedig gelees het nie."
Gevarieerdheid en inklusiwiteit laat Merang vonkel: ’n lesersindruk
2025-07-03"Die veelkleurige voorplat en titel – merang beteken 'fees' in Kaapse Moslemafrikaans – stel ’n poësiefees gekenmerk deur vele tongvalle en style en verskeidenheid in die vooruitsig."
