Is dekriminalisering waarlik die antwoord op die euwel wat inherent is aan prostitusie?

  • 0

Die artikel in Voertaal (https://voertaal.nu/grondwetlike-stryd-oor-sekswerk-bereik-kookpunt-in-hof) dien as verwysing vir my e-pos.

Om na prostitusie as die “wêreld se oudste beroep” te verwys, is eenvoudig nie waar nie. En selfs as dit waar was, beteken dit nie dat dit goed is of dat dit ’n regmatige plek of opsie as beroep moet wees nie. Dit beteken ook dat vrouens voor mans beroepe beoefen het. Mens kan hoogstens sê dat prostitusie wel deel was van die grootste deel van die menslike geskiedenis. Vandat handel plaasgevind het, is ’n honger maag darem ’n groter dryfkrag as seksuele lis – mense moes voor prostitusie darem geëet het.

Ek wil jou ook graag wys op die Regshervormingkommissie se verslag wat handel oor “Adult prostitution” (r-pr107-SXO-AdultProstitution-2017.pdf). Ek glo hierdie dokument sal van baie waarde wees om ’n gegronde argument te vorm in jou joernalistieke verslaggewing oor die saak.

Hier is ook ’n artikel van die National Center on Sexual Exploitation wat beweer “EU-verslag onthul dat lande met gewettigde prostitusie hoër vlakke van mensehandel het.” (EU Report Reveals Countries with Legalized Prostitution Have Higher Rates of Sex Trafficking )

Ek sal ook baie graag die argumente van SWEAT wil lees oor hoekom hulle aanvoer dat die “Nordic model” dan nié in Suid-Afrika kan werk nie. Dis tragies om te sien dat ’n menseregte-organisasie nou “in die belang van die gemarginaliseerdes” ewe skielik die regering se beurs wil aanvul. ’n Pimp is ’n uitbuitende persoon; daar sal dan van hom verwag word om sy kontanttransaksies te verklaar aan Jan Taks? 

Ek sukkel steeds om te sien hoe prostitusie, wat met soveel emosionele en fisieke gevaar gepaard gaan, en boonop mediese sorg noodsaak, geregverdig kan word as ’n waardige beroep. Sien ook: Thinking differently about the sex trade | Morning Star.

Is dekriminalisering waarlik die antwoord op die euwel wat inherent is aan prostitusie?

Lees ook:

Grondwetlike stryd oor sekswerk bereik kookpunt in hof

Sekswerkers

Erla Diedericks oor die rol van die moderne courtesan in vyfsterhotelle

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top